Nuus & Weer 2 Desember 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus & Weer 2 Desember 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

 

Nuus

 

  •  ‘n Lid van die Nasionale Christelike Weerstandsbeweging, Riana Heymans en nog twee mense verskyn vandag in die Middelburgse landdroshof op terreurverwante aanklagte. Heymans is die naweek in Kliprivier in die Vaaldriehoek in hegtenis geneem saam met twee mense wat aan haar skuiling gebied het. Die Valke het ook beslag gelê op vuurwapens en dokumente. Die drie sal saam met die selfverklaarde leier van die groep, Harry Knoesen op die aanklagte teregstaan. Die groep het blykbaar beplan om nasionale sleutelpunte, winkelsentrums en informele woongebiede aan te val.
  • Die Gautengse Departement van Onderwys het aangekondig dat 619 leerlinge wat aanstaande jaar in graad agt is nog nie plek in skole het nie. Die syfer is Vrydagmiddag bereken. Alle voornemende graad een leerlinge is geplaas. Dit is ‘n aansienlike vermindering van die meer as 9-duisend leerlinge wat verlede week nog nie ‘n plek in ‘n skool gehad het nie. Die meeste leerlinge wat nog nie geplaas is nie is van Alberton, Springs, Krugersdorp, Randfontein, Soshagnguve en Pretroria-Noord.
  • Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê daar is ernstige samesprekings met finansierders gevoer om die nodige geld te bekom vir die herstruktureringsproses by die SAL. Die proses sal oor die volgende paar maande plaasvind. Die minister het bevestig dat herstrukturering die enigste manier is om die lugdiens se finansiële en bedryfsvolhoubaarheid te verseker. Hy sê die onlangse staking deur NUMSA en die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging het ernstige skade aangerig aan die aansien van die SAL. Die finansiële posisie van die lugdiens is ook hierdeur erg benadeel. Gordhan het dit benadruk dat die lugdiens voortgaan met sy bedrywighede. Hy het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die SAL te ondersteun in sy pogings om vertroue te herstel en inkomste in die kortste moontlike tyd te genereer.
  • Die burgerregtegroep, Treatment Action Campaign, sê die regering maak nie ‘n impak op die lewens van MIV-positiewe mense in die land nie. Dit was gister Wêreldvigsdag. Die TAC sê die regering het miljoene rand verkwis deur ‘n byeenkoms in ‘n stadion te hou, terwyl interaksie met gemeenskappe wat deur MIV en Vigs geraak word, ‘n beter opsie sou wees. Die hoofsekretaris van die TAC, Anele Yawa sê die regering kon eerder ‘n veldtog gehou het om meer mense bewus te maak van die siekte. Die adjunk-president, David Mabuza was gister die hoofspreker by ‘n Wêreldvigsdag-saamtrek by Orkney in Noordwes. Hy het vroeër in Klerksdorp aan vigsaktiviste gesê die regering is daartoe verbind om die stryd teen MIV en vigs te verskerp.
  • Die vakansie het reeds vir baie begin, en sal van Woensdag meer moet betaal vir petrol en minder vir diesel. Petrol styg met R0-11 per liter vir 93 sowel as vir 95 grade, maar diesel verlaag in prys met R0-18 en paraffien verlaag met Ro-21 vir Desembermaand. Ekonomiese deskundiges sê die styging in die prys van petrol, en die geringe daling in die diesel en paraffien pryse kan toegeskryf word aan die swak Rand wat maar net nie daarin slaag om weer terug te keer na sy vlakke van twee jaar gelede nie.
  • Die Madupi kragsentrale wat goedgekeur is om opgerig te word, is nie net ’n ekonomiese ramp nie, maar hou ook die gevaar is om menselewens te benadeel. Die kragsentrale is nie net swak opgerig nie, maar het jare langer geneem om gefinaliseer te word en kan steeds nie sy volle kapasiteit lewer nie. Madupi is anders opgerig as die konvensionele kragsentrales, en is wat beskryf word as die “nuwe droë=verkoelde” steenkool kragstasie.Wanneer die kragstasie voltooi is en op volle kapasiteit is, sal dit die wêreld se grootste “droë-verkoelde” kragstasie wees. Ekonome en omgewings deskundiges het reeds gewaarsku dat doe 2020 afskop van die land se grootste steenkool kragstasie kan lei tot ernstige finansiële, asook klimaat katastrofes wat nog in SA gesien is.Deskundiges sê Madupi gaan een van die land se grootste gevare word vir mense en die omgewing met sy gifgasse wat afgeskei word, en sal ook die grootste entiteit wees wat lug- en omgewingsbesoedeling betref wat duisende mense se lewens in gevaar sal stel.
  • Nadat die Hooggeregshof  in Pretoria die voormalige ANC president, Jacob Zuma, se aansoek om appel met koste van die hand gewys het, is hy nou direk onderweg na die Appèlhof. Dit is Zuma se laaste loopgraaf wat hy gebruik om uit die tronk te bly, en alhoewel dit ’n metode is om sy finale verhoor vry te spring, word die skuldlas aan hofkoste net groter. Kenners wys daarop dat sy kanse om in die Appèlhof ’n oorwinning te behaal, uiters skraal is, en dat dit verrykende gevolge vir die man inhou as hy weer misluk. Politieke ontleders reken egter dat Zuma sy kaarte goed speel, en dat hy met die moontlikheid van ’n mislukking in die Appèlsaak, reeds voorbrand gemaak het deur ’n week in die hospitaal deur te bring, om na die hof se uitspraak, weer “siek” te word. Meningsvormers sê dit is immers die suksesvolle metode wat die springlewendige Schabir Shaik etlike jare gelede gebruik het om die tronkdeure te laat oopgaan vir sy vrylating sodat hy weer kan gaan gholf speel.

Bronne: Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

  

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 18 Max 34

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 18 Max 34

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 33

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 31

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 33

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 34

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 19 Max 37

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met reën plek plek met ‘n Min 23 Max 37

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 26

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 20 Max 26

Upington –      Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met reën plek plek met ‘n Min 19 Max 39

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met matige reën met tye met ‘n Min 18 Max 22

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 19 Max 26

Sutherland – Bewolk en warm met ‘n Min 7 Max 28

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Afrikaans bly Groot saam met Arlene

15:00 –  Heruitsending van Treffers vanToeka tot nou saam met Ludwig

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq – werk op alles op die internet

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply