Nuus & Weer 13 Augustus 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus & Weer 13 Augustus 2019

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

Sedert meer as 1,000 “troepe” in die Kaapse misdaad vlaktes ontplooi is het het moorde nie afgeneem nie.  Die afgelope week het daar 47 moorde plaasgevind. Die ANC se minister, Bheki Cele en Alan Winde is albei ontsteld oor die sinlose optredes maar dit blyk dat die staat sy stryd teen misdaad verloor het. Alan Winde gaan nou ‘n brief rig aan die SA Weermag en vra vir ‘n verslag rondom die effektiwiteit van die SAW. Die Weermag het glo ‘n tekort aan hulpbronne en voldoende gereedskap aldus Winde. Watter soort gereedskap hulle nodig het word nie gemeld nie, maar dit is duidelik dat die Weermag se teenwoordigheid geen verskil maak aan die bende geweld nie.

 

Die SABC se hoof operasionele beampte, Craig van Rooyen het bedank. Van Rooyen was ook betrokke by die uitvoerende tegnologie afdeling van die SABC.  Sy redes word aangegee as persoonlike en familie aangeleenthede.  Van Rooyen is egter oortuig dat die SABC sy probleme sal oorkom en die raad van die SABC het te kenne gegee dat hulle baie jammer is om hom te verloor. Die nasionale uitsaaier slaag nie daarin om uit sy patetiese posisie weg te breek nie, en alhoewel die ANC regering hulle uit ’n leë staatskas met nog geld moet bederf, bly die sukkel bestaan steeds voortduur.

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, het twee senior regsverteenwoordigers aangestel om sy saak te behartig teen die omstrede Openbare Beskermer. Die geveg teen die OB, Busisiwe Mkhwebane, word die week op die spits gedryf wanneer advokate Tembeka Ngcukaitobi en Wim Trengove die president se saak hanteer in die Hooggeregshof in Pretoria. Die saak wat vir Maandag en Dinsdag op die rol geplaas het, kan weereens ’n slegte nadraai inhou vir die OB indien sy weer aan die verloorkant is. Die twee regsverteenwoordigers vra ’n interdik teen Busisiwe Mkhwebane se verslag oor Bosasa om dit ook op hersiening te neem.

 

Die SABC se radiodiens het ’n taai oorveeg gekry toe beslis is dat die radiostasies voortaan geen sokkerwedstryde mag uitsaai nie. Die 18 verskillende radiostasies besien nagenoeg 27 miljoen luisteraars, wat nou geen sokker uitsendings sal hoor nie, en hulle moet verlaat op die TV as hulle iets wil weet van wedstryde wat gespeel word. Die radiostasies het swaar geleun op sokkerwedstryde om hulle luisteraars te behou, maar met die nuwe verbod mag hulle nie eers die finale punte telling van wedstryde aankondig nie. Die SABC se nuwe reëling spruit uit ’n ooreenkoms wat aangegaan is met SuperSport wat alleenreg op sokkerwedstryde sal behou, en het die ooreenkoms met die nasionale uitsaaier aangegaan dur R280 miljoen aan hulle te betaal.

‘n Plaas aanval gister aand op Groenkol +- 5km vanaf Clanwilliam. ‘n Bejaarde man en sy vrou is saam met hulle gaste vas gebind. Blykbaar 5 gewapende mans wat met wit honda kar gery het. Hulle is weg met juwele en oumense se voertuig. Die 2 voertuie is voor gekeer in ‘n padblokkade by Eendekuil na Porterville N7 kruising. Die vyf mans het gevlug te voet.

 

Die Afrika Diaspora Forum sê die regering se pogings om die verkoop van nagemaakte handelsmerke in die land te bekamp, moet eerstens by die landsgrense begin en nié in die Johannesburgse middestad nie. Buitelanders het gister by die Johannesburgse landdroshof betoog. Hulle eis dat hul landgenote vrygelaat word wat verlede week tydens polisieklopjagte in die middestad in hegtenis geneem is. Meer as 600 mense is aangekeer omdat hulle onder meer onwettig in die land is en vervalste goedere verkoop het. Die voorsitter van die Forum, Abdoel Karim Elgoni sê daar moet beter beheer ingestel word by grensposte om te voorkom dat vervalste goedere die land binnekom.

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het geen waarskuwings vir Dinsdag uitgereik nie.

 

Gauteng

 

Matig en warm.

 

Pretoria: 12 °C tot 26 °C

Johannesburg: 10 °C tot 26 °C

 Vereeniging: 10 °C tot 26 °C

Mpumalanga

 

Matig en warm in die weste, andersins gedeeltelik bewolk tot bewolk en koel met misnewels langs die platorand.

 

Mbombela: 16 °C tot 22 °C

Limpopo

 

Matig en warm, maar bewolk met misnewels in die ooste in die oggend.

 

Polokwane: 10 °C tot 22 °C

Noordwes

 

Matig en warm met gedeeltelik bewolkte en winderige toestande in die ooste later in die dag.

 

Mahikeng: 7 °C tot 30 °C

Vryburg: 3 °C tot 29 °C

Vrystaat

 

Matig en koel, maar warm in die noorde. Gedeeltelik bewolk en winderig in die ooste.

 

Bloemfontein: -1 °C tot 24 °C

Noord-Kaap

 

Matig en koel, maar warm in die noorde en noordooste.

 

Kimberley: -2 °C tot 24 °C

Upington: 4 °C tot 24 °C

Wes-Kaap

 

Matig en koel met gedeeltelik bewolkte toestande in die suidweste.

 

Kaapstad: 10 °C tot 17 °C

George: 5 °C tot 19 °C

Oos-Kaap

 

Gedeeltelik bewolk en koel, maar koud in dele van die noorde in die westelike deel van die provinsie. Bewolk met verspreide reënbuie langs die Wildekus en aangrensende dele van die binneland in die oostelike dele van die provinsie.

 

Port Elizabeth: 10 °C tot 21 °C

Oos-Londen: 10 °C tot 20 °C

KwaZulu-Natal

 

Mistig met oggend reënbuie in die ooste, andersins bewolk en koel, maar koud in die suidweste.

 

Durban: 16 °C tot 21 °C

Richardsbaai: 17 °C tot 24 °C

Pietermaritzburg: 9 °C tot 18 °C


 

Be the first to comment

Leave a Reply