Potgooi – Nuus & Weer 11 Julie 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 11 Julie 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om10:00(CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

Nuus

 

Gister oggend weer n voorval by Sundra brug gehad waar n voertuig gebreek het en 4 werkers gestrand was, 4 jonges het aangestap gekom, gestrandes het gedink hul sal dalk kom help, teendeel, 4 jonges het wapens uitgehaal die ander 4 oor N12 geneem na n bos waar hul gedwing was om al hul klere en skoene uit te trek waarna hul beroof is van hul selfone en ander eiendom. Dit is n gevaarlike strook pad met Etwatwa en Daveyton teenaan N12.

Agtien mense is in hegtenis geneem ná voortslepende betogings in die Tswaing munisipaliteit in Noordwes. Ontevrede inwoners van die Letsopa township het die R507 tussen Delareyville en Ottosdal versper en twee vragmotors en ‘n polisievoertuig is aan die brand gesteek. Die polisiewoordvoerder, Sam Tslenyane, sê die munisipale kantore in Ottosdal is vanoggend ook aan die brand gesteek. Die 18 verdagtes sal binnekort in die landdroshof op die dorp verskyn.

Eskom het ‘n ernstige versoek tot die publiek gerig om op te hou om onwettige kragverbindings te maak. Die kragverskaffer sê van sy transformators en substasies het die afgelope tyd herhaaldelik onklaar geraak omdat die onwettige verbindings ‘n oorlading van die netwerk veroorsaak, veral in Gauteng. Eskom se woordvoerder, Dikhatso Mothae, sê die onwettige verbindings sal kragonderbrekings veroorsaak.

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum, SANEF, sê hy veroordeel die voortdurende aanvalle op, en teistering en intimidasie van joernaliste. SANEF het sy skok uitgespreek oor die aanval op ‘n verslaggewer van Newzroom Afrika, Mweli Masilela, by Emalahleni in Mpumalanga. Masilela het die gebied besoek om inligting in te samel oor die dood van ‘n tienerseun wat in ‘n oop mynskag ingeval het. SANEF sê hy het ook verneem dat twee joernaliste, Mzilikazi wa Afrika en Piet Rampedi, ‘n klag by die Inspekteur-Generaal van Intelligensie ingedien het nadat hulle skynbaar agtervolg en hul fone afgeluister is. Die direkteur van SANEF, Kate Skinner, sê die optrede teen joernaliste is kommerwekkend en sy hoop die polisie sal die sake deeglik ondersoek.

 Die adjunk-minister van Kommunikasie, Pinky Kekana, het die SAUK-raad en die openbare uitsaaier se werknemers geloof vir hul harde werk om SAUK aan die gang te hou ondanks sy finansiële uitdagings. Kekana het tydens die departement se begrotingsdebat gesê die departement sal onverpoosd werk om toe te sien dat die SAUK die nodige hulp ontvang. Sy het gesê hulle het ook reeds beleidspunte geïdentifiseer wat dringend aandag moet kry om die regte omgewing vir die regrukplan te skep

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 10 Max 27

Nelspruit – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 12 Max 29

Pretoria – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 13 Max 25

Johannesburg – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 12 Max 22

Vereeniging – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 10 Max 26

Rustenburg – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 24

Bloemfontein – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 6 Max 22

Kimberley – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 10 Max 23

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 23

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 26

Upington –      Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 26

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 12 Max 17

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 14 Max 25

Sutherland – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 0 Max 20

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir ons ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ons direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

 

Geniet jou Donderdag saam Netradiosa

 

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – Gesondheid saam met Cathy

16h00 – Uit die Hart van die Boer saam met Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet

web https://netradiosa.co.za/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply