Nuus & Weer 13 Januarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus & Weer 13 Januarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

 

  • Nog ʼn ambassadeur teruggeroep – Die Suid Afrikaanse ambassadeur in Italië, Shirish Soni, is teruggeroep nadat hy skuldig bevind is aan finansiële onreëlmatighede en wanvoorstelling van akademiese kwalifikasies.  Hy word verder beskuldig van seksuele teistering en is geskors nadat hy  op drie aanklagte skuldig bevind is.  Dit lyk of hy nie matriek in 1975 behaal het nie. Wat vreemd is,  is dat Soni in 2004 geskors is by SA Inkomstediens (SAID) weens ‘n huur skandaal, maar later weer in diens geneem is tot in 2011 toe hy SAID verlaat het onder ʼn wolk van beskuldigings. In 2017 is hy terug geroep uit Qatar weens misbruik van personeel wat weereens die vraag na vore bring van politieke ontleders hoe so ʼn persoon aangestel word in ʼn posisie waar die land verteenwoordig moet word.

 

  • Politieke kenners waarsku dat David Mabuza tans besig is om die Zuma faksie te mobiliseer om sy politieke toekoms te verseker. Mabuza is voor en sedert Ramaphosa se inhuldiging gewikkel in verskeie skaduagtige transaksies en bewerings van magsmisbruik.  Hy is ook kort-kort besig om op sy eie verklarings uit te reik rondom nasionalisering van entiteite soos die Reserwe bank.  Half-pad deur sy eerste termyn as president sal Ramaphosa bedag moet wees daarop dat Mabuza skuiwe gaan maak op hom uiteindelik te onttroon.

 

  • Staatsbegrafnisse kos staat miljoene – Drie staatsbegrafnisse, oa. die van Winnie Mandela,  het die belastingbetaler meer as R76 miljoen gekos. R7 miljoen alleen is betaal aan verskaffers vir stoele en kussings terwyl R695,000 spandeer is op orkes toerusting.   Met die onlangse toename in sterftes van ANC veterane kan die misbruik van staatsgeld nog verder eskaleer.

 

  • St 7 Sertifikaat bykans amptelik – Cyril Ramaphosa het die voorgestelde onderwys beleid goedgekeur wat voorsiening maak vir leerders om skool op graad 9 vlak te verlaat. Die skuif sal leerders in staat stel om ’n Graad 9 sertifikaat te verwerf en die arbeidsmag te betree. Angie Motshekga het vir haar hewige kritiek op die hals gehaal met díe voorstel maar dit word nou amptelike ANC beleid.  Volgens Ramaphosa sal die stap daarop fokus om leerders gouer te integreer in die land se arbeidsmag en die land se ekonomie. Met ʼn matrieksertifikaat wat reeds weinig meer werd is as die papier waarop dit gedruk word moet die stap gesien word as ’n poging  om matriek uitslae te “verbeter” weens die groot getal leerders wat skool op vroeë ouderdom gaan verlaat. Opvoedkundiges wys daarop dat die matrieks nie werk kry nie, en dat die Graad 9 leerlinge skool sal verlaat om die werkloosheidsyfer te verhoog om vinniger na rommelstatus op ekonomiese gebied gegradeer te word

 

  • Eskom voorsitter, Mabuza, bedank – Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het die naweek bevestig dat die Eskom voorsitter, Jabu Mabuza, sy bedanking ingehandig het. Die presidensie sê Mabuza het sy verskoning aangebied vir Eskom se onvermoë om sy onderneming van 11 Desember aan die president na te kom. Volgens die onderneming sou daar geen beurtkrag ingestel word voor 13 Januarie nie, maar het intussen verskeie kere beurtkrag ingestel. Khusela Diko, die woordvoerder van die presidensie, sê Eskom het ook self uitgewys dat hulle teleurgesteld is omdat die onderneming nie nagekom is nie. Waarnemers wys daarop dat die beurtkrag vanjaar ’n groot invloed sal hè op die wankelende ekonomie, en kan selfs daartoe lei dat Moody’s ook sy evaluering van die land se situasie kan verander tot rommelstatus.

 

  • Meer as ‘n halfmiljoen studente vra geldelike hulp – Sowat 543,268 studente het vir die eerste keer aansoek gedoen vir geldelike bystand by NSFAS (National Student Financial Aid Scheme) vir die jaar 2020. Volgens bronne het die Departemente van Binnelandse Sake en Sosiale Ontwikkeling al die studente se status en persoonlike besonderhede nagegaan na sluitings datum 30 November 2019. Hoe die twee departemente dit reggekry het is duister.  Meer as 350 000 studente het finansiële hulp in 2019 ontvang.  Uitstaande skuld beloop tans tussen R 10 000 en R 150 000 volgens NSFAS se web tuiste.   Teen ‘n gemiddelde skuld van R 20 000 per student, skuld 2019 se eerste jaars studente die staat R7 miljard.  Hierdie is weereens ʼn bodemlose put waar geld bykans nooit verhaal gaan word nie.

