Nuus & Weer 2 Augustus 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus &  Weer 2 Augustus 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Die waarnemende burgemeester van die Tshwane Metro, Abel Tau sê dienslewering in die stad sal na verwagting vandag na normaal terugkeer, na die vierdae lange staking deur lede van die munisipale werkersvakbond Samwu. Dit het tot ernstige verkeersprobleme in die Pretoria middestad gelei en dienslewering by munisipale kantore is ontwrig. Die Metro het gister ‘n ooreenkoms met Samwu bereik om die staking te beëindig. Ingevolge die ooreenkoms sal werkers ‘n eenmalige betaling van tussen sewe- en vyftienduisend rand ontvang. Die stad se salarisskale sal ook deur ‘n taakspan hersien word en die 18-persent verhoging vir senior bestuurders word met onmiddellike ingang opgeskort. Tau sê hulle sal vandag werk om agterstande in te haal en skade aan infrastruktuur soos verkeersligte te herstel.

Die ANC-koukus in Gauteng se Provinsiale Wetgewer het Premier David Makhura en die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, versoek om teen die toenemende misdadigheid in die Johannesburgse middestad op te tree. Dit volg op gister se skermutseling tussen onwettige smouse, vermoedelik buitelanders, en die polisie. Videos is op sosiale media versprei van ‘n polisiepantservoertuig wat van die woedende skare probeer wegkom terwyl hulle die voertuig met klippe bestook. Minstens vier voertuie van die Johannesburgse metropolisie is in die aanval beskadig. Die geweld het uitgebreek toe die polisie teen verkopers wou optree wat vervalste goedere verkoop.

Twee verdagtes verskyn vandag in die Wynberg Landdroshof in Kaapstad in verband met die moord op ‘n 43-jarige toeris van Oekraïne. Ivan Ivanov het verlede naweek op Chapman’s Peak gestap toe hy beroof en doodgesteek is. Die twee verdagtes is Woensdag in Houtbaai in hegtenis geneem. ‘n Derde verdagte het reeds in die hof verskyn in verband met die moord. Minstens 14 mense is sedert Januarie vanjaar in die Tafelberg-nasionale park aangeval.

Die verhoor van die Nigeriese pastoor, Timothy Omotoso word vandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth hervat. Dit volg nadat Omotoso se aansoek om die staat te dwing om meer besonderhede te verskaf oor die aanklagte teen hom, gister van die hand gewys is. Regter Irma Schoeman het beslis dat die klagstaat voldoende inligting bevat vir die verdediging se voorbereiding. Omotoso en sy medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, staan tereg op 97 aanklagte. Die saak is tot vandag uitgestel om Omotoso se regsverteenwoordiger, Peter Dauberman, tyd te gee om voor te berei.

Die minister van Vervoer, FikileMbalula, sê ‘n werkswyse vir die implementering van die Go-George-busdiens in die Wes-Kaap sal binne 45 dae aangekondig word. Mbalula het met verskeie rolspelers samesprekings gevoer, insluitend die Wes-Kaapse minister van Vervoer, Bonginkosi Madikizela, die burgemeester van George, Melvin Naik, diensverskaffers en taxiverenigings. Die inwerkingstelling van Fase Vier van die projek sloer reeds etlike jare weens die ontevredenheid van die plaaslike taxivereniging oor die busdiens. Mbalula sê gesprekke met al die rolspelers sal voortduur sodat alle kwessies aangespreek kan word.

 

 

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 13 Max 24

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 12 Max 24

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 21

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 10 Max 19

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 21

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 23

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 7 Max 22

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 25

Durban – Gedeeltelik bewolk met reënbuie plek plek met ‘n Min 18 Max 26

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 25

Upington –      Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 13 Max 25

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 17

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 12 Max 22

Sutherland – Sonnig en baie koud met ‘n Min – 2 Max 16

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Skakels om na die Radio te luister

website: https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

Be the first to comment

Leave a Reply