Potgooi – Nuus & Weer 12 Julie 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 12 Julie 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om10:00(CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

212 skape gesteel by Jan Bezuidenhoudt, naby Phakisa. Welkom. Tatoeërmerk AVJ. Die “J”  se been kyk regs. Kontak Rudi 0824933233 of Jan 0835727427 indien jy enige inligting het

Die LUR vir die Noordwes plaaslike regering, Gordon Kegakilwe, vra vir kalmte in Ottosdal en die groter Tswaing plaaslike munisipaliteit, ná gewelddadige diensleweringsbetogings daartoe gelei het dat ‘n gemeenskapsbiblioteek, munisipale kantore en twee vragmotors aan die brand gesteek is.

Inwoners van die Letsope township in Ottosdal in Noordwes, het gister vroegaand ‘n gemeenskapsbiblioteek aan die brand gesteek. Dit volg nadat inwoners gewelddadige betogings gehou het. Die betogings het Woensdag begin waartydens ‘n munisipale gebou en twee vragmotors aan die brand gesteek is. Nege mense is in hegtenis geneem en aangekla van openbare geweld en brandstigting. Gemeenskapslede het paaie versper met brandende bande, klippe en ander voorwerpe, klaarblyklik uit ontevredenheid met dienslewering. ‘n Polisiewoordvoerder, Sam Tselanyane, sê vyf mense is gedurende gisteraand se betogings in hegtenis geneem, wat die totale inhegtenisnemings op 14 te staan bring. Die polisie hou die situasie dop. Die eerste groep verdagtes wat in hegtenis geneem is het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding tot hulle volgende hofverskyning eerskomende Dinsdag.

Plaas aanval/Gewapende roof – n bejaarde man en n plaas werker is gister na 17:00 oorval deur +/- 12 verdagtes waarvan 6 gewapen was met handwapens. Gedurende die aanval is die bejaarde man in die gesig gewond en 3 vuurwapens is gesteel.Die bejaarde man is in n bestendige toestand en is afgevoer na Brits hospitaal.

Plaasaanvalle styg met 60% oor afgelope dekade – TLU SA stel halfjaarlikse landbou-misdaadsyfers bekend
TLU SA is uiters bekommerd oor die toename in en brutaliteit van plaasaanvalle in Suid-Afrika, met ‘n toename van 60% net oor die afgelope dekade.
Dié statistiek is vandag tydens die organisasie se aankondiging van syfers oor plaasaanvalle en -moorde bekendgemaak. 
Volgens TLU SA se amptelike Insidente Register wat sedert 1990 bygehou word, is 1 125 plaasaanvalle tussen 1990 en 1999 aangemeld. Tussen 2000 en 2009 is 1 407 gevalle – ‘n styging van 22% – aangemeld en in die afgelope nege jaar van 2010 tot 2019 is 2 616 plaasaanvalle regoor die land – ‘n toename van 60% – aangeteken.
In die ooreenstemmende tye het plaasmoorde van 637 (1990 tot 1999) met 22% (799 moorde) toegeneem tussen 2000 en 2009. In die volgende nege jaar tot in 2019 het 586 plaasmoorde plaasgevind. 
“Hierdie syfers is skokkend. Maar vir TLU SA is dit nie net syfers nie,” het Genl.-Maj. Chris van Zyl, die adjunk-hoofbestuurder van TLU SA gesê. “Dit is 2 022 lede van ons boeregemeenskap wat sedert 1990 uitgemoor is. Dit is 5 148 kere wat gesinne en plaaswerkers vir hulle lewens gevrees het in ‘n plaasaanval.” 
“Maar steeds is dit nog nie belangrik genoeg vir die regering en President Cyril Ramaphosa om hierdie aanslag teen boere te veroordeel nie,” het hy gesê. 

 

Plaas aanvalle wat dikwels die lewens van nog ’n voedsel produsent kos, is die ergste wat landbouers deesdae tref, maar dit is nie die enigste probleem wat boere se wins opslurp nie. Boere is gedwing om weens die hoë vlak van misdaad wat oor die hele land strek, hulleself en hulle huisgesinne, sowel as die werkers, te beskerm teen die moord en roof bendes. Gedurende 2018 het die landbouers sowat R2 miljard spandeer om veiligheid op te skerp, en dit is ’n gegewe werklikheid dat die syfer nog verder gaan styg in 2019 met die groot toename is aanvalle en diefstal van vee en gesaaides wat nog nie geoes is nie. Die euwel waarmee boere sit word al moeiliker beheerbaar, want groot mielielande word snags dur die kwaaddoeners besoek, en word duisende rand se mielies op die wyse weggedra. Veediefstal is ewe moeilik beheerbaar, en boere ly jaarliks duisende rand skade met vee wat gesteel word, en die beveiliging van die diere gaan gepaard met uiters hoë koste wat direk teen die winsgewendheid van die bedryf inwerk.

 

 

Eskom sê in ’n verklaring dat hy besluit het om in die toekoms nie die krag te voorsien aan gebiede wat herhaaldelik onderbrekings het weens lyn verbindings wat gesaboteer word, en meters wat met ander verbindings omseil word nie. Lyn verbindings veroorsaak kragonderbrekings wanneer onwettige krag aftappings gedoen word, en Eskom werkers word dikwels verjaag wanneer herstelwerk gedoen moet word. Miljoene rand se krag word op onwettige wyse getap in lokasies en plakkerskampe, en tot hede het die kragvoorsiener voortgegaan met voorsiening aan die gebiede. Waarnemers sê dit is die eerste positiewe stap wat die Eskom bestuur geneem het, maar hoop dat die krag ook nie verder voorsien sal word aan munisipaliteite wat nie hulle rekenings by Eskom betyds betaal nie. Die onwettige tap van krag vanaf die hoof toevoer drade bring mee dat substasies uitbrand weens die feit dat hulle oorlaai word.

 

Minister Pravin Gordhan se regsverteenwoordigers het die week dokumente in die hof geliasseer waarin glo beweer word dat die Openbare Beskermer dit verkeerd het in haar verslag oor sy optrede. In die dokumente word ook gevra dat die hof koste van die saak teen die Openbare beskermer gehef moet word. Die hof word versoek om die aangeleentheid op ’n dringende basis te hanteer aangesien daar geen ander remedie is om die saak reg te stel nie. Benewens ander aanklagte wat die Openbare Beskermer teen die minister uitgewys het in haar verslag, word hy van korrupsie aangekla, en is haar aanbeveling dat die president paslike stappe sal neem teen die minister. Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het reeds verskeie kere onder skoot gekom oor haar verslae en uitsprake, maar kenners sê die beslissing van Gordhan se saak sal deurslaggewend wees vir haar toekoms as Openbare Beskermer.

 

Die burgemeester vam Ekurhuleni, Mzwandile Masina, het geweier om te aanvaar dat hy enige iets verkeerd gedoen het in die skandaal van ’n chemiese toilet tender ter waarde van R1,9 miljard. Hy het probeer verduidelik dat die drie kaar tender wat toegeken is in Junie 2016, kan nie sy fout wees nie want hy het eers in Augustus 2016 begin as burgemeester. Hy sê die media vra hulle vrae aan die verkeerde persoon oor die aangeleentheid, en as antwoorde gesoek word, moet hulle die mense vra wat toe betrokke was in die toekenning van die tender. Hy het aanbeveel dat Mondli Ngugubele oor die skandaal uitgevra kan word wat glo ’n vennoot was in die African Independent Congress (AIC), maar sê ook dat slegs R872 miljoen spandeer is op die toilette. Hy sê daar is niks verkeerd gedoen nie, en daar is nie ’n R1,9 miljard skandaal by die munisipaliteit nie.

 

In ’n verslag wat pas vrygestel is word getoon dat Suid-Afrika se motoriste getap word met swaar heffings terwyl min van die beoogde aanwending daarvan terg kom. Tien jaar gelede was die totale heffing op brandstof R1.77 en nou het dit R5.73 per liter geword. Finansiële kenners wys daarop dat die regering die heffing op brandstof misbruik om hulle spandabelrige houding te handhaaf, ongeag wat die president van die land probeer sê. Miljarde rand word jaarliks op die wyse gevorder, maar die publiek sê hulle sien niks wat die regering met die geld doen nie, behalwe om uitermatige hoë salarisse te betaal aan werkers wat nie altyd opgewasse is vir die pos wat beklee word nie. Dit word gesien as een van die hoofredes waarom die ekonomiese stand van die belastingbetalers, sakelui sowel as die staat al armer word.

 

Die magnate wat gretig is om met skaliegas boorwerk te begin in die dorre, maar waterryke onderaardse gebied van die Karoo, het nou slae gekry in die Suid-Afrikaanse Appèlhof in Bloemfontein. Die jarelange stryd om die Karoo se skaliegas te ontgin met die risiko dat dit die waterbronne kan vernietig, is uiteindelik nek omgedraai in die hof. Kommer bestaan egter dat dit nie die einde van die stryd is nie, want die hof se uitspraak is geldig tot nuwe regulasies deur die regering daargestel word wat boorwerk moontlik sal maak. Kenners het vroeër daarop gewys dat die risiko bestaan dat groot onderaardse waterbronne van die Karoo onbruikbaar kan raak, en veral as die ontwikkelaars nie met groot erns die aangeleentheid benader om die waterbronne ongeskonde te hou nie.

Die erge besoedeling van die land se belangrikste opgaardamme, word in die meeste gevalle deur myne veroorsaak wat gewetenloos omgaan met die water in riviere en damme. Myne is volgens die jongste opnames, verantwoordelik vir sowat 70% van waterbesoedeling, en daarna is nywerhede en munisipaliteite  die instansies wat meedoen aan die besoedeling van Suid-Afrika se water voorraad as die belangrikste hulpbron. In Oos-Transvaal trek myne die water uit die Olifantsrivier se opvangsgebied, en veroorsaak dat waterbronne geweldig besoedel word.Die besoedeling is aangehelp met die owerheid wat nie behoorlik optree met toekenning van water lisensies nie, en ook nie inspeksie doen by myne, nywerhede en munisipaliteite wat hulle skuldig maak aan die misdryf wat as een van die ernstigste oortredings is. Suid-Afrika is ’n land wat arm is aan varswater, en oor dekades is opgaardamme gebou en goed bestuur, maar sedert 1994 het veranderings ingetree wat nou dringende aandag verdien voor ’n algehele krisis ontstaan.

Inwoners op die Kaapse Vlakte is verheug oor die ontplooiing van die Polisie se Spesiale Magte vroegoggend in die gebied, waar Spesiale Magte in groot getalle by die polisiestasie in Philippi-Oos saamgetrek het. Die minister van Polisie, Bheki Cele, het gisteraand tydens sy departement se begrotingsrede aangekondig dat President Cyril Ramaphosa goedkeuring gegee het vir die ontplooiing van die polisie en weermag oor ‘n groot gebied op die Kaapse Vlakte. Lede van die Weermag is in die gebied gesien, en sal in fases by die polisie aansluit vir die gesamentlike misdaadvoorkomingsoperasie wat op bendegeweld gaan fokus. Daar is reeds vroegoggend met klopjagte begin om toe te slaan op onwettige vuurwapens, verdagtes, en sommiges wat uit is op borgtog.

 

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 26

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 12 Max 31

Pretoria – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 15 Max 27

Johannesburg – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 13 Max 21

Vereeniging – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 25

Rustenburg – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 24

Bloemfontein – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 5 Max 21

Kimberley – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 22

Durban – Gedeeltelik bewolk met swaar reën met tye met ‘n Min 17 Max 21

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met swaar reën met tye met ‘n Min 16 Max 19

Upington –      Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 26

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 13 Max 17

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met matig tot swaar reën met ‘n Min 16 Max 17

Sutherland – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 2 Max 18

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir ons ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ons direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Be the first to comment

Leave a Reply