 

  •   Vakbonde wil onafhanklike skole verbied –  Cosas (Congress of SA Students) het ‘n beroep gedoen op die regering om die Onafhanklike Eksaminerings Raad se nasionale Senior Sertifikate te kanseleer.  Dit veroorsaak glo verdeelheid en versterk ongelykheid. Dit volg na die bekendmaking van die 2019 matriek uitslae waarin privaat en onafhanklike skole bykans ‘n 99% slaagsyfer behaal het teenoor die gedokterde 81 % slaagsyfer van staatskole. ‘n Studie by UK het getoon dat daar slegs ‘n 2% druip syfer is by onafhanklike studente  op universiteit terwyl die uitval syfer 35-50% is by studente wat uit staatskole kom.

  • Pad Ongelukke Fonds se finansiële chaos – Duisende pad ongelukke fonds slagoffers wag vir hul gelde nadat die Gauteng Hoë Hof ‘n beslissing gemaak het ten gunste van die slagoffers. Die Fonds se uitstaande skuld beloop tans R 17 biljoen en ontvang tans R 3,5 biljoen per maand , hoofsaaklik uit die heffings op brandstof .  Dit beteken R 46 miljoen per jaar –kenners vra hoe die geld aangewend word as daar nie uitbetalings gedoen word nie.

 

  • Anargie en verwoesting duur voort – Vier-en-twintig trein waens is totaal vernietig in Bloemfontein, die skade gerokken beloop meer as R 4 miljoen.  Die oorsaak van die brand is nie bekend gemaak nie maar ‘n saak van brandstigting is aanhangig gemaak.

 

  • Suid-Afrika se soldate blyk swak opgelei te wees in oorlogvoering volgens kenners en na aanleiding van die onlangse inbraak en diefstal van ’n aantal weermag gewere kon volgens ondersoekers nie gebeur het sonder die samewerking van weermaglede nie. Dit is nie die eerste keer dat vuurwapens van die weermag “wegraak” nie, en meningsvormers is van oordeel dat veel groter geknoei agter die skerms plaasvind wat nog ontdek moet word. Kommer is uitgespreek dat die wapens gebruik kan word in plaasaanvalle en ander rooftogte, en dat die polisie nie die wapens en die skuldiges betyds gaan opspoor nie. Vier jaar gelede het ’n onafhanklike instansies bevind dat SA se weermag sodanig verswak het dat sy slaankrag gelykstaande is aan wat dit in 1930 was.

 

  • Eskom het gesê hy sal sorg dat geen beurtkrag ingestel word voor 13 Januarie nie, en op 5 Januarie tref die beurtkrag die land met Fase 2 wat tot 5 uur vanoggend geduur het. Dit vind plaas omdat die swak vakmanskap by Madusi kragsentrale weer die skuld moes kry dat ’n vervoerband gebreek het. Die feit dat Koeberg reeds die hele Desember net teen 50% van sy kapasiteit krag voorsien het, is eers op 4 Januarie bekend gemaak.

 

  • Te midde van Eskom bankrotskap, wil hulle nou prestasie bonusse van R1,5 miljard betaal. Kragverbruikers se al prestasie wat Eskom bereik is om die verbruikers woedend te maak. Intussen moes SA hoor dat Eskom kamma beurtkrag instel terwille van die matrieks van 2019 – asof sulke snert geglo sal word.

Afrikaner Selfbeskikking Party geloods – Die welbekende nasionalistiese party, Front Nasionaal (Suid-Afrika) het Vrydagnag 10 Januarie 2020 op ʼn buitengewone Nasionale Kongres besluit om sy naam te verander na Afrikaner Selfbeskikking Party.

Die party blameer die Vryheidsfront Plus vir hul versuim om vir die afgelope 25 jaar enigsins vordering te maak met hul 1994-verkiesingsbelofte van selfbeskikking vir die Afrikanervolk en ʼn eie volkstaat, en die VF Plus se versuim om effektiewe maatreëls te tref teen die toenemende onderdrukking van Afrikaners en ander ligvellige mense in Suid-Afrika deur die kommunistiese ANC regering gedurende daardie tydperk. Dit is laas Vrydag besluit om die naam “Afrikaner Selfbeskikking Party” te aanvaar om daarmee ondubbelsinnig aan die publiek die party se onherroeplike verbintenis tot die verkryging van Afrikaner selfbeskikking , insluitend ʼn eie volkstaat, te kenne te gee. Die party sal ferm die verkryging van Afrikaner selfbeskikking najaag en in daardie proses die regerende party se kommunistiese agenda, wat onder andere die onteiening van bates sonder vergoeding behels, kragtig teenstaan.

Uitgereik deur Adv, Jurg Prinsloo SC.

Leier, ASP.

Pretoria,

Kontaknommer: 082 414 2687

Bron: Die Vryburger

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 20 Max 33

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 19 Max 30

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 20 Max 31

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 19 Max 29

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 16 Max 31

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 31

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 32

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 23 Max 36

Upington – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 25 Max 39

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 24 Max 28

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en warm met ligte reënbuie met ‘n Min 23 Max 27

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 19 Max 25

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 20 Max 26

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 16 Max 31

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

 

Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
12:00 – Arlene met Afrikaans bly Groot 15h00 Ludwig met heruitsending  van Treffers van Toeka tot nou
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers
Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet
web https://netradiosa.co.za/ http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply