Nuus & Weer 9 Januarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus & Weer 9 Januarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

  • Inwoners van Rosedale by Upington in die Noord-Kaap het die polisie ‘n spertyd van 12 ure gestel om buitelanders uit hul gemeenskap te verwyder. Gemeenskaplede het gisteraand woedend gereageer op die dood van ‘n polisiebeampte wat na bewering in die vroeë oggendure Woensdag deur ‘n buitelander vermoor is. Winkels en huise van buitelanders is geplunder en beskadig. Die inwoners beweer die buitelanders verkoop dwelms. Die polisie moes rubberkoeëls gebruik om die skare uiteen te jaag en het verskeie mense inhegtenis geneem.
  • Die omstandighede van ‘n skietery in die Kaapstadse middestad, waartydens ‘n 38-jarige konstabel dood is, sal onder aanvoering van die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Yolisa Matakata ondersoek word. Die polisieman, Thando Sigcu wou ‘n verdagte aankeer toe skote geskiet en hy noodlottig getref is. Matakata het haar medelye betuig met sy naasbestaandes.
  • Eskom het aangekondig dat hulle vandag voortgaan met Fase Twee-beurtkrag tot sesuur môreoggend. Die beleërde kragvoorsiener het gisteraand om negeuur Fase Twee geïmplementeer, en gesê dat dit tot agtuur vanoggend sal geld. Eskom sê egter in ‘n verklaring vanoggend sy reserwes is laag en hy sal nie vandag aan die vraag na elektrisiteit kan voldoen nie.
  • Die Rooivleisprodusenteorganisasie sê die verbod op veeveilings ná gevalle van bek en klouseer in Limpopo verlede jaar, verlam die bedryf. Die voorsitter van die RPO, Koos van der Ryst sê dit verhoed normale prysvormingsmeganismes en het ‘n negatiewe impak op kommersiële en veral opkomende produsente. Die uitbrekings is steeds gelokaliseerd en die RPO is van mening dat die gebied geïsoleer moet word, sodat die res van die land na normaal kan terugkeer.
  • Die Wes-Kaapse minister van Onderwys, Debbie Schafer, het matrikulante wat nie geslaag het nie, aangemoedig om hul aansoeke vir hereksamens voor die einde van Januarie in te dien. Die provinsie het van die derde tot die vierde plek teruggesak in die nasionale matriekuitslae-ranglys, met ‘n slaagsyfer van 82-komma-drie persent. Schafer sê stelsels is in plek gestel om die kandidate te ondersteun.
  • Die Verenigde Nasies het aanduidings dat Amerika en Iran gaan wegbeweeg van ‘n reuse konfrontasie, verwelkom. Die VN sê dié lande moet enige verdere situasies vermy wat tot toenemende spanning sal lei. Die Amerikaanse president, Donald Trump het vroeër ‘n beroep op Irak gedoen om nie die prys te betaal vir eksterne konflik nie. Iran het gister missiele afgevuur op Amerikaanse basisse in Irak, en gesê dit is uit weerwraak vir die Iranse Generaal Qassem Soleimani se dood in ‘n Amerikaanse aanval in Bagdad, Irak. Amerika het geen ongevalle gehad nie en minimale skade is aangerig. Trump sê baie lande het vir lank Iran se vernietigende gedrag in die Midde-Ooste en in lande buite sy grense verduur, wat tot politieke onstabiliteit gelei het.
  • President Donald Trump van Amerika sê ‘n vroeë waarskuwingstelsel het verhoed dat daar gister ongevalle was toe Iran Amerikaanse basisse in Irak aangeval het. Trump sê die senior Iranse generaal, Qassem Soleimani, was ‘n geldige teiken. Trump het Iran ook gewaarsku om nie weer enige Amerikaanse basisse in Irak aan te val nie. Iran het ná Amerika se aanval op Soleimani gesê hy sal Amerika teiken soos en wanneer hy wil. Trump het ‘n beroep gedoen op Europa en China om, soos Amerika, ook aan die kernooreenkoms te onttrek.

Bron: SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 22 Max 34

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 20 Max 30

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met reën met tye met ‘n Min 20 Max 28

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 20 Max 27

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 17 Max 28

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ligte reënbuie met ‘n Min 20 Max 30

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 16 Max 30

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 18 Max 31

Upington – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 17 Max 32

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 23 Max 28

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 21 Max 24

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 18 Max 23

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 19 Max 22

Sutherland – Sonnig met ‘n Min 10 Max 24

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Donderdag

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers
Kom kuier gerus saam
Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet

web https://netradiosa.co.za/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply