Nuus & Weer 31 Oktober 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus & Weer 31 Oktober 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om10:00(CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

 

Chaos het uitgebreek toe polisie en “uitlanders” slaags geraak het by die Verenigde Nasies se Kommissaris vir Vlugtelinge se kantore in Kaapstad.  Uitlanders het die ingang na die arkade blokkeer met dreunsang van “ons wil huis toe gaan”.  Die Polisie het ʼn water kanon en skokgranate gebruik om die skare uit mekaar te jaag. ʼn Hofbevel het die meer as 5,000 uitlanders verbied om die gebou te beset. Net meer as 100 arrestasies is gemaak. Daar is tans meer as  260,000 vlugtelinge en asielsoekers vanuit Somalië, die Kongo en Ethiopië in die land.

 Die LUR van onderwys Panyaza Lesufi het kritiek gekry op sy departement se meer as R1,2 miljard se onreëlmatige uitgawes.  Dit was hoofsaaklik weens tender onreëlmatighede rondom die skool voedings skema.

Weens krimpende groei en ‘n begrotings tekort is die bekostigbaarheid van die voorgestelde nasionale Gesondheid Wet nie meer haalbaar nie.  Dit volgens Tesourie  en die medium begroting wat sopas aangekondig is.  Meer as R33 miljard sal jaarliks benodig word om die program deur te voer.

Meer as 3,800 pasiënte het in Gauteng alleen weens nalatigheid gesterf in staatshospitale gedurende die afgelope jaar. Mediese nalatigheid het van staatshospitale ’n plek geword waar mense die maklikste hulle lewe verloor, het ’n waarnemer gesê. Die 3,830 sterftes word glo in verskeie staatshospitale veroorsaak, waarvan hospitale soos in Mamelodi kommerwekkend is. Die feit dat sowat 188 werkers in die Gauteng Departement van Gesondheid sake doen met die owerheid, het gelei tot 158 gevalle van dissiplinêre verhore. Inligting wat aan Die Vryburger verstrek is, dui daarop dat een van die hoof redes is dat onopgeleide, onbevoegde personeel dikwels die oorsaak is dat pasiënte verkeerde behandeling ontvang. Een voorbeeld wat genoem is, was van ’n vrou wat medikasie moes ontvang, en sy is van ’n sterk, onverdunde, toilet reinigingsmiddel voorsien om mondelings in te neem.

 Die president van die ANC regering, Cyril Ramaphosa, het homself ietwat belaglik gemaak toe hy ’n oproep gedoen het dat mense die ondernemings van sakevroue moet ondersteun. Die president voer klaarblyklik ’n geldige rede aan in terme van die kultuur waarin hy hom bevind, want hy sê sakevroue is meet innoverend, produktief, en het selfs ’n goeie aanvoeling vir winsgewendheid. Met die heuningkwas het die president ook probeer om die vroue te bemagtig en ook op hulle ’n beroep gedoen tot groter deelname in die ekonomie en handel met ander lande. Hy het die opmerkings gemaak tydens die Sakevroue Vereniging van SA se byeenkoms in Johannesburg en gevra dat die vroue ook met wenke moet kom om sy ekonomiese forum te verryk.

 Die ANC se minister Pravin Gordhan het nie net Suid-Afrika nie, maar ook die krediet graderingsagentskappe teleurgestel met sy “plan” om die kragvoorsiener van ondergang te red. Politici, sowel as politieke ontleders en finansiële deskundiges is teleurgestel in die plan waarvan die inhoud vaag en waarskynlik swak toegepas kan word wat deur die minister bekendgemaak is. Die “plan” is veronderstel om nuwe hoop te vestig oor hoe die bankrot Eskom se krisis opgelos gaan word, maar daar bestaan ’n eenstemmigheid onder kritici dat Gordhan se flou plan beslis nie tot redding van Eskom sal lei nie. Gordhan het ondermeer aanbeveel dat die verskillende kragsentrales in groepe opgedeel word en met mekaar moet meeding oor wie die goedkoopste krag kan opwek, maar kenners sê dit sal geen duit aan die entiteit se finansiële stand bring nie. Deskundiges wys daarop dat die ANC nie Eskom sal privatiseer nie, want dit is dan uit hulle hande, en die vrees bestaan dat honderde ANC lede afgedank sal word omdat dit ’n algehele oorbevolkte werkerskorps is.

 

Minister Mboweni het ’n donker prent geskilder, maar nie so donker as wat dit moet wees nie, sê ekonome. Graderings agentskappe kan dalk sy aanbieding verwelkom, en die markte mag dalk ietwat kop optel oor sy siening van sekere aspekte oor die groei en die skuldlas. Maar dit eindig ook net daar, want dieselfde agentskappe en markte kan dalk negatief reageer omdat Mboweni ’n duidelike gebrek aan breër besonderhede verstrek het oor hoe al die chaos omgekeer sal word. ’n Skokkende tussentydse begroting het Suid-Afrika getref want met ’n belofte van ’n begroting en groei wat 2% hoër is oor die volgende drie jaar soos wat agt maande gelede aan die land voorgehou is, lyk dinge nou nie net vaag en onduidelik nie, maar ook uitermatig donker en gevaarlik. Die land se skuldlas is hemelhoog, munisipaliteite bankrot, die staat se entiteite ’n groot las op belastingbetalers se skouers, en dit alles met ’n regering wat beslis planloos is om oplossings te vind wat haalbaar en effektief is, skep nie net wantroue nie, dit wek paniek en woede.

 Die mense van Sentraal Transvaal sal maar verlief moet neem met die feit dat die Minister van Finansies, Tito Mboweni, nie bereid is om die e-tol stelsel af te gooi nie. Die ANC se beleid van die gebruiker moet betaal geld klaarblyklik net in geval van e-tol wat op sekere paaie aangebring word. Die uitstaande rekenings sal dus nie afgeskryf word nie, maar verbruikers het vinnig gereageer en gesê “hulle kan maar die rekenings stuur, ons gaan nie betaal nie”. Mboweni het herhaal dat die e-tol stelsel gekom het om te bly, en ontleders vra of dit ’n verstandige koers kan wees as die e-tol elke jaar sy verlies al groter laat word. Hy sê die feit dat rekeninge nie betaal word nie, het reeds getoon dat paaie se gehalte aan die afneem is, maar hieroor gons dit in die sosiale netwerk van motoriste wat sê die ANC het in die afgelope 25 jaar toegelaat dat al die paaie in ’n haglike toestand is. Die minister het ’n beroep gedoen op mense om ’n kultuur van bereidheid om te betaal te ontwikkel.

 Werkloosheid, die een onderwerp wat deur die ANC uit die weg wil ruim, het weer verder die hoogte ingeskiet, en is nou hoër as enige tyd van die afgelope dekade. Die tendens beteken dat nog ’n spyker in die regime se finansiële doodkis ingeslaan met die aankondiging dat die werkloosheidsyfer nou die 29% vlak verbygesteek het. Die ANC se president het telkens aangedui dat groot beleggings uit talle dele van die wêreld na Suid-Afrika gaan stroom, wat die werkloosheid sal verminder met die duisende werksgeleenthede wat dit sal meebring. Nou is daar ’n doodse stilte aan die kant van Cyril Ramaphosa, en die planne wat gemaak word, misluk die een na die ander. Ekonome wys daarop dat die goedgesindheid van Moody’s om tot hede die land te bewaar van ’n rommel status, deur gebeure soos werkloosheid en Eskom bankrotskap op die uiteinde nie sal ignoreer nie

 Die Tshwane Metro in Pretoria het die nasionale regering versoek om die kwessie van buitelanders wat in die straat by die Verenigde Nasies se kantore in Brooklyn tent opgeslaan het, dringend te hanteer. Die Huiseienaarsverenigings van Brooklyn en die Oostelike Voorstede asook die Waterkloof Huiseienaarsvereniging het ‘n dringende aansoek in die Pretoriase Hooggeregshof ingedien om die Metro te verplig om sy munisipale regulasies toe te pas, en die buitelanders te verskuif. Die aansoek sal na verwagting aanstaande week aangehoor word. Die minister van Binnelandse Sake, die minister van Polisie en die VN Hoë Kommissariaat is die respondente in die saak. Die uitvoerende burgemeester van die Tshwane Metro, Stephens Mokgalapa sê die land se immigrasiewette moet toegepas word. Die vlugtelinge van Afrika-lande, wat reeds drie weke lank by die VN-kantore, kampeer, eis om in ander lande hervestig te word.

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 29

Nelspruit – Bewolk en met ligte rëen met ‘n Min 16 Max 20

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 17 Max 28

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 16 Max 27

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 13 Max 28

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 16 Max 31

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en warm later met ‘n Min 6 Max 26

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en baie warm later met ‘n Min 8 Max 29

Durban – Bewolk met ligte reënbuie met ‘n Min 18 Max 20

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 14 Max 18

Upington –      Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min12 Max 32

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 21

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n Min 11 Max 17

Sutherland – Sonnig en koud in die oggend en warm later met ‘n Min 6 Max 23

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Donderdag saam Netradiosa

 

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – Gesondheid saam met Cathy

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers


 

Be the first to comment

Leave a Reply