Nuus & Weer 29 November 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus en Weer 29 November 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

 

Nuus

 

  • Die SA Reserwe Bank se Adjunk Goewerneur Kube Naidoo het gewaarsku dat sou die graderings agentskap Moody’s die land se kredietgradering na skroot afgradeer, die land se staatseffekte ‘n massiewe verkoping van tussen R74 en R118 miljard kan beleef.  Moody’s is tans die enigste agentskap wat Suid Afrika se gradering bokant rommelstatus hou.

 

  • Vodacom se Hoof Uitvoerende Beampte, Till Streichert, het na byna twee dekades se diens, sy bedanking ingehandig. Dit volg kort op die hakke van verlede week se bedanking deur die maatskappy se ander senior lis, Andries Delport

 

  •  Die DA sê die enigste manier waarop energiesekerheid gewaarborg kan word en Eskom doeltreffend en winsgewend sal wees, is deur die kragverskaffer se monopolie te verbreek. Die DA het in ‘n verklaring gereageer op die bekendmaking van Eskom se tussentydse finansiële resultate. Die voorsitter, Jabu Mabuza het gesê ‘n verlies van 20 miljard rand word vir die huidige geldjaar verwag. Die DA se woordvoerder oor Openbare Ondernemings, Ghaleb Cachalia, sê deur Eskom se monopolie te verbreek kan onafhanklike kragverskaffers op ‘n gelyke voet meeding in die mark. Cachalia sê dit is tyd dat politieke verskille opsygeskuif word ten einde ‘n doeltreffende Eskom te verseker. Die DA lê Dinsdag sy energieplan aan die portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings voor

 

  •  Volgens berigte raai die reisagentskap Flight Centre reisigers aan om alternatiewe te soek vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Die reisagentskap is die grootste in die land. Die maatskappy sal blykbaar nie langer kaartjies van die SAL aan voornemende reisigers en toeriste verkoop nie, weens probleme met versekering. Reisversekeraars het volgens verskeie mediaberigte hulle kommer uitgespreek oor die langtermyn-volhoubaarheid van die lugdiens.

 

  •  Die voormalige president Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales hoor vanoggend of hulle teen ‘n vorige hofbeslissing kan appelleer. Zuma en Thales het verlede week aansoek gedoen om verlof tot appèl teen ‘n hofbeslissing ingevolge waarvan hulle aansoek om staking van vervolging verwerp is. ‘n Volbank regters het hulle betoë in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor. Zuma se regspan voer aan dat die Nasionale Vervolgingsgesag sy saak onregverdig vertraag het, terwyl Thales se span meen ‘n ander hof kan tot ‘n ander gevolgtrekking kom. Die staat het albei aansoeke teengestaan en Zuma se betoë verwerp dat hy nié ‘n regverdige verhoor sal hê nie.

 

  • Die twee jongste voorvalle waartydens twee treine van Metrospoor in die Wes-Kaap in vlamme opgegaan het, bring die sukkelende entiteit nog nader aan ’n finansiële afgrond. Die treine is vernietig met die brand, en werkers wat van die dien gebruik maak, moes later ander reëlings tref om by die werksplek uit te kom. Metrospoor se totale aantal treine en passasierswaens is die afgelope paar jaar deur vandaliste aangeval en verbrand sodat hulle tans minder as die helfte van hulle treine oor het in die Wes-Kaap. Die Metrospoor sê in ’n verklaring dat die Kaapstad spoorwegstasie se platforms 9, 10, 15 en 16 sodanig beïnvloed is deur die brande dat hulle gesluit is, en dat die spoorwegstasie ook vir etlike ure gesluit sal wees. Alle treindienste is gekanselleer tot latere kennisgewing, en pendelaars sal van alternatiewe vervoer moet gebruik maak. Die skade van die brande beloop nagenoeg R500,000, en die toekoms van treinvervoer vir werkers het nou in die weegskaal beland. Nagenoeg 18 passasierswaens het saam met die twee lokomotiewe in die slag gebly, en sal miljarde kos om te vervang.

 

  • Die onkunde en roekelose onverskilligheid waarmee ons land se munisipaliteite tans bestuur word, laat die gewone belastingbetaler na sy asem snak. By twee Limpopo munisipaliteite, die Fetakgomo- en Groter Tubatse munisipaliteite wat in 2016 saamgesmelt het, is twis en tweedrag aan die orde van die dag. Nkgolo Shai was vanaf die Sekhukhune Distriks- Munisipaliteit gesekondeer vir drie maande om as korporatiewe dienste direkteur, die samesmelting te laat vlot. Hy het ‘n menslike hulpbronbestuurder, Charity Rabada, se dienste opgeskort omdat sy briewe aan sekere amptenare gestuur het waarin sy ontken dat sy enige skrywes rakende bevordering in die nuutgevormde munisipaliteit aangekondig het. Sy is toe afgedank vir growwe insubordinasie omdat sy beswaar aangeteken het teen die tydelike opskorting van haar dienste deur Shia. Sy het die afdanking aangemeld by die SA Plaaslike Bedingingsraad . ‘n Kommissaris van die Bedingingsraad, Richard Sithi het na ‘n ondersoek bevind dat Shai se drie maande reeds verstreke was toe hy Rabada afgedank het. Hy het ook bevind dat Shai self die briewe rakende die bevorderings gestuur het en dat Rabada, op 1 September in haar amp heraangestel moet word. Verder moes aan haar ‘n bedrag van R1 482 652.84 betaal word. Die munisipaliteit het aangedring op ‘n hersiening van die bevinding in die arbeidshof maar dit is geweier. Die voete slepery van die Munisipaliteit, het daartoe gelei dat die Balju beslag gelê het op vier trokke en vier padskrapers ter waarde van een-en-‘n-half miljoen Rand. ‘n Segsman van die munisipaliteit het intussen gesê dat hulle Rabada deur haar prokureur aangesê het om weer haar dienste te hervat maar dat sy nie daarop reageer het nie.

 

  • In nog ‘n geval skuld die munisipaliteit ‘n Elektriese Ingenieurs maatskappy, Mphaphuli Consulting , ‘n bedrag van R10.9 miljoen vir dienste gelewer in 2017. Dié maatskappy is alreeds in 2013 aangestel om die projek “Mabone” te loots met die oog op elektrisiteit vir die woongebied. Die maatskappy se hoof uitvoerende beampte, Lufuno Mphaphuli , het alreeds beslag gelê op munisipale bates in 2017 toe die munisipaliteit nagelaat het om hom te vergoed vir dienste ter waarde van R41 miljoen wat die maatskappy vir die munisipaliteit gelewer het. ‘n Voormalige senior- bouinspekteur, Shamrock Sithodolo het ook ‘n saak van onbillike ontslag gewen met ‘n bevel dat hy teen Junie 2018 weer heraangestel moet word. Hy is ontslaan weens ‘n klag van wangedrag vir sy goedkeuring van die konstruksie van ‘n besigheids kompleks voordat die raad die planne kon goedkeur. Die munisipaliteit het besluit om die saak op hersiening te neem.

 

  • Voor die samesmelting van die twee Munisipaliteite was Fetakgomo Tubatse een van Limpopo se munisipaliteite wat R230 mijoen by die berugte VBS bank belê het en toe verloor het. Daar bestaan na bewering ook dokumentasie wat op ‘n bedrag van meer as R200 miljoen ongemagtigde en sinnelose uitgawes dui. ‘n Groot wolk van verdagte wisseling van geld hang steeds oor Fetakgomo. Die verskoning wat gebied word is dat ‘n eksterne ouditering aan die gang is maar geen verslag van die vordering daarvan is beskikbaar nie. Die Sekhukhune ANC voorsitter en distrik-burgemeester Stan Ramaila het glo gesê die stand van sake in die streek is kommerwekkend vir die party. Daar word blykbaar gesprek gevoer met belanghebbendes in die streek. Die LUR van Limpopo se samewerkende regering is versoek om beamptes aan te wys om hulp te gaan verleen.

 

  • Eskom sê die Medupi kragsentrale se Fase 2 stadium is in werking, en daarmee is dit deel van die kragvoorsiener se algemene uitset van elektrisiteit. Die aankondiging kom12 jaar nadat die eerste sooi gespit is om Medupi op te rig, maar gedurende die tyd het Suid-Afrika baie meer betaal vir die oprigting as wat aanvanklik begroot is. ehalwe dat die kragsentrale meer as 200% duurder opgerig is, het die koste van meer as R150 miljard getoon dat Suid-Afrika nie net onverantwoordelik omgaan met sy uitgawes nie, maar ook ewe onverantwoordelik is met die aanwys van diegene wat die oprigting moes doen. Ekonome sê die oprigting van Medupi en Kusile kragsentrales het uiteindelik ’n totale bedrag van R234 miljard beloop, maar ingeligte bronne wys daarop dat nog baie geld benodig word om die twee sentrales op volle kapasiteit te bring. Die koste van die twee sentrales het Suid-Afrika se enorme skuldlas verder verhoog, en ontleders reken dit gaan minstens 40 jaar neem voor Eskom se twee sentrales betaal sal wees, maar dat hulle teen daardie tyd ook reeds uitgedien is.

 

  • Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, staar ’n onsekere, en donker toekoms in die gesig, en haar lewe as OB hang aan ’n dun draadjie. Dit lyk of die Nasionale Vergadering getaak gaan word om haar moontlike ontslag as OB gaan oorweeg ingevolge sekere bepalings van die toepaslike wet.Die optrede kom nadat verskeie oproepe tot aksie oor Mkhwebane se omstrede hantering van sake, en haar verslae wat telkens in suksesvolle hofgedinge betwis is. Sy word ook beskou as polities ’n Zuma-gesinde, wat haar oordeel oor sake beïnvloed sodat sy nie onpartydige beslissings neem nie. ’n Moontlike voorstel van hoe haar saak hanteer moet word, gaan voor die Nasionale Vergadering gelê word vir oorweging, wat  Mkhwebane se loopbaan as OB vroeg in 2020 kan beëindig.

 

  • “Van nou af gaan daar ernstig gemoniteer word van elke model, en diegene wat daar opdaag met korrupsie planne, sal gevra word om die plek te verlaat”, was die ANC se president Ramaphosa se waarskuwing tydens die afskop geleentheid van sy R25 miljard projek. Ramaphosa het onderneem om die Noord-Transvaal vir twee dae te besoek om die twee afsonderlike projekte se afskop geleenthede by te woon. Die twee projekte wat onderneem word, is glo van die grootste belang en kan ’n besonderse impak het op baie mense in die gebied se lewens as dit goed bestuur word. Die projekte het glo die belangstelling van verskillende instansies gewek wat ingekoop het daarop, en vorm blykbaar deel van ’n sogenaamde multi-miljard Rand ontwikkelings model van die distrik. Waterberg Distrik sal glo die leiding gee in die myndorpe en landbou afdelings waarby fabrieke ingetrek word, en die verwagting is dat die program die werkloosheid sal verminder wat tans ondervind word.

Bron: Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 22 Max 36

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 19 Max 37

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye met ‘n Min 24 Max 33

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye met ‘n Min 22 Max 31

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 21 Max 33

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 34

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 20 Max 34

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met reën plek plek met ‘n Min 25 Max 37

Durban – Gedeeltelik bewolk en baie warm met swaar reën met tye met ‘n Min 23 Max 29

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 21 Max 30

Upington –      Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 22 Max 39

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 18 Max 23

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 18 Max 24

Sutherland – Sonnig en baie warm met ‘n Min 9 Max 29

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa

10:00 –  Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – kuierjolyt mer Cathy

12:00 – Tjailatyd met Arlene

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

20:00 –  Musiekmandjie met DJ Uiltjie

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq – werk op alles op die internet

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply