Potgooi – Nuus &  Weer 12 Augustus 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 12 Augustus 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Daar was gister middag ‘n plaasaanval by Verkeerde vlei. Dit is gelee tussen Bloemfontein en Ventersburg. Vrou is reeds om 15h00 aangeval maar dit is eers ontdek toe iemand haar gaan soek het omrede sy nie huis toe gegaan het nie. Haar bakkie n wit Mahindra reg FZK 182 FS is gesteel saam met n haelgeweer en 9mm pistool. Een van die aanvalles het vir haar gewerk. Hulle is gewapen.

Die politieke ontleders sê die toestande in Suid-Afrika verswak nou by die dag, en die haglike toestande stel inwoners nou op dieselfde vlak as in Zimbabwe. Met ’n polisiediens wat derduisende rondtes ammunisie verlore laat gaan sonder dat enige optrede teen die skuldiges beoog word, dui op die haglike veiligheid toestand wat heers. Die land se Weermag is sowat twee jaar gelede deur deskundiges geëvalueer en is bevind dat sy slaankrag nou niks beter is as wat dit in die dertigerjare van die vorige eeu was nie. Toe het die Lugmag meer vlieëniers gehad as wat tans in diens is nadat die bestes reeds die land verlaat het.

Die SA Polisiediens is in ‘n krisis.  Polisie beamptes word jaarliks getoets of hulle in staat is om vuurwapens te hanteer. Met die mees onlangse toets het bykans 9,000 beamptes die toets gedruip wat beteken dat hulle hul wapens moet inhandig.  Denel word blameer vir die swak vertoning weens ‘n tekort aan ammunisie  sê lt.genl. Elias Mawela. Volgens Denel bestaan ’n kontrak met SAPD wat verval het, en is hulle verpligtinge nagekom tot en met die kontrak verval het.   Nog meer skrikwekkend is die syfers wat toon dat  bykans 4,500 vuurwapens “verlore” geraak het sedert 2013 – dit is 640 wapens per jaar met 9,6 miljoen rondtes wat “weg geraak” het wat verklaar waarom die polisie beweer hulle het nie genoeg patrone nie. Verkragtings toets stelle ontbreek by 76% van die land se polisie stasies.  Moord statistieke toon dat in die tydperk April 2017 tot Maart 2018 daar 20,336 moorde plaasgevind het in die land .  Dit is bykans 60 moorde per dag!  .

Die tweede TV program reeks van die privaatspeurder Bolhuis is gestop nadat hy herhaaldelik na pikswart mense verwys het as “houtkoppe” en as “n*gg*rs”.Kyknet het dit noodsaaklik geag om die reeks te stop voor dit begin weens die gebruik van die twee woorde. Klaarblyklik is die nuwe reeks kort voor die begin van die eerste uitsending afgelas, en gaan dit waarskynlik nie weer aangebied word nie. Kenners van TV programme het gesê hulle is verbaas oor die optrede om die program te kanselleer, aangesien die gebruiklike “piep” met redigering ingebring kon word om die woorde te vervang. Die program sou op 31 Julie hervat word in ’n nuwe reeks, maar of dit hersien gaan word om geskik te wees vir uitsendings, is nie bekend nie.

Die kommissie van ondersoek na staatskaping sal na verwagting vanoggend sy verrigtinge in Parktown in Johannesburg hervat, na ‘n reses van twee weke. Die kommissie sal verdere getuienis aanhoor oor die Estina-suiwelplaas in Vrede in die Vrystaat. Meer as 220-miljoen rand se staatsfondse is aan die projek bestee. Die maatskappy Estina, wat bande met die Gupta-familie het, het die projek gelei wat veronderstel was om ontluikende swart boere te bevoordeel. Die kommissie het vroeër getuienis aangehoor dat van die gemeenskapslede wat gepraat het oor die beweerde korrupsie, doodsdreigemente ontvang het. Die landbou-ekonoom, David Andreas Maree, sal na verwagting getuig.

Die kommissie van ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie hervat ook vanoggend sy sitting in Pretoria. Die kommissie se verrigtinge is uitgestel weens ‘n staking deur werknemers van die Tshwane-busdiens in Pretoria. Dit is die laaste week wat die kommissie getuienis sal aanhoor, waarna ‘n verslag saamgestel sal word. Die finale verslag sal na verwagting in Oktober aan President Cyril Ramaphosa oorhandig word. Die voormalige bestuurshoof van die OBK, Dan Matjila sal vanoggend sy getuienis voortsit.

Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die speaker, Thandi Modise, bestudeer tans die Nomcgobo Jiba-hofdokumente. Jiba het haar intussen tot die Wes-Kaapse Hooggeregshof gewend om die Mokgoro-verslag wat haar as onbekwaam vir haar pos verklaar het, ter syde te stel. Sy wil ook verhoed dat die parlement die president se besluit om haar af te dank, bekragtig. Jiba se regsverteenwoordiger, Zola Majavu, sê Jiba wil ook hê dat haar salaris heringestel moet word, hangende die uitslag van die parlementêre prosesse.

‘n Metropolisiebeampte van Johannesburg is gisteraand in Vlakfontein, suid van Johannesburg doodgeskiet. Die beampte was nie aan diens nie. Nog ‘n persoon is doodgeskiet, in wat klaarblyklik ‘n rooftog was.

Inwoners van Butterworth in die Oos-Kaap het uit ontevredenheid oor die wateronderbreking bande en rommel aan die brand gesteek op die N2 en ook brande op verskeie plekke in die omgewing gestig. Die polisie se Eenheid vir Openbare Orde op Mthatha is na Butterworth gestuur om die plaaslike polisie te help om die brandende bande op die N2 te verwyder. Die polisie sê hulle monitor die situasie en die verkeersvloei is tans normaal. Die vlakke van damme in die Butterworth-omgewing is uiters laag weens die droogte, maar die watertoevoer is vermoedelik afgesny deur stakende munisipale werkers van die Amathole Distriksmunisipaliteit. Die wateronderbreking raak ook dorpe soos Adelaide en Bedford.

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Sonnig en baie warm later met ‘n Min 12 Max 30

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm later met ‘n Min 16 Max 35

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 17 Max 26

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 24

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 27

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 11 Max 28

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 3 Max 20

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 4 Max 19

Durban – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n Min 17 Max 19

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 19

Upington –      Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 4 Max 18

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reënbuie plek plek met ‘n Min 12 Max 15

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 17

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en vriesend koud met ‘n Min -2 Max 9

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

 Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Afrikaans bly Groot saam met Arlene

15:00 –  Heruitsending van Treffers vanToeka tot nou saam met Ludwig

17:00 – Menslief ek is Lief vir jou saam met Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Skakels om na die Radio te luister

website: https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply