Potgooi – Nuus- en Weerberig 14 Desember 2017

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Aangebied deur Corrie Weeksdae om 9vm

Klik HIER om weer te Luister

KENNISGEWING.

1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
4. Die radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Gupta’s het in 2010 reeds eise gestel

December 14, 2017 – 

Ajay Gupta het reeds in 2010 aangedring op ‘n oorbetaling van R600 miljoen vanaf die regering se Kommunikasie en Informasie Sisteem(GCIS).

Hierdie inligting is onthul deur Thema Maseko, die vorige kommunikasiehoof  van GCIS.  Dit was op daardie stadium die totale advertensiebegroting van die departement.

Ajay was bewus van die bedrag en het geëis dat die bedrag oorbetaal word. Sou daar probleme wees, sou hy enige minister oproep na sy (Ajay) se huis om die saak uit te klaar.

Maseko is na sy weiering twee maande later gepos en vervang met Mzwanele Manyi, die huidige eienaar van die New Age en ANN7.

Die Vryburger 14 Desember 2017

Zuma kry weer bloedneus in hof

Die hooggeregshof in Pretoria het die ANC staatshoof, Jacob Zuma, se aansoek om die vorige Openbare Beskermer se aanbevelings oor staatskaping te hersien, van die hand gewys.

Regter Dunstan Mlambo sê die aansoek was roekeloos en op slegte advies gedoen.  Hy het ook in sy uitspraak gesê dat dit ‘n vertragingstaktiek is.  Hy het ook bevind dat Zuma persoonlik aanspreeklik moet wees vir die regskoste in die aansoek om die staatskaping verslag te stop.

Die regter het verder bevind dat Zuma gekompromitteer is deur die verslag en “persoonlike belang” in die uitslag van die ondersoek het. Verder toon die verslag dat Zuma as sentrale figuur na vore kom.

Daar moet nou binne 30 dae ‘n regterlike kommissie na staatskaping aangestel word en die hoofregter, Mogoeng Mogoeng, moet ‘n regter aanstel wat die ondersoek sal lei.  Die opdrag moet dan binne 180 dae voltooi word.

Zuma se koste kan na beraming tot R1,5 miljoen beloop, en daar word reeds bespiegel dat die Guptas dit kan betaal of voorskiet, omdat hulle sentraal staan in die hele sage.

As Zuma nie gaan appelleer nie sal hy nog ses maande grasie hê voor hy moontlik in die beskuldigdebank gaan verskyn.

Die radikale ANC Jeugliga in KwaZulu-Natal het intussen regters daarvan beskuldig dat hulle hofuitsprake gebruik om te probeer beïnvloed wie verkies word by die ANC se nasionale konferensie wat die naweek by Nasrec in Johannesburg begin.  Die Jeugliga sê “regters moet wegbly van ANC politiek af en hulle hou by regskwessies.”

Die Vryburger 14 Desember 2017

 

Gauteng kry 862 nuwe ambulanse

Die LUK vir Gesondheid, Gwen Ramokgopa, het aangekondig dat 862 ambulanse toegevoeg is by die vloot van ambulanse, wat die totaal in die provinsie op 1 268 te staan bring.

Dit is ‘n vergroting van bykans 67% van die vloot wat beteken dat die provinsie met slegs ongeveer 400 ambulanse gewerk het tot nou.

Daar is egter vrae rondom die beskikbaarheid van opgeleide bestuurders en mediese personeel vir die ambulanse, en daar word vermoed dat nie almal operasioneel gaan wees nie, en dalk selfs vir ander werk gebruik kan word as vir mediese noodgevalle.

Gesondheidskundiges is nie optimisties dat die ambulanse enige verligting gaan bring nie, in die lig van die ellendige toestand in die meeste staatshospitale.

Die Vryburger 14 Desember 2017

 

Pasop vir kubermisdaad

Die publiek word gewaarsku dat sou hul aankope doen deur middel van hulle loopfone, tablette, skootrekenaars en rekenaars, hulle die gevaar loop van aanlyn “aanvalle”.

Die IT groep Dimension Data het die waarskuwing uitgereik.

Vals webtuistes wat geskenkkaarte uitreik en spesiale vakansie aanbiedinge het, kan ‘n persoon lok na onbetroubare webtuistes wat ‘n persoon se toestel kan kompromitteer.

Die publiek word ernstig gewaarsku daarteen om enige inligting rakende kredietkaart besonderhede en persoonlike identifikasienommers aan enigeen te verskaf.

Die Vryburger 14 Desember 2017

 

Denel verkoop 12 Cheetah vegvliegtuie

Die wapenvervaardiger Denel het ‘n ooreenkoms aangegaan met die VSA gebaseerde Draken International vir die verskaffing van 12 supersoniese Cheetah vegvliegtuie.

Draken besit die grootste privaat vloot van taktiese vliegtuie.

Die koste van die kontrak is nie bekend nie.

Die Vryburger 14 Desember 2017


 

Be the first to comment

Leave a Reply