Piesangbrood

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Piesangbrood
Hierdie heerlike klam piesangbrood is maklik om te maak. Sit dit voor saam met ons witsjokoladebotter vir ’n ongewone kinkel.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 min.
Bak: 40 min.
2 ryp piesangs, fyngemaak
2 eiers
180 ml (¾ k) melk
60 ml (¼ k) olie
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
500 ml (2 k) meel
250 ml (1 k) bruinsuiker
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn kaneel
*WITSJOKOLADEBOTTER*
150 g botter, by kamertemperatuur
100 g witsjokolade, gesmelt
2 ml (½ t) fyn kaneel
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 25 x 12 cm. 2. Meng die piesangs, eiers, melk, olie en vanielje-ekstrak in ’n middelslag-bak. 3. Meng die meel, suiker, bakpoeier en kaneel in ’n ander bak. 4. Klits die nat bestanddele by die droë bestanddele in tot goed gemeng. Giet dit in die gesmeerde broodpan en bak 40 minute of tot gaar. 5. *Witsjokoladebotter: *Klits die botter met mening in ’n groot bak en klits dan die sjokolade en kaneel in tot goed gemeng. Verkoel in die koelkas tot effens verhard. Sit voor saam met die piesangbrood.
Deur Huisgenoot Digitaal  17 Junie 2014

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply