Potgooi – Nuus & Weer 14 Augustus 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 14 Augustus 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 12 Aug 2020:

Wêreldwyd: Gevalle 21 092 096 Sterftes:  757 727 Herstel: 13 944 364 met 64 511 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 572 864 en die sterftes in SA na 11 270 Intussen het 437 617 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 123 978 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 3 315 497. SA is steeds die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

’n Amateur skattejagter in Skotland het ’n skat ontdek wat dateer uit die Brons Tydperk en is vermoedelik afkomstig uit ’n tyd, sowat 1,000 jaar Voor Christus.Die skat wat uit verskeie stukke bestaan en die goeie toestand daarvan na so baie eeue word as merkwaardig beskou deur navorsers. Mariusz Stepien het die ontdekking gedoen en die skat na die Skat Eenheid geneem om te bepaal wat dit is en waar dit vandaan kom. Die navorsers het bykans ’n maand lank gesoek om die korrekte inligting in te win oor die seldsame ontdekking. ’n Swaard ook gevind wat nagenoeg 1,000 VC in gebruik was.’n Voorwerp soos ’n byl en ’n aantal gespes asook metaal ringe wat by perde of trekdiere gebruik is, maak deel uit van die goedere, maar die leer en hout voorwerpe wat daarmee saamgaan, is deur die eeue verweer en kon slegs die spore daarvan gevind word.

 

Wetstoepassers glo hulle het uiteindelik ’n bende aangekeer wat verantwoordelik is vir sakeroof. Daar word vermoed dat die verdagtes betrokke was by so veel as 20 rooftogte in Kaapstad. Die metropolisie se Wayne Dyason sê van sy lede het Dinsdag ’n verdagte voertuig in Mowbray opgemerk wat verbind word met van die rooftogte.“Polisielede het die wetstoepassers bygestaan toe hulle die voertuig gewys het om te stop.By verdere ondersoek is vasgestel dat onder die ses verdagtes van die mees gesoekte verdagtes is waarna die polisie die afgelope vier maande soek. Al ses die verdagtes is gearresteer.

 

Twee verdagtes is in Gauteng gearresteer vir die besit van plofstof wat vir onwettige mynboubedrywighede gebruik word. Die twee is Woensdag tydens ’n polisiepatrollie in die Zamimpilo-informele nedersetting in Langlaagte, suid van Johannesburg, in hegtenis geneem. Kay Makhubele, ’n Gautengse polisiewoordvoerder, sê die plofstof is ontdek tydens ’n soektog na onwettige sigarette. “Die honde-eenheid is ontbied en met hul aankoms is bevestig dat die inhoud van ‘n plastieksak wel plofstof was.” Hy sê nog plofstof is in die verdagtes se huis gevind waar ’n vrou ook in hegtenis geneem is. Albei sal Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Nog ‘n klag kan moontlik bygevoeg word nadat een van die verdagtes ‘n polisiebeampte probeer omkoop het

 

’n Suid-Afrikaanse dokter wat die afgelope 15 jaar in Kanada woon en werk is Maandag in sy werksplek vermoor.   Walter “Tokkie” Reynolds (45), ’n pa van twee, is in die Red Deer-kliniek in Alberta deur ’n vermeende dermverslaafde, Deng Mabiour, aangeval. Luidens berigte het die dwelmverslaafde by die kliniek opgedaag en geëis dat Reynolds pille aan hom moet oorhandig. Reynolds het die versoek geweier waarna Mabiour hom toe aangeval het.Mabiour (54word aangekla van moord, aanranding van ’n wetstoepasser asook die besit van ’n gevaarlike wapen

KSA se geskorste uitvoerende hoof, Thabang Moroe, wil ’n hofinterdik kry. Dít is om te verseker dat sy saak deur ’n onafhanklike komitee hanteer word en nié deur een wat deur KSA aangestel word nie. Moroe is in Desember met betaling geskors ná aantygings van wanadministrasie. Daar word beweer dat Moroe se salaris ’n enorme R350 000 per maand is.

 

Die soektog na ’n vermiste driejarige seuntjie van Houtbaai gaan onverpoos voort. Anothando Mhlobo word sedert Maandag omstreeks 13:00 vermis.’n Plaaslike aanlynpublikasie het berig dat die kleuter moontlik ontvoer is. Enigeen met inligting oor waar Anothando mag wees kan sers. Smith by 083 522 1075 of vir sers. Njara by 082 302 8370 Hulle kan ook die Houtbaai-polisie by 021 791 8660 bel.

 

Die Rapid Rail Police Unit (RRPU) in Philippi-Oos is nou al byna twee jaar sonder elektrisiteit en om dinge erger te maak, het die kragopwekker, ook al in November ophou werk. Dít in ’n omgewing waarin die Philippi-Oos-polisiestasie al vir jare een van die stasies in die land is waar van die meeste moorde aangemeld word. Luidens die jongste misdaadstatistieke wat uitgereik is, word 58 moorde elke dag in die land gepleeg. Vir die 2019-’20-boekjaar is 3 795 moorde in die Wes-Kaap aangemeld. Van die top-10-polisiestasies wat die meeste moord­sake hanteer, is 6 in die Wes-Kaap. Die polisie daar vrees vir hul veiligheid omdat hulle by kerslig en sonder enige kommunikasie moet werk, aangesien die telefone ook buite werking is.

 

‘n Egpaar moes verdere hartseer verduur toe die appèlhof hul mediese nalatigheidseis van die hand gewys het.Andre en Sharon McGregor se lewens het in 2011 ‘n onverwagse nadraai geneem toe hul sesjarige seun, Justin, ‘n kopbesering opgedoen het. Die McGregors probeer sedertien om die Wes-Kaapse minister van gesondheid aanspreeklik te hou vir wat met hul seun gebeur het.Die appèlhof het egter laas maand teen hulle beslis. Regter Malcolm Wallis het, wat met Justin gebeur het, as ‘n tragedie.

 

Die familie van ’n vrou wat vyf maande vermis was, kan uiteindelik berusting vind nadat haar oorskot gevind is. Natalie Coetzee se familie het haar lyk Dinsdag wat al byna ’n maand in dié lykshuis lê in die Soutrivier-lykshuis gaan uitken. Hul grootste vrees is bewaarheid toe dit wel haar lyk was. Die owerhede was op soek na haar familie nadat die lyk van ’n vrou op 19 Julie by die Kalkbaai-hawe naby die Brass Bell-restaurant uitgespoel het. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NRSI) is in kennis gestel. Volgens die NSRI se Craig Lambinon het twee duikers op Coetzee se oorskot afgekom en dit na die kuslyn gebring.

 

Daar is nog net een dag oor voor die maandlange verlenging van die nasionale ramptoestand ten einde loop. Volgens wet kan die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake die ramptoestand nou op ‘n maandgrondslag verleng. Die tweede verlenging verstryk more om middernag. President Cyril Ramaphosa moet nog die kabinet se finale besluit bekendmaak oor of ‘n verdere verlenging sal plaasvind. Daar word bespiegel dat dat die land na Vlak Twee inperking sal oorskakel wat nog ‘n maandlange verlenging sal moontlik maak.

 

Minstens twee busse is op die N2 by die R300 aan die brand gesteek. ‘n Woordvoerder van die Kaapstad-metro se verkeersdienste, Richard Coleman, sê betogers het ‘n die deel van die pad met brandende bande versper en dit moes gesluit word. Die Simphonyweg-brug oor die N2 was ‘n ruk gelede ook nog versper asook die oprit na die R300 Noord. Die N2 is by Borchards Quarry-weg moes ook gesluit word.

 

Die voormalige finansiële hoof van die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling, Seipati Dlamini, getuig vandag voor die Zondo-kommissie oor die multimiljoenrandse Estina-suiwelprojek by Vrede. Die inisiatief is geskep om opkomende boere te bevorder, maar die geld vir die plaas het in die Gupta-familie se sakke opgeëindig. Twee voormalige Transnet-lyfwagte het gister getuig dat uitvoerende amptenare van Transnet dikwels die Gupta-woning besoek het en daar weg is met groot bedrae kontant. Een van die lyfwagte van die voormalige bestuurshoof van Transnet, Brian Molefe, het getuig dat hy ‘n ligbruin leerrugsak van Molefe gevul met bondels 200- rand note in die kattebak gevind het.

 

Drie verdagtes verskyn weer vandag in die Morebeng landdroshof in Limpopo in verband met ‘n plaasaanval op Mogwadi buite Dendron. Die drie staan tereg op aanklagte van poging tot moord, verkragting en diefstal. Hulle het na bewering die boer aangerand en ook sy vrou verkrag. ‘n Groep boere in die omgewing wat ondersteun word deur die DA en die Vryheidsfront Plus sal na verwagting buite die hof betoog.

 

Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, sê dit het tyd geword dat die wêreld sy oë op die toekoms rig en beplan vir ‘n wêreld ná COVID-19. Ghebreyesus het in sy weeklikse inligtingsessie uit Genève, Switserland, gesê elke land in die wêreld het die gevolge van die coronaviruspandemie ondervind in die ontwrigting van hul noodsaaklike dienste, politiek en ekonomie. Hy sê die vraag wat nou beantwoord moet word is hoe die wêreld na die normale gang van sake gaan terugkeer.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 Warmbad – Sonnig met ‘n Min 8 Max 26

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min12 Max 23

Brits – Sonnig met ‘n Min 7 Max 24

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 8 Max 22

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 7 Max 19

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 9 Max 22

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 7 Max 24

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min 3 Max 21

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 7 Max 23

Upington – Sonnig met ‘n Min 6 Max 26

Durban –   Sonnig met ‘n Min 11 Max 22

Durbanville – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 10 Max 16

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 11 Max 21

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 12 Max 16

Port Elizabeth – Sonnig met ‘n Min 8 Max 18

Sutherland – Sonnig met ‘n min 1 en max 17

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 6 en Max 27

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 4 Max 28

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 6 Max 29

 

Loer gerus rond op ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en loer gerus rond daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak my gerus Kontak my op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Die boek Plundering Ontbloot, Operasie Bakarhu, deur ons eie Fanie Cronje kan nou ook bestel word vir aflewering deur Takealot, teen R1-50 by sms 48423. Sms bloot “Plundering” na 48423. Die prys is R200 plus Dan die R1-50 vir die sms Die e-boek os by Amazone beskikbaar teen R140 klik hier om te bestel

Kuier saam op die webwerwe of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

 

Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Tjailatyd met Arlene

14.00 – Op die Horison saam met Ludwig

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

20:00 – Musiekmandjie met DJ Uiltjie speel saam dis pret

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply