Nuusbrokkies rakende die Corona pandemie

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuusbrokkies rakende die Corona pandemie

 

Die ministerie van Internasionele Betrekkinge sê burgers wat weens die coronavirus buite Suid-Afrika gestrand is, moet die land se ambassades skakel. Die ministerie verleen hulp aan 20 burgers wat in Marokko vasgekeer is. Vroeër het 50 konstruksiewerkers in Kameroen gevra om na Suid-Afrika gerepatrieer te word. Hulle werkgewer dring glo daarop aan dat hulle aanhou werk, ondanks die feit dat daar tien maal meer as Kameroen se toegelate 60 mense op dieslefde plek is. Die departement sê Suid-Afrikaners moet hul gasheerlande se maatreëls nakom en hulle by Suid-Afrika se ambassades registreer.

 

Die minister van Kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, sê spazawinkels sal hulp van die regering ontvang weens die Covid-19-pandemie en die tydperk van afsondering wat afgekondig is as teenvoeter vir die verspreiding van die siekte. Spazawinkels is, soos supermarkte, apteke en ander noodsaaklike dienste uitgesluit van die tydperk van maatreëls wat bepaal dat besighede tydens die drie weke van afsondering moet sluit. Ntshavheni sê spazawinkels word by supermarkte ingesluit omdat die publiek voedsel daar aankoop. Sy sê die regeringshulp sal egter slegs vir Suid-Afrikaanse eienaars van dié winkels geld. Verdere maatreëls sal later bekendgemaak word.

 

‘n Arbeidskenner, Bukani Mngoma, sê huishulpe hoef nie tydens die tydperk van afsondering te werk nie en hulle werkgewers is onder geen verpligting om hulle te betaal vir die tydperk wat hulle nie kan werk nie. Mngoma sê huishulpe word nie as noodsaaklike werkers beskou nie, en daarom moet daar in die tye onderhandelings wees tussen werkgewer en werknemer. Hy sê werkgewers kan huishulpe vroeër betaal, hoewel die wet die nie voorskryf nie. Hy sê die doel van afsondering is om kontak tussen soveel mense as moontlik te beperk.

 

Die Limpopo-regering het ‘n span na die N-een by die Mantsole-brug tussen Pienaarsrivier en Bela Bela ontplooi om reisigers te skandeer wat die provinsie binnegaan. Die LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, moedig reisigers na Limpopo aan om hulle af te sonder wanneer hulle by hul bestemmings aankom. Sy sê die departement het ná President Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand gevind dat baie mense wat in ander provinsies werk, na hul huise in die provinsie terugkeer om die afsonderingstydperk daar deur te bring.

 

Die twee Duitse toeriste wat positief getoets het vir die Coronavirus in St. Lucia in KwaZulu-Natal, is in isolasie by ‘n hospitaal in die gebied. Die twee was deel van ‘n groter groep wat die naweek op ‘n plesierboot gevaar het. Die LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane-Zulu, sê hulle wag op die uitslae van die ander toeriste wat ook getoets is.

 

Die daaglikse dodetal in Spanje weens die coronaviruspandemie styg steeds ondanks die land se verskerpte maatreëls om Covid-19 te probeer bekamp. Meer as 500 mense is die afgelope 24 uur dood, wat die meeste sterftes op een dag in dié land is. Die infeksiekoers in Spanje het intussen met 20 persent gestyg en die sterftesyfer staan op bykans twee-duisend-700. Die meeste ongevalle kom in Madrid voor, waar ‘n reuse konferensiesentrum in ‘n hospitaal omskep moes word weens oorvol hospitale.

 

Italië se dodetal weens Covid-19 het pas met 743 sterftes gestyg nadat dit die afgelope twee dae ‘n daling getoon het. Altesaam ses-duisend-820 mense is nou reeds aan die siekte dood, wat die hoogste sterftesyfer ter wêreld is. Meer as 64-duisend mense in Italië het positief getoets vir die coronavirus, hoewel duisende mense in dié land weens beperkte geriewe nie getoets kan word nie. Die regering vergader weer dié week om oor verskerpte maatreëls te besluit.

 

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê 360 mense wat vroeër vandeesmaand ‘n byeenkoms by die Divine Restoration-kerk in Bloemfontein bygewoon het, is intussen vir die coronavirus getoets. Dit volg nadat vyf internasionale besoekers wat die byeenkoms bygewoon het vroeër positief vir Covid-19 getoets het. ‘n Woordvoerder, Mondli Mvambi, sê meer siftingstoetse sal gedoen word terwyl meer mense wat in kontak was met die buitelanders, opgespoor word. Die leier van die ACDP Kenneth Meshoe wat die byeenkoms bygewoon het, sal sy Covid 19-toetsuitslae teen Donderdag ontvang. Die kerkbyeenkoms het plaasgevind voordat die beperking van 100 mense per byeenkoms in werking getree het. Die Vrystaat het tot dusver 18 bevestigde gevalle van die coronavirus terwyl daar in totaal 554 mense in Suid-Afrika positief vir die virus getoets het.

 

Die eThekwini-burgemeester, Mxolisi Kaunda, het wetstoepassers in Durban opdrag gegee om streng op te tree teen mense wat ander mense in die stad se lewe in gevaar stel deur hulle aan die coronavirus bloot te stel. Die munisipalitiet sê hy verwelkom President Cyril Ramaphosa se aankondiging van drie weke se landwye afsondering. Kaunda sê almal se lewe is in gevaar en die lewe kan onmoontlik nie voortgaan soos voorheen nie. Hy sê lede van die publiek wat dit in die see of in swembaddens wil waag, sal verwyder word.

 

‘n Groep van sowat 50 Suid-Afrikaners wat vir ‘n konstruksiemaatskappy in Douala in Kameroen werk, het die Suid-Afrikaanse regering gevra om hulle onmiddellik te repatrieer uit vrees vir die coronavirus. Hulle sê die maatskappy vir wie hulle werk, dring daarop aan dat hulle aanhou werk en daar is meer as 600 werkers op die bouterrein. Een van die Suid-Afrikaners, Kwanele Nomongo, sê hulle is bekommerd dat hulle die virus sal opdoen. Nomongo sê hulle pleit by die Departement van Internasionale Betrekkinge asook die weermag om ‘n vlieguig te stuur sodat hulle kan terugkeer huis toe.

 

Die ministerie van Internasionele Betrekkinge sê burgers wat weens die coronavirus buite Suid-Afrika gestrand is, moet die land se ambassades skakel. Die ministerie verleen hulp aan 20 burgers wat in Marokko vasgekeer is. Vroeër het 50 konstruksiewerkers in Kameroen gevra om na Suid-Afrika gerepatrieer te word. Hulle werkgewer dring glo daarop aan dat hulle aanhou werk, ondanks die feit dat daar tien maal meer as Kameroen se toegelate 60 mense op dieslefde plek is. Die departement sê Suid-Afrikaners moet hul gasheerlande se maatreëls nakom en hulle by Suid-Afrika se ambassades registreer.

 

Die minister van Kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, sê spazawinkels sal hulp van die regering ontvang weens die Covid-19-pandemie en die tydperk van afsondering wat afgekondig is as teenvoeter vir die verspreiding van die siekte. Spazawinkels is, soos supermarkte, apteke en ander noodsaaklike dienste uitgesluit van die tydperk van maatreëls wat bepaal dat besighede tydens die drie weke van afsondering moet sluit. Ntshavheni sê spazawinkels word by supermarkte ingesluit omdat die publiek voedsel daar aankoop. Sy sê die regeringshulp sal egter slegs vir Suid-Afrikaanse eienaars van dié winkels geld. Verdere maatreëls sal later bekendgemaak word.

 

‘n Arbeidskenner, Bukani Mngoma, sê huishulpe hoef nie tydens die tydperk van afsondering te werk nie en hulle werkgewers is onder geen verpligting om hulle te betaal vir die tydperk wat hulle nie kan werk nie. Mngoma sê huishulpe word nie as noodsaaklike werkers beskou nie, en daarom moet daar in die tye onderhandelings wees tussen werkgewer en werknemer. Hy sê werkgewers kan huishulpe vroeër betaal, hoewel die wet die nie voorskryf nie. Hy sê die doel van afsondering is om kontak tussen soveel mense as moontlik te beperk.

 

Die Limpopo-regering het ‘n span na die N-een by die Mantsole-brug tussen Pienaarsrivier en Bela Bela ontplooi om reisigers te skandeer wat die provinsie binnegaan. Die LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, moedig reisigers na Limpopo aan om hulle af te sonder wanneer hulle by hul bestemmings aankom. Sy sê die departement het ná President Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand gevind dat baie mense wat in ander provinsies werk, na hul huise in die provinsie terugkeer om die afsonderingstydperk daar deur te bring.

 

Die twee Duitse toeriste wat positief getoets het vir die Coronavirus in St. Lucia in KwaZulu-Natal, is in isolasie by ‘n hospitaal in die gebied. Die twee was deel van ‘n groter groep wat die naweek op ‘n plesierboot gevaar het. Die LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane-Zulu, sê hulle wag op die uitslae van die ander toeriste wat ook getoets is.

 

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize sê hy is vol vertroue dat Suid-Afrikaners sal voldoen aan die regulasies van die nasionale staat van inperking, veral oor die Paastydperk. President Cyril Ramaphosa het gisteraand ‘n landwye afsondering van drie weke aangekondig om die verspreiding van die coronavirus te stuit. Dit sal om middernag Donderdag in werking tree. Dit volg terwyl die getal bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika tot 554 gestyg het. Mkhize het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om nie tydens die Paastyd te reis nie.

 

Die Minister van Klein Sake-ontwikkeling, Khumbudzo Ntshaveni, het berigte ontken dat slegs klein sake-ondernemings in swart besit finansiële hulp sal ontvang te midde van die Covid-19 pandemie. Dit volg nadat ‘n skermgreep van ‘n dokument op sosiale media versprei is wat aandui dat 51-persent swart besit ‘n vereiste is vir hulp vir klein, medium en mikro-ondernemings. Ntshaveni het by ‘n mediakonferensie in Pretoria aangedui dat dit fopnuus is. Sy sê alle klein sake-ondernemings sal vir hulp oorweeg word.

 

Die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, sê die Mededingingskommissie ondersoek elf maatskappye wat glo pryse van produkte soos gesigmaskers, handskoene en handontsmettingsmiddels verhoog het te midde van die coronavirus-pandemie. Patel het by ‘n mediakonferensie in Pretoria herhaal dat maatskappye wat die publiek uitbuit deur pryse van noodsaaklike items te verhoog, beboet kan word of selfs tronkstraf opgelê kan word.

 

Inwoners van die Dalton-hostel in Durban het hul dank uitgespreek aan die plaaslike sakesektor vir bystand te midde van die coronaviruspandemie. Die SAUK het verlede week berig oor die haglike omstandighede waarin inwoners moes woon en hul kommer oor die virusuitbreking. Van die probleme wat uitgelig is, sluit in oorbevolking en watertekorte. Die inwoners sê in die stadium is hul grootste prioriteit om skoon te bly.

 

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sê twee pasiënte wat positief getoets het vir die coronavirus, is in waakeenhede van privaat hospitale opgeneem. Die getal bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika, het sedert gisteraand tot 554 gestyg. Mkhize het by ‘n mediakonferensie in Pretoria gesê hulle verwag dat die bevestigde gevalle in die land verder sal styg. Hy sê egter die meeste van die mense wat positief getoets het, is in ‘n goeie toestand en talle ervaar nie meer simptome nie en word tuis behandel. Geen sterftes weens Covid-19 is nog in Suid-Afrika aangemeld nie. President Cyril Ramaphosa het gisteraand ‘n nasionale afsondering van drie weke aangekondig om die verspreiding van die virus te probeer stuit.

 

Die Minister van Landbou, Thoko Didiza sê die land het genoeg kosvoorraad te midde van die coronavirus-pandemie. Dit volg terwyl daar vanoggend lang toue by sommige winkels in Johannesburg was ná president Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand. Didiza het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om nie paniekaankope te doen nie. Sy sê landbou-voedselproduksie sal voortgaan.

 

 Die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, het nuwe regulasies onderteken wat kommersiële banke en winkelsentrum-eienaars in staat sal stel om ondernemings, wat finansieel swaarkry, by te staan te midde van die verwoestende invloed van die coronavirus. Patel het aan die media in Pretoria gesê die koördinering sal banke in staat stel om inligting te deel en betalingsvakansies en skuldverligting beskikbaar te stel vir mense wat dit nodig het. Hy sê die koördinering van eienaars van winkelsentrums sal help voorkom dat ondernemings permanent hul deure moet sluit.

 

Die president van Netbal Suid-Afrika, Cecelia Molokwane, het positief getoets vir die coronavirus. Sy het bevestig dat sy vanoggend die toetsuitslae ontvang het, en dat sy in self-afsondering is. Molokwane het na Skotland en Brittanje gereis vir raadsvergaderings van die Internasionale Netbal-federasie. Suid-Afrika is die gasheerland van die volgende Netbalwêreldbekertoernooi in 2023. Volgens Molokwane toon sy geen simptome nie, maar neem alle nodige voorgsorgmaatreëls.

 

Ekonome het gewaarsku dat die rand in die komende dae uiters swak sal bly namate die impak van die coronavirus op internasionale markte bly spook. Die hoofekononoom van Standard Bank, Goolam Ballim, sê die rand kan binnekort teen 18 rand vir ‘n dollar verhandel. Ballim sê daar heers groot risikovermyding in die markte en beleggers verkoop tans bates in ruil vir kontant. Aangesien Suid-Afrika ‘n ontluikende mark is met ‘n wesenlike kommoditeite-komponent en een wat reeds swak presteer het voor die uitbreking van die virus, word die land veral deur beleggers vermy, wat die rand kwesbaar maak.

 

Die Desmond en Leah Tutu-nalatenskapstigting het die regering geprys vir die dapper maatreëls wat gisteraand aangekondig is om die coronavirus te stuit. Die stigting sê die regering het beslissende leierskap getoon met die stigting van ‘n fonds om lewens te red en die ekonomie te ondersteun. Die stigting het ook die landwye afsondering en voorbereiding van kwarantynsentrums verwelkom. Die stigting het die Oppenheimer- en Rupert-families bedank vir die ruim skenkings van ‘n miljard rand elk aan die spesiale Covid-19-fonds.

 

Die getal Covid-19-infeksies in Suid-Afrika het skerp gestyg tot 554. Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize het dit in Pretoria bekend gemaak waar ministers van die nasionale bevelsraad die media toespreek oor die regering se ingryping in die stryd teen die virus. President Cyril Ramaphosa het gisteraand ‘n nasionale afsondering van drie weke aangekondig. Dit begin Donderdag om middernag.

 

Die DA het die totstandkoming van die Solidariteitsfonds verwelkom. Die fonds is bedoel om mense by te staan wie se lewens deur die coronavirus-pandemie ontwrig is. President Ramaphosa het dit gisteraand aangekondig. Ramaphosa het ook ‘n beroep op die publiek gedoen om ‘n bydrae tot die fonds te maak.

 

Die vervoerwerkersorganisasie Qina het pakkies aan taxibestuurders uitgedeel om die verspreiding van die coronavirus te keer. Die pakkies bevat ontsmettingsmiddel sodat pendelaars hul hande kan ontsmet voordat hulle in taxi’s klim. Die organisasie sê hy sal alles in die stryd werp om seker te maak dat die publiek en taxibestuurders veilig is.

 

Die alkoholbedryf in Suid-Afrika het ‘n beroep op handelaars gedoen om by die handelsure te hou soos deur die regering voorgeskryf. Dit volg in reaksie op die 21 dae van afsondering wat deur president Cyril Ramaphosa afgekondig is. Die bedryf het ook aangekondig dat hy 40 duisend liter alkohol vir die vervaardiging van ontsmettingsmiddel gaan skenk. Die land ervaar tans ‘n tekort aan ontsmettingsmiddels met ‘n alkoholbasis.

 

Finansiële kenners het ook gemaan dat mense gehoor gee aan talle versoeke om nié geldelik in die moeilikheid te beland, voordat die 21 dae afsonderingstydperk in werking tree nie. Dit volg te midde van mense wat vroegoggend by winkels in Johannesburg tougestaan het om noodsaaklike produkte aan te skaf. ‘n Afdelingshoof by Ou Mutual, John Manyike, het mense gevra om nie paniekaankope te doen nie, en sê dit is onnodig om voorraad op te gaar omdat die kleinhandelsektor uiters plooibaar is. President Ramaphosa het gisteraand opnuut beklemtoon dat daar voldoende voorraad van alle benodighede sal wees.

 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, SANEF, sê hy gaan die regering nader om duidelikheid te kry oor die presies watter kategorieë van mediawerkers uitgesluit word van die nasionale afsondering. SANEF verwelkom die feit dat die media deel is van die groep wat vrygestel is van die inperkingsmaatreëls, en sê dit sal verseker dat belangrike inligting aan die publiek versprei word in die stryd teen die virus. Die uitvoerende direkteur van SANEF, Kate Skinner, sê hulle sal vandag meer inligting by die Presidensie en die Kommunikasiediens ontvang.

 

Die owerhede in die Chinese stad Wuhan het aangekondig dat die stad se afsondering op 8 April opgehef sal word. Slegs 18 gevalle is die afgelope 24 uur aangemeld. China het tot dusver meer as 81 duisend gevalle van Covid19 aangemeld. Meer as drie duisend is aan die siekte dood. Wuhan het vir byna ‘n week geen nuwe gevalle aangemeld nie.

 

 Thailand is die jongste land wat weens die coronavirus-pandemie ‘n maand lange noodtoestand verklaar het. Die regering het versoek dat die Thaise bevolking kalm moet bly en gesê die maatreëls sluit in klokreëls en kontrolepunte om die beweging van mense in te perk. Die owerhede in Thailand word gekritiseer omdat hulle nie vinnig genoeg opgetree het sedert die virus verlede maand in die land verskyn het nie. Vier mense is dood en byna 900 het reeds positief getoets.

  

Die bekende sanger en saxofoonspeler van Kameroen, Manu Dibango, het in Parys gesterf nadat hy Covid-19 opgedoen het. Die 86-jarige Dibango het bekend gestaan as “Papy Groove” en het onder meer saamgewerk met Ladysmith Black Mambazo en die Amerikaanse musikant, Herbie Hancock. Sy unieke mengsel van jazz, funk en musiek uit sy geboorteland het musiekgroepe soos Cool & The Gang in die sewentigerjare en hip-hop in die negentigerjarige geïnspireer. Dibango het in 2009 musikante soos Michael Jackson en Rihanna hof toegesleep omdat hulle na bewering van sy lirieke sonder sy toestemming gebruik het. Hy het uiteindelik buite die hof geskik.

  

Die daaglikse dodetal in Spanje weens die coronaviruspandemie styg steeds ondanks die land se verskerpte maatreëls om Covid-19 te probeer bekamp. Meer as 500 mense is die afgelope 24 uur dood, wat die meeste sterftes op een dag in dié land is. Die infeksiekoers in Spanje het intussen met 20 persent gestyg en die sterftesyfer staan op bykans twee-duisend-700. Die meeste ongevalle kom in Madrid voor, waar ‘n reuse konferensiesentrum in ‘n hospitaal omskep moes word weens oorvol hospitale.

 

Spaanse soldate het op bejaardes in tehuise afgekom wat heeltemal alleen gelaat is. Sommige is dood in hul beddens aangetref. Die ministerie van verdediging sê ‘n ondersoek is van stapel gestuur en die weermag is ingeroep om te help om bejaardetehuise te ontsmet. Die owerhede sê intussen ‘n ysskaatsbaan in Madrid sal as tydelike lykshuis gebruik word vir slagoffers van Covid-19. Spanje het gister ‘n rekorddodetal van 462 aangeteken. Dit bring die totale sterftes in dié land op meer as 2-duisend te staan. Sowat 35-duisend mense in Spanje is reeds met die virus besmet.

 

Italië se dodetal weens Covid-19 het pas met 743 sterftes gestyg nadat dit die afgelope twee dae ‘n daling getoon het. Altesaam ses-duisend-820 mense is nou reeds aan die siekte dood, wat die hoogste sterftesyfer ter wêreld is. Meer as 64-duisend mense in Italië het positief getoets vir die coronavirus, hoewel duisende mense in dié land weens beperkte geriewe nie getoets kan word nie. Die regering vergader weer dié week om oor verskerpte maatreëls te besluit.

 

Die organiseerders van die Tokio Olimpiese Spele het ooreengekom om die geleentheid vir ‘n jaar uit te stel weens die coronavirus-pandemie. Die eerste minister van Japan, Shinzo Abe sê die Internasionale Olimpiese-komitee het tot die uitstel ingestem. Die 2020 Spele sou van 24 Julie tot 9 Augustus plaasgevind het en sal na verwagting op die laatste teen dieselfde tyd aanstaande jaar plaasvind. Die Paralimpiese Spele word ook uitgestel. Die Olimpiese Spele is nog nooit uitgestel nie, maar is tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorloë drie keer gekanselleer.

Suid-Afrika is aangewys as een van 10 lande ter wêreld wat betrokke is by projekte om doeltreffende en effektiewe middels te ontwikkel teen die koronavirus wat ’n pandemie geword het. Die Verenigde Nasies se afdeling Wêreld Gesondheid Organisasie het tien lande gevra om die mees effektiewe middel te ontwikkel vir die behandeling van infeksie deur die koronavirus. Die span wetenskaplikes, onder leiding van Prof. Helen Rees, verbonde aan Wits Universiteit waar sy aan die hoof staan van die Gesondheid en HIV Instituut, sal glo navorsing doen soos wat sy voorheen gedoen het met die Ebola virus. Intussen is verneem dat die VSA reeds in samewerking met Duitsland, belangrike navorsing begin het, terwyl ’n ander instansie besig is met toetse om te bepaal of die anti-malaria entstof nie die suksesvolle middel kan wees nie.

’n Span deskundiges is glo ingespan om deurlopende analises te trek en vooruitskouings te maak wat aangewend kan word om die opbou van projeksies gereed te kry oor virus verspreiding in die land. Dit sal glo aangewend kan word om vas te stel wat die virus se “roete” gaan wes, en kan dan gebruik word om nuwe strategie en beplanning te doen om verspreiding te verminder. Klaarblyklik is dr. Moultrie in beheer van die span sal wees wat ook ’n senior geneeskundige is by die Tuberkulose Sentrum. Die eerste analise is egter deur prof. Juliet Pulliam en Jeremy Bingham, ’n student wat in sy meestersgraad studiejaar is, gedoen. Professor Cheryl Cohen is glo ook betrek om insette te lewer.

Die vakbond, Young Nurses Indaba Trade Union, het alarm gemaak dat verpleegpersoneel en baie dokters wat die land se sogenaamde frontlinie vorm om koronavirus te beveg, hoegenaamd nie opgelei is daarvoor nie. Die vakbond sê die verpleegpersoneel is in geen stadium behoorlik ingelig  oor hoe om die krisis te hanteer nie. Die verpleegpersoneel voel dat hulle in die lig daarvan, eintlik op ’n “selfmoord sending” is wanneer hulle aan dien is om pasiënte met infeksie te verpleeg. Volgens die vakbond het die meerderheid klinieke en hospitale nie die vaagste benul oor die minimum vereistes wat nagekom moet word om beskerm te bly teen moontlike infeksie nie.

Bronne: SAUK & Vryburger


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply