Oggendboodskap 14 Januarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Goeie môre, barmhartige God! Ons loof U heilige Naam! Wondersoet is U teenwoordigheid wat om ons vou wanneer ons sondevry na belydenis U troonkamer betree. Lof vul ons harte en spoel oor ons lippe, want U is ’n goeie God, Here, gewillig om uit te red uit elke gevaar en omstandigheid. Ons het in U die werklike Bron tot wie alles en deur wie alles ontstaan het en in standgehou word gevind en dit is die krag waarmee ons gekonfronteer word wanneer ons na U nader. En dis hierdie krag, Here, wat U tot ons beskikking stel as ons net sal glo… As ons net sal glo dat U by magte is en as ons dit glo, net sal glo dat ons geregtig is op U beloftes omdat Jesus Christus ons geregtigheid is en daarom wil U doen wat U belowe het, vir elkeen wat U aangeneem het. As ons net wil glo dat die reddingswerk van die Lam nie net was om ons uit die hel te ruk nie, maar om ons elke omstandigheid te draai tot ons voordeel. Ons sal U mag sien nie net wanneer Jesus op die wolke verskyn nie , maar elke keer wanneer ons ons op u Naam beroep en gered sal word! U is ondeurgrondelik en onbeskryflik, pragtig in U weë, denke en liefde en ons kan nie anders, Here, ons het U lief. In Jesus naam. Amen

Romeine 1:16-17

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply