Nuus & Weer 8 Januarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

 Nuus & Weer 8 Januarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

 

Die hoof van die Hoërskool Philipstown se lyk is in die Oranjerivier buite Upington gekry nadat hy as vermis aangemeld is. Volgens die polisie het Peter Aubrey Kroutz (61) en sy gesin van De Aar by familie in Upington gekuier toe hy op 31 Desember by sy kleinneef se huis in Stasiekamp verdwyn het. Peter Aubrey Kroutz (61), hoof van die Hoërskool Philipstown, se lyk is op 2 Januarie in die Oranjerivier by Upington gekry. Die oorsaak van sy dood is nog nie bepaal nie. Luidens ’n polisieverklaring is hy as vermis aangemeld en is sy lyk op 2 Januarie in die rivier gekry. Volgens kapt. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het sy familie die lyk uitgeken en word ’n geregtelike doodsondersoek gedoen. Kroutz was 16 jaar ’n onderwyser by die skool, 13 daarvan as skoolhoof.

 

Nehawu-lede wat by die Robbeneiland-museum (RIM) werk, staak nadat loononderhandelings ’n dooiepunt bereik het, maar die museum hou vol dat dit nie sy bedrywighede raak nie. Die National Education, Health and Allied Workers’ Union in die Wes-Kaap het Dinsdag gesê die staking sal voortduur totdat sy eise aanvaar word. Die museum het bevestig dat werkers van Nehawu van Maandag af aan ’n beskermde staking deelneem ná “uitgereikte onderhandelinge” oor die lewenskoste-aanpassings vir die 2019-’20-boekjaar.

 

Passasiers op die Shosholoza Meyl wat Sondag uit Johannesburg na Kaapstad vertrek het, sê hul treinrit was ’n nagmerrie deurdat hulle langer as 16 uur in Prins Albertweg in die Groot-Karoo in die Wes-Kaap gestrand was. Die bestuur van die Shosholoza Meyl het bevestig dat een van sy treine sedert Maandagaand in Prins Albertweg weens ’n tegniese fout met die lokomotief gestrand is. Die trein het Sondag uit Johannesburg vertrek en was veronderstel om Maandag in Kaapstad aan te kom, maar het nooit sy bestemming bereik nie. Volgens die langafstand-spoordiens spruit die ure lange vertraging daaruit dat die reddingslokomotief wat uit Kaapstad bystand moes verleen, ook probleme ondervind het en vertraag is deur werk wat aan die treinspore in die gebied gedoen word.

 

Enkele maande nadat ’n pou in die St. Georgepark-omgewing in Port Elizabeth met ’n graaf toegetakel en sy kop afgespit is, is nog ’n pou-karkas Sondag hier gevind – dié keer met ’n skietwond.

St. Georgepark is al jare lank bekend om sy poue en inwoners is in Oktober geruk toe ’n video aan die lig kom van ’n 63-jarige man wat ’n pou met ’n graaf onthoof.

Dié voorval was by ’n woonstelgebou langs die Life St. Georgepark-hospitaal.

Damvlakke

W-Kaap se damvlakke daal tot 55%

Damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope week verder gedaal, maar die meeste van die groot damme in die Suidwes-Kaap bly steeds voller as dié tyd verlede jaar.

 

In die Karoo bly die damvlakke egter kommerwekkend laag en in die Suid-Kaap is die meeste damvlakke tans laer as in die ooreenstemmende tydperk in 2019.

 

Teen Maandag het die provinsie se gemiddelde damvlak van 56,8% tot 55,4% afgeneem, teenoor 52,3% dié tyd verlede jaar.

 

Die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel het van 75,5% tot 74,2% gedaal, teenoor 63,7% dié tyd verlede jaar.

 

 

Die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, se vlak het die afgelope week van 66,8% tot 65,7% gedaal. Dit is steeds heelwat voller as dié tyd verlede jaar, toe dit op 49,4% gestaan het.Foto: Jaco Marais

In Kaapstad het die gesamentlike watergebruik oor die voorafgaande week gestyg van 669 miljoen liter (megaliter) per dag tot 704 megaliter per dag, luidens ’n verklaring wat die metroraad Maandag uitgereik het.

 

Kragtens vlak een-waterbeperkings is die mikpunt vir gebruik onder 650 megaliter per dag.

 

Die Moederstad se watergebruik was vir die grootste deel van 2019 onder die mikpunt, maar het dit teen Oktober begin oorskry en was vir die grootste deel van November en Desember bo 650 megaliter per dag.

 

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het die afgelope week van 66,8% tot 65,7% gedaal. In die ooreenstemmende tyd verlede jaar was dit op net 49,4%.

 

Die vlak van die Benede-Steenbrasdam het van 84,7% tot 82,5% afgeneem en die vlak van die Voëlvleidam van 79,6% tot 78,6%.

 

Die Bergrivierdam se vlak het van 91,6% tot 89,7% gedaal en die Wemmershoekdam se vlak van 81,3% tot 79,4%.

 

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 64% tot 60,7% afgeneem, terwyl dit in die ooreenstemmende tyd verlede jaar op 66% was.

 

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het op Oukersdag gewaarsku dat vroeë weervoorspellings vir die komende reënseisoen daarop dui dat die nodige reënval nie oral in alle streke gaan uitsak nie.

 

Hy het toe in ’n verklaring daarop gewys dat sommige dele van die Wes-Kaap se waterbronne slegter daaraan toe is as die vorige jaar, veral in die Gouritsrivier-opvangsgebied wat water aan groot dele van die Karoo verskaf.

 

Die vlak van die Voëlvleidam, tussen Gouda en Wellington, was Maandag op 78,6% teenoor 79,6% ’n week gelede. Dit is een van die ses vernaamste damme wat water aan Kaapstad verskaf.Foto: Samuel Walters

In die Karoo is sommige damme nog voller as dié tyd in 2019, terwyl ander leegstaan.

 

By die Floriskraaldam naby Laingsburg is 2,8 mm reën oor die voorafgaande sewe dae gemeet en het die vlak onveranderd op 10,5% gebly, teenoor 3,2% in die ooreenstemmende tydperk.

 

Die Gamkadam naby Beaufort-Wes se vlak het van 20,8% tot 18,4% gedaal. ’n Jaar gelede was dit leeg.

 

Die Calitzdorpdam se vlak het effens afgeneem van 8,6% tot 8,3% en die Stompdriftdam naby Oudtshoorn se vlak het van 5,8% tot 5,6% gedaal.

 

Daarby het die Oukloofdam naby Prins Albert se vlak van 2,3% tot 1,7% gedaal teenoor 0,4% ’n jaar gelede.

 

Die Miertjieskraaldam, suid van Ladismith, die Leeu-Gamkadam en die Gamkapoortdam naby Prins Albert is egter dolleeg.

 

In die Suid-Kaap het damvlakke op plekke aansienlik gedaal te midde van reënval van tot 14 mm in die voorafgaande sewe dae.

 

Die Duivenhoksdam naby Heidelberg se vlak het van 44,6% tot 41,1% afgeneem en die Korentepoortdam naby Riversdal se vlak van 39,5% tot 37,5%.

 

By die Tuinroetedam in George is 14 mm reën gemeet en het die vlak van 67% tot 65,8% gedaal, teenoor 80,8% dié tyd verlede jaar.

 

By die Ernest Robertsondam naby George is 13 mm gemeet en het die vlak slegs van 77,8% tot 77,3% afgeneem, terwyl die dam verlede jaar 100% vol was.

 

Die Wolwedansdam naby Mosselbaai se vlak het van 44,6% tot 43,7% gedaal en 3,8 mm reën is hier gemeet.

 

Die Roodefonteindam naby Plettenbergbaai se vlak het van 77,8% tot 77,3% afgeneem en 4,4 mm reën is gemeet, terwyl die damvlak ’n jaar gelede op 97,7% was.

 

Australië: Veldbrande kan weer massa-uitwissing veroorsaak

And the fires haven’t even stopped burning -another land grab!

John Wilson

 

VF Plus oorgehaal om grondonteiening te beveg – Daar is hoop vir 2020 as Suid-Afrikaners saamstaan en hul standpunt lig oor die voorgestelde wysiging van Artikel 25 van die Grondwet wat voorsiening maak vir die onteiening van eiendom sonder vergoeding.

Wouter Wessels, VF Plus-LP, sê indien betrokkenes terugbaklei en opstaan teen dié wysiging is daar lig aan die einde van die tonnel. Hy meen indien die regerende party met onteiening slaag gaan dit beslis ‘n uitdagende jaar vir die land en veral die landboubedryf wees. Dit kan nie toegelaat word sonder dat die nodige geveg opgesit word nie, en dié party is oorgehaal en reg vir die stryd. Wessels sê deelname in die vorm van openbare kommentaar aan die Parlement, asook die ondertekening van ‘n griefskrif wat deur verskeie organisasie soos AfriForum beskikbaar gestel is, is uiters noodaaklik. Gemeenskappe moet hul stem nou dik maak teen die drakoniesie wysiging van die Grondwet, wat baie negatiewe gevolge inhou vir private grondbesit in Suid-Afrika.

 

Die hoofsekretaris van die vakbondfederasie Cosatu, Bheki Ntshalinshali, sê jongmense moet by beroepsgerigte kolleges inskryf sodat hulle skaars vaardighede kan ontwikkel wat werksgeleenthede verseker. Hy sê hoewel die vooruitsigte vir werksgeleenthede tans baie swak is, kan kwalifikasies wat by kolleges behaal word, jongmense in staat stel om werk te kry. Ntshalinshali sê dit is ‘n wanopvatting dat almal universiteit toe moet gaan. Hy sê die land het ‘n tekort aan mense met tegniese vaardighede. Hy sê dit is die mense wat in die arbeidsmark opgeneem word. Ntshalinshali het gereageer op die bekendmaking van die 2019 matriekuitslae. Die slaagsyfer is 81 komma drie persent.

 

Die speaker in die Tshwane Metroraad, Katlego Mathebe sê sy kan nie ‘n spesiale raadsitting byeenroep soos wat die ANC en die EFF versoek het nie. Die partye het ‘n petisie ingedien om te vra vir ‘n spesiale raadsitting vandag om mosies van wantroue teen die DA-leierskap in die Metro ter tafel te lê. ‘n Woordvoerder van die Metro, Lindela Mashigo sê egter die speaker het bevind dat sewe handtekeninge op die ANC se dokument nie ooreenstem met die handtekeninge op die raadsittings se bywoningsregisters nie. Sy sê dit lyk ook of van die handtekeninge afskrifte is van die handtekeninge op ‘n versoek vir die raadsitting wat op 5 Desember plaasgevind het. Mashigo sê dit beteken dat die ANC-dokument nie geldig is nie.

 

Verskeie geleenthede is vir vandag gereël om die ANC se 108ste bestaansjaar in Kimberley te vier. President Cyril Ramaphosa sal vanoggend ‘n kransleggingseremonie lei by die graf van die ANC se eerste sekretaris-generaal, Sol Plaatjie en die van die struggle-veteraan Mittah Seperepere. Die president sal later die koek sny by die Galashewe- veeldoelige sentrum ter viering van die party se verjaardag.

 

Vier verdagtes verskyn vandag in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes nadat hullle na bewering probeer het om leeupote te verkoop. ‘n Woordvoerder van die Valke in Noordwes sê die verdagtes sal te reg staan op aanklagte van die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit. Die verdagtes is tydens ‘n lokval vasgetrek toe hulle probeer het om die leeupote vir 300-duisend rand te verkoop.

 

Iran se staatstelevisie sê daar is geen oorlewendes nadat ‘n vliegtuig van Oekraïne neergestort en aan die brand geslaan het nie. Die vliegtuig van die Ukraine International Airlines het minstens 170 mense aan boord gehad en het neergestort kort nadat dit by die Imam Khomeini-lughawe in Tehran opgestyg het. Voorlopige berigte dui daarop dat die vliegtuig na Kiëf in Oekraïne onderweg was en dat tegniese probleme ondervind is. Iran se burgerlugvaartorganisasie sê daar is meer as 20 ambulanse en ‘n helikopter op die toneel, maar die brand is te hewig vir reddingswerk om plaas te vind.

 

Die Amerikaanse Federale Lugvaartadministrasie, of FAA, het intussen gesê Amerikaanse lugrederye sal verbied word om oor Irak, Iran, die Golf van Oman of die gebied tussen Iran en Saoedi-Arabië te vlieg. Dit volg nadat Iran vroeg vanoggend ‘n aantal missiele afgevuur het op twee militêre basisse in Irak wat soldate van die Amerikaanse-koalisie huisves. ‘n Aantal internasionale lugrederye, insluitend lugrederye van Thailand, Suid-Korea en Singapoer het ook reeds aangedui dat hulle nie meer oor die gebiede sal vlieg nie. Die FAA sê die besluit is geneem weens ‘n toename in militêre aktiwiteite en verhoogde politieke spanning in die Midde-Ooste. Die regering van Iran het intussen bevestig dat vanoggend se missielaanval uitgevoer is in reaksie op die dood van die militêre bevelvoerder, Qassem Soleimani, in ‘n Amerikaanse lugaanval verlede week. ‘n Regeringswoordvoerder sê Iran wil nie oorlog hê nie, maar sal homself teen enige agressie verdedig.

Bron: SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 19 Max 35

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 17 Max 32

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig reën met tye met ‘n Min 21 Max 29

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met matig reën met tye met ‘n Min 21 Max 26

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 20 Max 23

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 21 Max 28

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en warm met ligte motreën met ‘n Min 18 Max 25

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ligte reën met ‘n Min 15 Max 29

Upington – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 22 Max 33

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 23 Max 28

Oos-London – Bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 23 Max 31

Kaapstad – Bewolk met reën plek plek met ‘n Min 20 Max 24

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 15 Max 27

Sutherland – Bewolk met donderweer met ‘n Min 11 Max 24

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

 

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa 
10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
15:00 – Lulu se storietyd – saam met Corrie
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers
Kom kuier gerus saam
Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet

web https://netradiosa.co.za/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

Be the first to comment

Leave a Reply