Potgooi – Nuus & Weer 11 Augustus 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 11 Augustus 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 10 Aug 2020:

Wêreldwyd: Gevalle 20 258 243 Sterftes:  739 176 Herstel: 13 189 392 met 64 690 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 563 598 en die sterftes in SA na 10 621 Intussen het 417 200 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 135 777 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 3 267 494. SA is steeds die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

 

Talle gebiede in veral Natal, Limpopo en Oos-Transvaal asook in Gauteng word hierdie week swaar getref met aanhoudende krag vermindering. Mense in die gebiede word gewaarsku om nie onverskillig te wees nie en moet selfs in die tyd van krag vermindering alle elektriese kragpunte as lewendig beskou. Die kragvoorsiener het aangekondig dat die krag vermindering wat sedert Maandag ingestel is, noodsaaklik is om oorbelading te voorkom in die hoë digtheid woongebiede waar krag onwettig van hoof kraglyne getap word. Eskom sê honderde krag verbruikers het die bestaande meters uitgesny uit onwettige koppelings te maak wat geen kragverbruik registreer op die meters nie, terwyl ander direk van die Eskom kragdrade hulle krag aftap wat dikwels lei tot gevaarlike aansluitings. Die krag verminderings vind plaas van 5.nm en kan duur tot 10 uur saams.

 

Die ekonomiese krisis van Suid-Afrika laat die ANC regering kyk na die moontlikheid om van die pensioene aan te wend om uit die skuldlas te kom, wat duisende mense raak. Suid-Afrika beskik nie oor die kragtige ekonome om so ’n gevaarlike stap te waag en duisende werkers se pensioengeld op risiko te plaas wat ’n massiewe armoede kan veroorsaak. Daar is ‘n nuwe wet ter tafel geneem wat ’n verskuilde klousule bevat wat die regering in staat stel om die pensioengeld te gebruik.

 

Twaalf lede van die polisie sal na verwagting vanoggend in die Kampton Park-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie. Hulle is verlede Vrydag by die OR Tambo Internasionale Lughawe aangekeer. Die verdagtes sluit drie adjudant-offisiere, nege sersante en ses konstabels in. Vyf ander verdagtes het hulle Vrydag aan die polisie oorgegee. Die verdagtes sal teregstaan op aanklagte van korrupsie en rampokkery. Intussen sal 17 verkeersbeamptes in die Petoria landdroshof verskyn. Die beamptes het na bewering omkoopgeld van motoriste op onder meer die N-1, N-4, N-14-hoofweë geëis.

 

‘n Vyfjarige seuntjie is so getraumatiseer, nadat hy en sy ma drie nagte in ’n polisiesel in Roodepoort aangehou is, dat hy begin hakkel het. Hy en sy ma was 3 dae in die selle saam met ander verdagtes aangehou en hulle is  vrygelaat sonder enige verduideliking of verskoning. By navraag het die polisieman wat hulle opgesluit het, gesê hy doen net sy werk. Die Gautengse polisiehoof het nou ’n dringende ondersoek gelas na die gebeure en die ma, Angela Hattingh (43), het ’n prokureur aangestel om haar te help om ’n eis teen die polisie in te stel. Ingevolge die Kinderwet mag geen kind onder enige omstandighede in polisieselle aangehou word nie.

 

Die 11-jarige Leo Williams is steeds in ‘n kritieke toestand in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad. Die seun is verlede week deur ‘n dwaalkoeël in die kop getref, terwyl hy by sy huis in Laignville in St Helenabaai, televisie gekyk het. Die voorval het tydens diensleweringsbetogings in die gebied plaasgevind. Die polisieondersoekdirektoraat ondersoek die voorval.

 

Die Nasionale Seereddingsinstituut en die Kaapstad-metro het ‘n waarskuwing aan strandbesoekers uitgereik, nadat die karkas van ‘n walvis op Langstrand in Kommetjie uitgespoel het. Branderplankryers en swemmers langs die Atlantiese Kusgebied word gevra om versigtig te wees, aangesien die karkas verhoogte haaiaktiwiteit in die gebied meebring.

 

Die Wes-Kaapse polisie het die naweek 7-honderd en 12 mense in hegtenis geneem vir verskeie oortredings waaronder moord, roof en handel in drank. Die kantoor van die provinsiale polisiekommissaris sê die polisie het beslag gelê op 517 liter drank, verskeie soorte dwelms, waaronder dagga, metamfetamien, heroïen en mandrax. Sowat duisend-500 boetes is uitgereik vir die oortreding van die Rampbestuurwet, waaronder die verkoop van tabakprodukte. Verskeie boetes vir verkeersoortredings is ook uitgereik.

Volgens die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasieleier Lein Schreiber het die ANC doelbewus die inkomste van minstens 3 miljoen werkers in die privaatsektor verwoes terwyl hy terselfder tyd verseker het dat staatsamptenare steeds hulle volle salarisse ontvang of hule werk of nie.

 

‘n Man  en ‘n vrou het Maandagoggend gesterf en hulle dogtertjie ernstig beseer toe hulle motor op die R500 tussen Parys en Focville teen ‘n vragmoter gebots het.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 Warmbad – Sonnig met ‘n Min 8 Max 26

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min12 Max 26

Brits – Sonnig met ‘n Min 7 Max 25

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 9 Max 22

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 8 Max 20

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 8 Max 23

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 8 Max 25

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min -1 Max 22

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 1 Max 25

Upington – Sonnig met ‘n Min 2 Max 22

Durban –   Sonnig met ‘n Min 13 Max 23

Durbanville – Bewolk met reënbuie met ‘n Min 9 Max 16

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 11 Max 26

Kaapstad – Bewolk met reënbuie met ‘n Min 12 Max 15

Port Elizabeth – Bewolk met ‘n Min 10 Max 24

Sutherland – Bewolk met ‘n min -3 en max 10

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 4 en Max 26

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 0 Max 21

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 9 Max 29

Besoek gerus ons webwerf  die radio ook speel ook en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en loer gerus rond daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak my gerus Kontak my op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Die boek Plundering Ontbloot, Operasie Bakarhu, kan nou ook bestel word vir aflewering deur Takealot, teen R1-50 by sms 48423. Sms bloot “Plundering” na 48423. Die prys is R200 plus Dan die R1-50 vir die sms.

Kuier saam op die webwerwe of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

 

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00- Boeke, Skrywers, Digters en Dinge met Fanie

Onderhoud oor Plundering Ontbloot met Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers
Luisterskakels vir die Radio:
web https://netradiosa.co.za/

Tunein http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply