Potgooi – Nuus & Weer 14 Februarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 14 Februarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

 

Nuus

 

Around the world: The global number of confirmed coronavirus cases has now exceeded 65,191 with the vast majority of cases in mainland China.

There are 36,719 patients who have been hospitalized in Hubei, including 1,685 who are in critical condition, according to the health authority. There are 4,131 patients who have recovered and been discharged.

 

China’s National Health Commission is expected to release numbers for all of China’s provinces later.

 

Die polisie in Mpumalanga sê die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat stel ondersoek in na die dood van drie mense gister by ‘n taxistaanplek by Mbalenhle naby Secunda. ‘n Polisielid is in die voorval gewond. Skermutselings tussen taxibestuurders en busoperateurs het gewelddadig geraak en ‘n skietery het uitgebreek. Paaie is versper en voertuie is gekaap wat gebruik is om die toegangsroetes na die gebied te versper. Die taxibestuurders is blykbaar ontevrede oor die busse se teenwoordigheid. Die spanning tussen die groepe duur reeds twee weke. Die polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, sê die polisie monitor steeds die gebied.

 

Eskom sê hy voorsien nie dat beurtkrag vandag ingestel sal word nie. Dit sal die derde dag sonder beurtkrag wees. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantantsha, sê daar is tans voldoende opwekkingsvermoë. Mantantsha sê die eenhede wat buite werking is, is tans net meer as 10500 megawatt. Hy sê verbruikers moet egter voorgaan om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

 

Die DA het vroeër skerp gereageer op die EFF se ontwrigting van die president se staatsrede. Die geleentheid is met ‘n uur en ‘n half vertraag. Die DA sê in ‘n tyd wat die land duidelike leiding en rigting nodig het, het die EFF gekies om die President te verhinder om die nasie toe te spreek. Die DA se hoofsweep, Natasha Mazzone, het in ‘n verklaring gesê die EFF se ontwrigting van die staatsrede is tekenened van die party se onvolwassenheid. Sy sê die EFF moet die reëls van die parlement gehoorsaam. Verskeie parlementslede uit partye van oor die spektrum het daarop aangedring dat die EFF-lede by die Parlement se etiekkomitee aangekla word.

 

Die president se staatsrede is met ‘n uur en ‘n half vertraag weens die EFF se ontwrigtende optrede. Die Speaker, Thandi Modise het later besluit om die sitting te verdaag. Met die hervatting van die sitting het die EFF die lokaal verlaat.

 

President Ramaphosa sê die wyse waarop energie opgewek word sal fundamenteel verander. Hy het in sy Staatsrede verskeie stappe aangekondig wat opwekkingsvermoë buite Eskom sal vermeerder. Dit sluit onder meer in dat maatreëls ingestel word sodat munisipaliteite wat die vermoë het, hulle eie krag sal kan aankoop by onafhanklike verskaffers. Verder sal regulasies binnekort uitgevaardig word om die Geïntegreerde Energieplan in werking te stel wat onder meer kragopwekking uit hernubare bronne sal bevorder.

 

Die Wes-Kaapse minister van Gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het ‘n beloning van tienduisend rand uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die opsporing van ‘n agtjarige meisie van Ravensmead. Die beloning is ook van krag vir inligting wat tot die inhegtenisneming van ‘n verdagte kan lei. Die meisie, Tazne van Wyk, is Vrydag as vermis aangemeld. Gister het oproerigheid in Ravensmead uitgebreek nadat vals inligting oor ‘n verdagte die ronde gedoen het. Fritz het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om saam met die polise te werk en nie tot boendoegeweld oor te gaan nie.

 

Die polisie in Port Elizabeth soek na die aanvallers wat ‘n kind doodgeskiet en haar ma en broer gewond het. Volgens die polisie het die mense in hulle huis in Booysenspark gelê en slaap toe die aanvallers deur ‘n venster op hulle geskiet het. Die motief vir die skietery is onbekend.

 

Vier studente is ná ‘n betoging by die Durbanse Universiteit vir Tegnologie in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld. Die polisie in KwaZulu-Natal sê die studente het die gebou beskadig tydens hul betoging. Hulle het daarop aangedring om die vise-kanselier te spreek. Die situasie op die kampus is intussen weer normaal.

 

Die vrees in sommige landboukringe oor die groot getalle wit skoenlappers wat tans in die noordelike dele van die land gesien word, is geen bedreiging van landbouers nie. Deskundiges sê die vrees dat die skoenlappers die eiers kan wees van perdesiekte, is ’n mite, en boere het nie nodig om hulle daaroor te bekommer nie. Die skoenlappers, met die wetenskaplike naam Belenois aurota, kom tans in groot getalle voor, en beskik oor die vermoë om tot 1,200 kilometer vêr te vlieg deur van windstrome gebruik te maak.   Die groot getalle, wat tans op meer as ’n miljard kan wees, is gelykstaande aan die soortgelyke verskynsel van 1965 toe ’n soortgelyke toestand waargeneem is.

 

Die reddingsplan van die vakbonde wat bereid was om staatspensioene af te staan en R26 miljard in die bankrot entiteit te belê, is van die baan. Cosatu het waarskynlik tot besinning gekom en die remme vasgemaak oor vergaderings wat in die verband gehou sou word. Dit is nie duidelik of die vakbond nuwe inligting bekom het, en of die media berigte, asook die gevaarlike plan soos deur verskeie ekonome uitgewys, die rede is waarom daar nou teruggedeins word nie.

Finansiële deskundiges sê die plan om pensioengeld te waag in ’n bankrot entiteit, is een van die mees riskante planne wat Cosatu nog geopper het, maar danksy die kommentaar van ander, het die vakbond sekerlik besef dat dit ook sy einde kan beteken as so ’n waaghalsige belegging misluk.

 

Die werkloosheid onder die jonger garde in Suid-Afrika, mik nou na 30% vir mense in die ouderdomsgroep van 18 tot 34, wat gevolglik die rede is vir die toenemende geweld. Aan die einde van 2019 het die werkloosheid op 29% te staan gekom, en met die beoogde afleggings wat nou deur die groter instansies beplan word, kan dit selfs die 30% merk verby gaan.

AngloGold het ook sy ankers gelig en trek uit Suid-Afrika, wat die ekonomiese toestande verder verswak, alhoewel hy sy belange van die hand gesit het. Die myngroep beëindig daarmee sy lang geskiedenis van mynwese in Suid-Afrika, en het met die verkoop van al sy belange teen R4,4 miljard, finaal die hakskene vir SA gewys.

Bronne: CNN, Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 18 Max 31

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 32

Brits  – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 32

Pretoria – Sonnig en baie warm met ‘n Min 18 Max 30

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 16 Max 28

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 18 Max 30

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 32

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 17 Max 32

Kimberley – Sonnig en baie warm met ‘n Min 20 Max 33

Upington – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 23 Max 37

Durban – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 23 Max 29

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 21 Max 28

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 17 Max 22

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 25

Sutherland – Sonnig en baie warm met ‘n Min 12 Max 30
Windhoek – Bewolk en baie warm met reën met ‘n minimum van 17 en Max 30

Keetmanshoop – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 23 Max 37

Grootfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 32

 

Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – Kuierjolyt saam Cathy

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

20:00 – Musiekmandjie met DJ Uiltjie speel saam dis pret


 

Be the first to comment

Leave a Reply