Potgooi – Nuus & Weer 13 Februarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 13 Februarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

 

President Cyril Ramaphosa lewer vanaand om seweuur sy vierde staatsrede, en die tweede sedert sy verkiesing ná verlede jaar se algemene verkiesing. Verskeie ontleders meen Ramaphosa sal onder meer praat oor wyses om die sukkelende ekonomie op dreef te kry, sowel as die stand van staatsinstellings en werkskepping. Hulle sê egter hy sal meer konkreet moet wees oor oplossings. Een van die kleiner partye, die ATM, het intussen ‘n mosie van wantroue teen Ramaphosa by die speaker ingedien. Die EFF het gedreig dat hulle die staatsrede sal ontwrig indien die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan nie uit sy pos verwyder is nie.

Verskeie organisasies en vooraanstaande individue het hulle steun gegee aan die oproep van die Aartsbiskop van Kaapstad om vanjaar die Jaar van die Oranje Oorpakke te maak. Aartsbiskop Thabo Makgoba sê diegene wat by die plundering van staatshulpbronne betrokke was, moet aangekla word. Verskeie sprekers by die gelelentheid het gesê staatskaping het die staat ontneem van die vermoë om dienste te lewer. Hulle sê die president moet hom in die staatsrede oor dié kwessie uitspreek. Die bestuurshoof van Sake-eenheid S.A, Cas Coovadia, sê as staatskapers vervolg word, sal dit vertroue binnelands sowel as by buitelandse beleggers bevorder.

Amptenare stel ondersoek in wat die oorsaak is van gisteraand se treinongeluk by Horizon View in Roodepoort. Die langafstandpassasierstrein wat van Kaapstad na Johannesburg onderweg was het teen ‘n goederetrein gebots. Een persoon is dood en talle is beseer. Nooddienspersoneel het onverpoosd gespook om vasgekeerde passasiers uit die wrak te bevry. Daar was ‘n aantal buitelandse toeriste op die trein.

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi sê die onderskeie verslae oor die dood van twee leerlinge sal voor die einde van die maand afgehandel wees. Enoch Mpianzi van Parktown Boys High en Keamohetswe Seboko van die laerskool Bekker in Magaliesburg het albei verdrink. Lesufi sê voorlopige verslae is reeds vrygestel, maar hy wag vir die finale verslag oor die dood van die twee seuns. Die hoofde van die onderskeie skole is hangende die ondersoeke geskors. Mpianzi het tydens ‘n oriënteringskamp verdrink en Seboko in die skool se swembad.

Twee mense is in Mokopane in Limpopo in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van bedreigde spesies nadat ‘n ietermago in hulle besit gevind is. Dit is nie duidelik wat die bestemming van die ietermago was nie. Verlede week is ‘n bejaarde vrou by Burgersfort in hegtenis geneem nadat luiperdvel en -pote in haar besit gevind is.

Vonnisoplegging in die crimen injuria saak teen Adam Catzavelos begin vandag in die Randburgse landdroshof. Catzavelos het in Desember skuld erken op die aanklagte, nadat hy twee keer probeer het om die saak teen hom teruggetrek te kry. Die saak hou verband ‘n tuisvideo met rassisitese opmerkings wat in Augustus 2018 op ‘n strand in Griekeland gemaak is. Castavelos het vroeër ‘n skikking bereik met die Menseregtekommissie in ‘n ander saak wat ook met die video verband hou. Hy moes ‘n boete van 150-duisend betaal.

Eskom sê hy voorsien nie dat daar vandag beurtkrag sal wees nie. Die kragverskaffer het ook nie gister beurtkrag toegepas nie. Eskom sê eenhede wat buite werking was, is suksesvol by die netwerk ingeskakel en noodreserwes is op aanvaarbare vlakke. Eskom het gewaarsku dat die kragnetwerk egter onder druk bly, en dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word.

 

Daar is weer ‘n skerp styging in die dodetal in die Hubei-provinsie in China wat die middelpunt is van die uitbreking van die Coronavirus. Nóg 242 sterftes is aangemeld wat die dodetal op meer as 1350 te staan gebring. Die getal mense wat die virus het, het met 15-duisend gestyg en bykans 60 000 gevalle is reeds in aangemeld. Die Chinese gesondheidsowerhede het die definisie van gevalle egter aangepas en mense wat simptome toon, maar nog nie positief getoets is nie, word bygetel. Byna 34 000 pasiente is gehospitaliseer is in Hubei waarvan 1400 in ‘n kritieke toestand is. Sover het 3441 mense mense herstel en is ontslaan. ‘n Totaal van 4740 wêreldwyd het herstel. Zimbabwe het intussen met hulp van Suid Afrika toerusting gekry om te kan toets vir gevalle van die virus

Bronne: CNN, Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 17 Max 30

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 16 Max 29

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm ‘n Min 18 Max 31

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk baie warm met ‘n Min 17 Max 29

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 16 Max 29

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 16 Max 30

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 18 Max 30

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 22 Max 32

Upington –    Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met reën plek plek met ‘n Min 24 Max 36

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 19 Max 28

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 22 Max 29

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 20 Max 26

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 20 Max 28

Sutherland – Sonnig en baie warm met ‘n Min 11 Max 29

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

 

Geniet jou Donderdag saam Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – Gesondheid saam met Cathy

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet
web https://netradiosa.co.za/ http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply