Potgooi – Nuus & Weer 10 Augustus 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 10 Augustus 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Daar was ‘n plaasmoord Donderdag by Rooiwal in Gauteng. Die bejaarde ma was aangerand deur drie aavallers en in die huis se gang agtergelaat. Die seun het wakker geword en daarin geslaag om een aanvaller te besweer voordat een van die aanvallers hom doodgeskiet het. Die ma het daarin geslaag om die bure te kontak. “n foon en ‘n skootrekenaar is gesteel

In nog ‘n aanval Donderdag by Honingnestkrans, naby Pretoria.

Het drie aanvallers deur ‘n deur gebreek en ‘n man in sy bed doodgeskiet. Daar is ‘n moontlikheid dat die slagoffer daarin kon slaag om een van die aanvallers te wond voordat hy dood is want daar was heelwat bloed buite die huis.

 

Tydens ‘n gewapende roof by Waterval Park in Midrand is die sekuriteits wagte oorval deur 2 mans, ontwapen en vasgebind. ‘n Trok met die aanvallers se medepiligtiges het met ‘n trok die perseel ingery waarna hulle meer as R1 miljoen rand se solar panele gesteel het.

 

On ‘n Plaasaanval vanoggend by Syferbult by Koster het die aanvallers die slagoffers vagebind en die huis beroof waaronder ‘n wit Toyota Fortuner met reg FVK560NW en wapens en amunisie is. Wees op die uitkyk vir die voertuig en kontak jou naaste polisie stasie indien jy die voertuig opmerk.

 

Registreer asb op www.tlu.co.za vir die virtuele staptog teen plaasmoorde. Baie min mense het nog geregistreer. ASSEBLIEF doen dit en stuur aan al jou kontakte. Kyk bo aan tlu se webwerf is sulke langwerpige venstertjies oor oa eiendomsonteiening. Een daarvan is plaasmoorde met 2 rooi hande daaroor.

 

Die polisie ondersoek die verbintenis van 2 moorde in Mei waar ‘n verbrande lyk ontdek is in Putfontein naby Benoni nadat ‘n kop in ‘n septiese tenk op ‘n Kleinhoewe in Benoni ontdek is. Onwettige vuurwapens en amunisie is ook gevind. Twee broers is inhegtenis geneem i.b.m die voorval terwyl die polisie die saak ondersoek.

 

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 9 Aug 2020:

Wêreldwyd: Gevalle 20 026 186 Sterftes:  734 020 Herstel: 12 900 661 met 64 827 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 559 859 en die sterftes in SA na 10 408 Intussen het 411 474 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 137 977 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 3 250 583. SA is steeds die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad, SANAC, sê hy is bekommerd oor ‘n moontlike toename in MIV-gevalle ná die coronavirus-pandemie. Die organisasie sê die coronavirus pandemie het sy MIV-, tuberkulose- en malariaprogramme ernstig in gedrang gebring. SANAC se waarnemende bestuurshoof, Coceka Nogoduka, sê dit is belangrik om volgehoue dienste aan mense met MIV en tuberkulose te verskaf.

 

Die ANC se Integriteitskomitee in Gauteng begin vandag met sy ondersoek na lede wat na bewering by Covid-19 tenderongerymdhede betrokke was. Lede wat betrek word sluit in die presidensiële woordvoerder, Khusela Diko, en Gauteng se LUR vir Gesondheid, Bandile Masuku en sy vrou, Loyiso. Hulle is almal met verlof nadat hulle betrek is by ‘n omstrede tender van 125 miljoen rand vir beskermende toerusting.

 

Ses mense is dood in ‘n botsing oornag op die R27 naby Silwerstroom aan die Kaapse Weskus. Een van die voertuie wat by die botsing betrokke was, het uitgebrand. Die pad was vroeër gesluit vir opruimingswerk, maar is intussen heropen.

 

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek ‘n voorval waar ‘n man na bewering weens polisieoptrede in Port Elizabeth dood is. Lede van die Blitspatrollie het na bewering probeer om ‘n motor van die pad te trek toe dit versnel het. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en op die polisie geskiet terwyl hy te voet probeer vlug het. Die polisie het teruggeskiet en die man is noodlottig gewond. ‘n Woordvoerder van OPOD sê forensiese toetse word op die polisiebeampte se wapen gedoen. Daar sal ook ‘n nadoodse ondersoek gedoen word.

 

Die voormalige leier van die IVP, Mangosuthu Buthelezi sê dit gaan goed met hom nadat hy positief getoets het vir die coronavirus. Die 91-jarige Buthelezi is tans in self-isolasie by die huis en sê hy ervaar geen simptome nie. Hy sê hy is aangeraai om getoets te word nadat hy in kontak was met iemand wat verlede week positief getoets het. Buthelezi sê hy word oorval met boodskappe wat hom ‘n spoedige herstel toewens.

 

‘n Verbyry-gedenkdiens is vir die Nelson Mandela Universiteit se uitvoerende dekaan van Gesondheidswetenskappe, professor Lungile Pepeta, gehou. Pepeta is Vrydagaand in ‘n hospitaal in Port Elizabeth oorlede nadat hy Covid-19 opgedoen het. Roubeklaers het by sy huis in Port Elizabeth verbygery om hul laaste eer aan die bekende pediatriese kardioloog te betoon. Hy is onlangs deur die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, as voorsitter van die Raad vir Mediese Skemas aangewys nadat sy voorganger, Clarence Mini, in Mei aan Covid-19 verwante oorsake dood is.

Hoewel die veldblomme in Namakwaland vanjaar weer eens skouspelagtig is, beteken die ontwrigting wat die coronavirus meegebring het, dat buitelandse toeriste nie vanjaar die blommeprag sal kan aanskou nie.. ‘n Toergids in die gebied, Ricardo Simon, sê die inperkingsmaatreëls het die toerismebedryf erg geknou.

 

Die Hoof Uitvoerende beampte van Telkom, Sipho Maseko, het die afgelope finansiële jaar sowat R21.8 miljoen huis toe geneem as vergoeding. Dit is ’n vermindering van neer as R1 miljoen vergeleke met die vorige boekjaar toe hy R23.2 miljoen ontvang het. Sy vergoeding vir 2020 se finansiële jaar bestaan ondermeer uit R8.8 miljoen aan gewaarborgde salaris vir die jaar, plus aandele ter waarde van R10.5 miljoen, en bykomende aandele van R2.4 miljoen. Daarbenewens is daar pensioen, motor versekering en selfs begrafnis voordele wat aan hom toegereken word. Hy het glo ’n verdere R5 miljoen meer in sekere aandele gekry, maar vanjaar het Telkom geen bonus toegeken nie. Van die ander seniors soos Deon Fredericks wat afgetree het, kon op daardie tydstip R26.1 miljoen huis toe dra, en Alphonzo Samuels het by aftrede R19.5 miljoen ontvang.

 

Die Regering voer die week samesprekings oor nuwe regulasies vir die grendeltydperk in SA.

Die Raad sal more 11 Augustus vergader om die verslapping van die reels te bespreek. Die Rampstaat verval Saterdag en daar word van president Ramapghosa verwag om die Land voor dan toe te spreek.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 6 Max 26

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min10 Max 26

Brits – Sonnig met ‘n Min 6 Max 26

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 6 Max 24

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 4 Max 20

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 2 Max 21

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 4 Max 25

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min -1 Max 16

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 2 Max 17

Upington – Sonnig met ‘n Min 4 Max 21

Durban –   Sonnig met ‘n Min 11 Max 24

Durbanville – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 8 Max 17

Oos-London – Bewolk met ‘n Min 11 Max 22

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 16

Port Elizabeth – Bewolk met ‘n Min 8 Max 18

Sutherland – Gedeeltelik bewolk met ‘n min 1 en max 12

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 6 en Max 27

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 3 Max 23

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 9 Max 29

 

Loer gerus rond op ons webwerf waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak my gerus Kontak my op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Die boek Plundering Ontbloot, Operasie Bakarhu, kan nou ook bestel word by Naledi vir aflewering deur Takealot, teen R1-50 by sms 48423. Sms bloot “Plundering” na 48423. Die prys is R200 plus Dan die R1-50 vir die sms. Ook beskikbaar in e-boek formaat by Amazone teeb R140.

Kuier saam op die webwerwe of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Afrikaans bly Groot saam met Arlene

15:00 –  Heruitsending van Treffers vanToeka tot nou saam met Ludwig

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
web https://netradiosa.co.za/

Tunein http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply