Nuus & Weer 10 Julie 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus & Weer 10 Julie 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om10:00(CAT)

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

 n Brandstoftenkwa het in die nywerheidsgebied van Worcester in die Boland ontplof. Die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa sê min besonderhede is nog beskikbaar, maar ‘n botsing teen ‘n motor, het vermoedelik die ontploffing veroorsaak.

Die Wes-Kaapse Minister van Onderwys, Debbie Schafer, het haar kommer uitgespreek nadat meer as 85 duisend aansoeke vir plasing vir die 2020 skooljaar, nog nie deur ouers bevestig is nie. Die departement se woordvoerder, Millicent Merton, sê die spertyd is komende Vrydag. Merton sê ouers wie se aansoeke onsuksesvol was, moet kalm bly en die proses vertrou.

 Eskom gaan gebuk onder bedrog, geldwassery, onwettige tender toekennings en diefstal wat daartoe lei dat die Hoof Uitvoerende Beampte van die entiteit of afgedank of regterlik aangekla word van allerhande onderduimse bedrywighede.  Die “lewensduur” van ‘n hoof uitvoerende beampte by Eskom is nie baie lank nie.  Voeg hierby sy voorsitterskap van Anheuser-Busch InBev Africa raad, Sun International en die Casino Assosiasie van SA. Sakemanne vra wanneer gaan hy tyd kry om Eskom reg te ruk, en wat is MultiChoice se beweegrede rondom sy aanstelling?

Geweld in en by skole is besig om die onderwys stelsel van die land te vernietig. Die afbrand van skole in swart woonbuurte is een tendens wat al hoe meer plaasvind. Sodra inwoners kwaad raak rondom dienslewering word skole en biblioteke afgebrand. Die groter probleem wat tans bestaan is gevalle van aanranding en moorde op skool terreine. In Johannesburg is ‘n 16-jarige leerling verlede week deur ‘n mede-skolier met ‘n mes dood gesteek. So was daar gevalle in Pietersburg, Tlhabane, Mondeor en Lentegeur waar aanvalle op skoliere deur skoliere plaasgevind het. Oproepe kom nou vanuit gemeenskappe dat skole onder polisie en/of weermag bewaking geplaas moet word.

Die vraag word al hoe meer gevra of misdaad in SA nog onder beheer is as die statistiek daaraan gemeet word.  Volgens Bheki Cele, die Minister van Polisie het die Suid Afrikaanse Polisie nog nie die stryd teen misdaad in die land verloor nie. As daar na statistiek gekyk word lyk die prentjie droewig. Dit blyk dat daar 52 moorde daagliks plaasgevind het in die 2016/17 jaar.  Verkragtings syfers toon dat SA die hoogste syfer wêreldwyd het met 65 000 aangemelde sake per jaar.  Dit is bekend dat menigte verkragtings nooit aangemeld word agv die stigma EN die onvermoë van die polisie en regstelsel om skuldigbevindings te kry. Suid Afrika het die hoogste voorkoms van kinder en baba verkragtings in die wêreld. Voertuig kapings is hoog in vergelyking met ander lande terwyl kontant-wa rooftogte ʼn epidemie geword het. Bendegeweld in die Wes-Kaap het die afgelope naweek die lewe van 11 mense ge-eis terwyl daar in Hanover Park 45 persone gedood is die jaar.  Voeg hierby die plaasaanvalle en moorde waar daar in Mei maand 2019 46 plaasaanvalle was waarin 7 mense hul lewe gelaat het dan is Suid Afrika nie meer ‘n veilige plek vir enige inwoner nie.

Die stadsraad van Johannesburg het stilweg die nuwe vooraf betaalde elektrisiteit heffing teruggetrek wat teen verbruikers gehef is.Die toepassing van die munisipale heffing het as ’n verrassing gekom omdat dit nie ingesluit is in die voorgestelde begroting van die CitiPower se tarief dokument wat in Maart vrygestel is nie. Die heffing van R200 is stilletjies teruggetrek en is nie op 1 Julie teen verbruikers gehef nie, en sou aanvanklik deel van die tarief uitmaak, maar sou ook as ’n onwettige handeling gesien kon word. In Pretoria het die stadsraad klaarblyklik hulle kragtariewe wederregtelik verhoog sonder enige toestemming, en het daarmee veroorsaak dat hulle die optrede in die hof moet verdedig.

Die stryd tussen die groot munisipaliteite van Pretoria en Johannesburg  teen die ANC regering is nog lank nie verby of deur een party gewen nie. Met minister Tito Mboweni se siening dat e-tol gekom het om te bly, en dat pad verbruikers hulle tolgeld moet betaal, is dit duidelik dat die ANC nog diep verdeeld is oor die wenslikheid al dan nie vir die omstrede stelsel. Burgemeesters sê die e-tol is nie vir Gauteng nodig nie, en moet gestaak word, maar kenners reken die duur stelsel sal nie sommer met ’n Ja verwyder kan word nie. Die grootste teenstander is Outa, wat vol hy is besig om die stryd te wen met die verdeeldheid in die ANC, veral om miljarde rand se uitstaande skuld nie ingevorder gaan word nie Die argument dat ’n R0-10 heffing op brandstof veel groter inkomste sal verseker om paaie in stand te hou, word deur ’n groot deel van die regerings se parlementslede ondersteun. Meningsvormers meen die e-tol stelsel is gekies omdat dit met ’n korrupsie omkopery gepaard gegaan het, maar geen bewyse kon daarvoor gevind word nie.

Argumente wat die Openbare Beskermer aangevoer het in haar verslag, word nou skerp veroordeel deur Minister Gordhan se ondersteuners, maar die ANC se president Ramaphosa swyg oor die aangeleentheid. Ingeligte waarnemers sê Busisiwe Mkhwebane het as Openbare Beskermer verkeerdelik opgetree deur die ANC se Pravin Gordhan haar enigste opdrag te maak wat hom aan die pen sal laat ry. Dit blyk dat haar verslag nie sonder foute is nie, en dit word nou verhef tot die verkeerdheid van die verslag. In stede dat sy konsentreer op die feite van die saak waaroor haar verslag is, kla sy oor die moeilike omstandighede waaronder gewerk word. Sy verwys in die verslag na die doods dreigemente wat sy ontvang het, en ’n “misterieuse” motorongeluk waarin sy betrokke was en verwys ook ’n ’n voorval waar een van haar personeel vergiftig is ’n hospitaal behandeling moes ontvang. Oor die tersaaklik feite het min na vore gekom behalwe om ’n aanbeveling te maak dat die president die minister moet afdank.

Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Justisie het gister gehoor dat die ondersoek na diegene wat van bedrog verdink word in die Nkandla-projek in KwaZulu-Natal afgehandel is, maar dat die regsproses nog nie voltooi is nie. Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, sê hulle hoop om deur middel van die Spesiale Tribunaal, wat onlangs heringestel is deur President Cyril Ramaphosa, die siviele regsproses te kan bespoedig. Die argitek op die Nkandla-projek, Minenhle Makhanya word persoonlik aanspreeklik gehou vir ‘n bedrag van 155-miljoen rand. Die veiligheidsopgradering aan die voormalige president, Jacob Zuma, se huis op Nkandla het nagenoeg 245-miljoen rand beloop.

Mothibi het ook die ondersoekeenheid se beplanning vir die jaar aan die komitee oor Justisie voorgelê en gesê die Spesiale Tribunaal behoort teen Oktober op die been te wees. Hy sê 338 sake is vir tugverhore verwys. Dit behels 210 tugverhore in die Ontwikkelingsraad vir die Konstrukiebedryf, 94 in die Departement van Gesondheid in Gauteng en 17 by die SAUK. Mothibi sê hulle beplan om deur middel van siviele litigasie, meer as 5-en-‘n-half miljard rand terug te kry namens Staatsinstansies.

Die voormalige Wes-Kaapse ANC-leier, Marius Fransman, verskyn vandag vir die tweede keer in die Kimberley Landdroshof in die Noord-Kaap. Fransman word daarvan beskuldig dat hy sy voormalige persoonlike assistent, Louisa Wynand, seksueel aangerand het.

Die Wes-Kaapse Minister van Onderwys, Debbie Schafer, het haar kommer uitgespreek nadat meer as 85 duisend aansoeke vir plasing vir die 2020 skooljaar, nog nie deur ouers bevestig is nie. Die departement se woordvoerder, Millicent Merton, sê die spertyd is komende Vrydag. Merton sê ouers wie se aansoeke onsuksesvol was, moet kalm bly en die proses vertrou.

Bron: Die Vryburger

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 10 Max 25

Nelspruit – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 10 Max 28

Pretoria – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 13 Max 25

Johannesburg – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 20

Vereeniging – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 23

Rustenburg – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 8 Max 23

Bloemfontein – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 5 Max 21

Kimberley – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 7 Max 22

Durban – Sonnig met ‘n Min 15 Max 24

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 20

Upington –      Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 26

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 13 Max 18

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 9 Max 17

Sutherland – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 4 Max 20

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir ons ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ons direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa 
10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
15:00 – Lulu se storietyd – saam met Cathy
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet

web https://netradiosa.co.za/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply