Potgooi – Nuus & Weer 12 Februarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 12 Februarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

  

Nuus

 

Polisiebeamptes en weermaglede soek steeds na ‘n vermiste agtjarige meisie van Ravensmead naby Kaapstad. Tazné van Wyk se pa het haar Vrydag laas gesien toe sy na ‘n nabygeleë winkel gestap het. Sy het nooit teruggekeer huis toe nie. ‘n Polisiewoordvoerder, FC van Wyk, sê hulle het ‘n gesigsamestelling van die 54-jarige Moyhdian Pangkaeker uitgereik wat volgens hulle kan help met inligting oor Tazné se verdwyning. Pangkaeker word gereeld in Bishop Lavis, Uitsig, Elsiesrivier en Freedom Farm gesien. Die Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het vroeër ook ‘n beroep op die publiek gedoen om te help om Tazné op te spoor.

 

 

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, het intussen gesê die groot aantal sterftes onder leerlinge die afgelope ruk is uiters moelik om te verwerk. Elf leerlinge is sedert die aanvang van die nuwe skooljaar in Gauteng in onnatuurlike omstandighede dood.

 

 

 

Die Passasierspooragentskap, PRASA, het die bestuurder van sy ingenieursafdeling in die Wes-Kaap, Raymond Maseko, as waarnemende streeksbestuurder van spoorbedrywighede in die provinsie aangestel. Maseko het meer as 18 jaar ondervinding in beplanning, infrastruktuurontwikkeling en stelselingenieurswese by die spoorweë. Hy neem by Richard Walker oor wat op verpligte verlof geplaas is. PRASA se administrateur, Bongisizwe Mpondo, het vroeër al die streke besoek vir ‘n opname van elke gebied se uitdagings. Volgens Mpondo kom die meeste probleme in die Wes-Kaap voor.

 

 

Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het die ooreenkoms verwelkom tussen die regering en die UNCEDO taxivereniging in George in die Wes-Kaap. Dit beteken dat die volgende fase – Fase 4 B – van die Go George-busdiens op 22 Maart in werking kan tree, nadat dit vir jare weens onopgeloste kwessies, opgeskort is. Die Thembalethu-roete sal in werking tree ná die opgradering van infrastruktuur soos ‘n nuwe brug en paaie.

 

 

 

Die KwaZulu-Natalse provinsiale regering het ‘n uitstalsentrum van multimiljoen rand bekendgestel. Dit is deel van die herdenking van oudpresident Nelson Mandela se vrylating uit die gevangenis 30 jaar gelede. Die sentrum is net buite Howick waar Mandela in 1962 in hegtenis geneem is. Besoekers sal deur middel van ‘n hoë tegnologie video-uitstalling Madiba se reis na vryheid kan ervaar. Die kurators glo dat dit toeriste die geleentheid sal bied om die waardes te leer wat Madiba uitgeleef het

 

Opdatering Corona Virus

Die Wêreldgesondheidsorganisasie vergader vir twee dae in Genevé om die internasionale reaksie op die Cornonavirus te versnel. Die wêreld se top medici, wetenskaplikes en kenners in openbare gesondheid woon die vergadering by. Medici wil dringend vasstel hoe die virus van mens tot mens oorgedra word en waarom dit in die Hubei-provinsie in China so vinnig versprei het teenoor die relatiewe stadige verspreiding elders. Daar moet ook vasgestel word waarom sommige mense ernstige longinfeksies kry, terwyl ander bykans geen simptome toon nie. In China is meer as duisend mense weens die Coronavirus dood, terwyl 42-duisend geïnfekteer is.

  • Stertes en gevalle: 108 mense in die hoof land van China het Maandag gesterf en 97 Dinsdag, 108 was die hoogste aantal sterftes in eendag vandat die virus uitgebreek het. 2,478 nuwe gevalle was Maandag geidentifiseer in die hoofland in China, Die jongste syfers vanoggend was 1108 sterftes en meer as 45 000 bevestigde gevalle wêreldwyd.
  • Twee senior gesondheidsbeamptes in die Chinese provinsie waar die virus ontdek is, is Dinsdag uit hulle poste onthef a.g.v die maniet waarop hulle die uitbraak hanteer het volgens dei Chinese Staatsmedia.
  • In Hong Kong was ‘n woonstelblok gedeeltelik ontruim a.g.v.vrese dat die virus deur die pyplyn in die gebou kon oorgedra word.
  • Bevestiging is gekry dat 135 gevalle aangemeld is by die Passasiersboot wat deur Japan onder kwaratyn geplaas is terwyl nog ‘n skip met meer as 2000 mense aanboord op soek is na ‘n hawe nadat hulle toegang geweier is by 4 hawens.

Wêreldwyd: 44,138 bevestigde gevalle en 1,107 sterftes

Hubei owerhede het ‘n addisionele 1,638 nuwe gevalle aangemeld wat hulle totale gevalle op 33,366 te staan laat kom. China se Nasionale Gesondheids Kommissie sal na verwagting die aantal gevalle van al China se provinsies vandag bekend maak.

 

Die polisie in natal kon daarin slaag om die diewe op te spoor wat chaos veroorsaak met hulle veldtog om spoorstawe te steel en te verkwansel. Na raming is 189 metrieke ton treinspoor gesteel wat ’n waarde van nagenoeg R8 miljoen beteken, terwyl die herstel van so ’n spoorlyn etlike miljoene meer sal beloop. Onbevestigde berigte lui dat die swaar spoorstawe aan sogenaamde skroot handelaars verkoop word, wat dit weer in die buurstate verhandel. Gerugte word ook ondersoek van diewe wat die spoorweë se trein trokke plunder en die kant klappe van die trokke verwyder en verkwansel aan die skroot handelaars wat in plakkerskampe gevestig is. Die polisie het later ’n skroot handelaar in Greytown, Natal besoek waar van die spoorwee se eiendom gevind is, en sal hom eersdaags in die hof kry.

 

 

Vullis verwyderings maatskappy, Pikitup, het ‘n beroep gedoen op werkers om die korrekte kanale te volg rondom salaris dispute.  Stakende werkers het die strate van Johannesburg ingevaar en vullis dromme in die strate omgekeer.  Sekere werkers het nog nie hul Januarie salarisse ontvang nie.

 

 

 

Unisa werkers en vakverbonde het hul maand lange staking by Unisa beëindig.  Daar moet binne die volgende 72 uur tot ‘n ooreenkoms gekom word rondom salaris verhogings. Die 2020 kurrikulum se implementering by kampusse landswyd is vertraag

 

 

 

Die Hooggeregshof in Pretoria het die dringende aansoek van Eskom om tariewe te verdubbel van die hand gewys. Die saak is volgens die hof nie dringend nie maar sal wel die meriete van die saak ondersoek.  Nersa se verhoging van 8% die jaar en 5,2% in 2021 is volgens Eskom nie voldoende om die sinkende entiteit te red nie. Regter Judy Kollapen het egter verklaar dat Nersa die enigste entiteit is wat elektrisiteits tariewe kan bepaal en nie die howe nie. Eskom het na afloop van die hofsaak gesê die beslissing kan katastrofiese gevolge inhou vir Suid-Afrika en al sy inwoners.

 

 

 

Bronne: CNN, Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Bewolk en met ligte motreën met ‘n Min 17 Max 18

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 15 Max 22

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 16 Max 26

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 15 Max 24

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 13 Max 27

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 16 Max 27

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 17 Max 29

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 21 Max 31

Upington – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met reën plek plek met ‘n Min 24 Max 36

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 21 Max 25

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en warm met matige reën met tye met ‘n Min 21 Max 27

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 20 Max 27

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 25

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 14 Max 32

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

 

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa 
10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
15:00 – Lulu se storietyd – saam met Cathy
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio: 
http://netradio.gq – werk op alles op die internet
web https://netradiosa.co.za/ http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm 

http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/


 

Be the first to comment

Leave a Reply