Onderhoud met Louis R Rautenbach

Boek: Sy lewe vir Sy liggaamte koop op die boekwinkel by www.marleo.co.za

Resensie Sy lewe vir Sy liggaam

Neem ʼn reis saam met die apostels deur hulle lewens, oorwinnings en lyding. Ervaar die Heilige Gees se werking in hulle en wees ʼn getuie tot hulle wonderwerke en reise.

Word ingetrek in die Ou Testament met die voorspellings van Jesus se geboorte, Sy dood en opstanding, en sien die Bybel in ʼn maklike verstaanbare perspektief. Beleef die Apostels se vervolging deur hulle eie oë, en ondervind die vreugde en liefde wat hulle vir hul gemeentes gehad het.

Die skrywer slaag daarin om die gebeurtenisse en handelinge in die Bybelse tyd akkuraat en maklik verstaanbaar weer te gee. Die gebeure word vars en lewendig uitgelê en dit voel of mens deel word van die verhaal. Veral Paulus se lewe word op ʼn breedvoerige en maklike verstaanbare wyse uiteengesit. Sy lewe, van vervolger tot vervolgde, word effektief en suksesvol in storie vorm weergegee en aandag aan die fynste besonderhede word deurgaans verskaf.

Sy lewe vir Sy liggaam is ʼn insiggewende en akkurate reis na die donkerste uithoeke van die Apostels se stryd en opofferings, maar terselfdertyd ook n gedetailleerde weergawe van hulle oorwinnings en suksesse.

Definitief ʼn sukses verhaal en ʼn moet om te lees! Baie geluk met ʼn meesterstuk!

Drs. Frans en Sariet Nortje

Keerpunt berading netwerk

Louis Rautenbach is op ‘n plaas op Jessievale in Mpumalanga gebore.  Volgens hom is sy beste herhinneringe uit sy kinderdae van die tyd wat hulle op ‘n suikerrietplaas op Mkuzi in KwaZulu Natal gewoon het. Rautenbach het sy Hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Carolina voltooi waarna hy Pretoria toe verhuis het waar hy ‘n voltydse betrekking by die staatsdiens aanvaar en deeltyds studeer het.  Omdat hy in daardie tyd ook saans en naweke, buiten sy voltydse werk, in kroeë by klubs en by troues gewerk om sy finansiële posisie te verbeter. Hy het eers ‘n kwalifikasie in kredietbestuur bekom waarna verskeie telogiese- en beradingskursusse voltooi is. Daarna het hy by geestelike werk in die gevangenisse betrokke geraak en het twee maal per week Bybelstudie en berading in die gevangenisse aangebied. Louis is in 2012 georden waarna hy ook begeleiding en berading by die berugte Van Stadensbrug op die N2 gedoen het. In hierdie tyd het Louis so groot hart vir mense en hul probleme en uitdagings ontwikkel en kon hy dikwels vereenselwig en sodoende met empatie met mense omgaan.  Wat die skrywery betref, onthou hy dat hy reeds van 10 jarige ouderdom ‘n aktief begin korrespondeer het. Omdat sy ouers geskei is toe hy 8 jaar oud was en die kinders hul pa min gesien het, het hy gereeld aan sy pa en ouma geskryf. Op skool het ek baie goeie punte vir opstelle en briewe gekry en hy reken dat skryf nog altyd in sy bloed en deel van sy menswees was. Louis het as jong man pas na skool dikwels probeer om artikels en kortverhale te skryf en dit gewoonlik na voltooiing in die vuilisdrom gegooi of verbrand. In 2009 het hy begin om kortverhale onder ‘n skuilnaam te skryf en het wonderlike terugvoer geky, tot so mate dat dit hom aangespoor het om sy hand aan ‘n boek te waag. Sy eerste boek Spieëlsplinters het in 2012 die lig gesien. Die belangstelling in en reaksie op die boek was ongelooflik. Hierdie uitstekende oorgangsboek (geskik vir tiener sowel as volwasse lesers ) het vining uitverkoop. Saam met hierdie boek het hy terselftertyd ook geskryf aan die boek Oorsprong van Smarte. Ou bekende Bybelverhale is geneem en emosies in die karakters ingeskryf om lekker leesbare stories daarvan te maak. Weereens het hy wonderlike terugvoer daarop gekry en mense het hom selfs op kantoor besoek om te sê dat hulle vir die eerste keer die Bybel verstaan, of dat hulle nou eers besef dat die mense waarvan daar geskryf word, dieselfde uitdagings en behoeftes as ons gehad het. Die boek is in 2013 uitgereik. Tydens die skryf van die boek is Louis se broer oorlede, en was hy juis besig met die hoofstuk van Dawid en Jonatan. Hy het besef dat hier iets dieper in die verhaal van Dawid en Jonatan is, en die boek My Vriend My Broer het die lig gesien 2015. Weereens is die boek veral deur teoloë goed ontvang. Vroeg in 2014 het hy egter ook ‘n boek tot eer van sy pa geskryf: Soveel JAre wat oor 60 jaar strek en oor 4 lande reis. ‘n Lekker lees boek. Die boek is opgevolg deur die boek Sy Lewe vir Sy Liggaam. Nadat My Vriend My Broer bekendgestel is, het kenisse gevra of ek nie ‘n boek oor die Handelinge tydperk het nie. Net daar is die boek geïnspireer en het ek daaraan begin skryf. Die boek is gelykertyd saam met Die Bodemlose Kruik geskryf wat albei in Desember 2016 in die Boland in die Weskaap bekendgestel is. Sy Lewe vir Sy Liggaam verwys na Jesus wat Sy lewe vir Sy kerk afgelê het. Doktors Sariet en Frans Nortjé (doctors in teologie) van KBN het ‘n wonderlike resensie geskryf en die boek bestempel as ‘n meesterstuk. Dit bevat ‘n groot deel van die verhaal van Jesus en die ontstaan, groei en onderdrukking van die kerk, en eindig waar die kerk na 312 jaar van vervolging ontban is. ‘n Wonderlike storie met baie lering daarin. Die boek Die Bodemlose Kruik verwys na die weduwee se kruik wat heeltyd vars olie gegiet het en nooit leeg geraak het nie. Louis wou wys dat die Woord altyd nuut en vars is en nooit leeg of vevelig raak nie. Dit is weereens in verhaal vorm geskryf wat dit ‘n lekker leesboek maak wat baie lering bevat. Daarna het Skasuwees, wat op 25 Februarie 2017 in Pretroia bekendgestel word, die lig gesien. Dit gaan oor die geestelike en bonatuurlike sintuie en gawes, weereens in storieformaat. Louis is tydens die skryf hiervan deur Petro Greeffe genooi om ‘n SADAG vergadering op Wellington in die Kaap toe te spreek. Net daar is die boek Die Son Kom Op geïnspireer. Louis het besef watter uitdagings die mense met selfdegeslag oriëntasie die hoof moet bied, hoeveel mense daaroor selfdood pleeg en selfs na alternatiewe aanvaarding wend.

Hy  is getroud met Marie,hulle  het een seun ook Louis wat nou 30 is, en het ‘n pragtige skoondogter Jessica-May, en twee lifelike kleinkinders: die 10 jarige Leoné en 5 jarige Jean-Louis. Hulle  woon op Jeffreysbaai in die Oos Kaap waar hy steeds ‘n veeleisende voltydse beroep beoefen

You can pay for the book via PayPal via creditcard or debitcard you do not need to have a PayPal account. Kindly use the form at the bottom to make your payment The equivalent amount USD 15  On receipt of the payment the book will be posted to you to the postal details supplied by you.  We thank you for your order

 


Please follow and like us:

Leave a Reply