Potgooi – Nuus & Weer 14 Januarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 14 Januarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

 

 

  • Tito Mboweni het op sosiale media ʼn verklaring uitgereik waarin hy sê dat Lesotho sy grense moet oopstel om ’n  federale staat te vorm met Suid Afrika.Dit volg na die politieke krisis in Lesotho.  Die land se eerste “dame” is tans op vlug nadat daar ʼn arrestasie bevel teen haar uitgereik is weens die moord op die eerste minister se tweede vrou. Die Europese Unie, die Verenigde Nasies asook die SA Ontwikkelings Gemeenskap sukkel al 10 jaar om die situasie in die buurland te stabiliseer. Duisende Basoeto migrante en vlugtelinge leef reeds in Suid Afrika.  Kenners meen met ʼn land soos Suid-Afrika wat sukkel om sy eie sake in orde te kry, is dit futiel om nog ʼn land, wat deur onmin en wanbestuur geteister word,  as federale staat by te bring. Veediefstal uit Lesotho ruk reeds hande uit in Suid-Afrika.

 

  • Die heethoof, Julius Malema, het Ramaphosa gedreig dat sy party die verrigtinge tydens die president se staatsrede sal ontwrig indien hy nie ontslae raak van Pravin Gordhan nie.  Die EFF was die afgelope jare telkens betrokke by optredes in die parlement soveel so dat ʼn spesiale eenheid op die been gebring is om oproerige parlementariërs uit te gooi uit die parlement.

 

  • Miljoene nodig om skole te herstel – Ses skole in die Noord-Kaap en een elk in Gauteng en Limpopo is tydens die Desember vakansie of erg beskadig of afgebrand.  Natal benodig R408 miljoen om storm skade aan skole te herstel  terwyl die Noord-Kaap R500,000 begroot vir die herstel van skole.

 

  • Ethiopië nooi SA vir beleggings – President Cyril Ramaphosa, is deur die Eerste Minister van Ethiopië genooi om in sy land te kom belê waar ’n realistiese groeikoers gehandhaaf word. Die Eerste Minister het gesê Ethiopië bied uitstekende geleenthede van Suid-Afrikaanse sakelui en met ’n jaarlikse groeikoers van 7% stel die land ’n voorbeeld wat deur Ramaphosa gevolg kan word, het kenners later bygevoeg.

 

  • Die owerheid in Australië het sowat 250,000 mense beveel om dringend hulle huise te verlaat om te voorkom dat hulle saam met huise en eiendom, in vlamme verteer word. Die mense moet dringend hulle woonhuise ontruim en uit die New South Wales gebied weggaan waar twee reuse brande mekaar gaan ontmoet en ’n “mega brand” gaan ontwikkel. Inwoners is gevra om gereed te maak om hulle op kort kennisgewing te laat vlug uit die gebiede waar die brande woed.

 

  • ’n Deskundige op die gebied van die luislang se hulp is ingeroep nadat ‘n 4,6 meter lange slang naby ’n swart woonbuurt by Ladysmith gevind is. Die slang het reeds sy kos vir die maand ingekry en net die agterpote was nog sigbaar toe die deskundige, Fanie Cilliers, by die geval aangekom het. Cilliers se hy het reeds meer as 200 Suid Afrikaanse luislange verwyder om na ’n ander omgewing weggeneem te word, maar vind dit ook vreemd dat die luislang hom daar bevind het. Verskeie gevalle is bekend waar ’n luislang toegeslaan het op mense, en enkele gevalle is aangemeld van kinders wat deur ’n luislang verorber is.

 

  • Eskom het berigte ontken dat fase agt beurtkrag wat beteken dat elke kragverbruiker vir minstens 4 uur sonder elektrisiteit sal wees, enige oomblik toegepas kan word. Volgens ‘n berig word beweer dat munisipaliteite ingelig is dat fase agt beurtkrag onafwendbaar is. Die kragverskaffer sê volgens die bepalings van die rampbestuurswet moet gebeurlikheidsplanne opgestel wees ingeval dit nodig sou word om fase agt beurtkrag toe te pas. Eskom sê dit is egter hoogs onwaarskynlik dat dié fase toegepas sal word. Geen beurtkrag word vandag verwag nie. Tegnici is steeds besig met instandhouding- en herstelwerk by opwekkingseenhede.

 

  • Eskom sê die kragtoevoer na dele van Mpumalanga is herstel nadat swaar reën laas nag die steenkoolvoorraad negatief geraak het. Die kragverskaffer sê die netwerk bly egter onder druk en geen beurtkrag word vandag voorsien nie. Die woordvoerder sê Eskom werk hard daaraan om die risiko van beurtkrag te beperk, al is die kragnetwerk steeds onder druk. Eskom het vroeër berigte ontken dat fase agt beurtkrag onafwendbaar is en sê daar is ‘n skraal kans dit ooit toegepas sal word.

 

  • Die minister van Openbare Werke, Patricia de Lille sê daar sal voortaan streng opgetree word teen staatsamptenare wat sake doen met die staat. Sy sê hulle oortree die wet en sal óf strafregtelik aangekla word óf sivielregtelik vervolg word. Staatdiensregulasies wat in 2016 van krag geword het, verbied staatsamptenare om met die staat sake te doen. De Lille het staatsamptenare gewaarsku dat die regering al die moontlikhede tot sy beskikking sal gebruik om teen oortreders op te tree. Sy sê in haar departement alleen is daar meer as 3700 amptenare wat sake doen met die staat.

 

  • Die Vereniging van Staatsamptenare sê intussen die tegnologie behoort die regering in staat te stel om vroegtydig vas te stel watter staatsamptenare kry kontrakte van die staat en só die betrokke amptenare te verbied om sake met die staat te doen. Die vereniging se voorsitter in Limpopo, John Tefo sê egter die regering het nie die politieke wil om teen oortreders op te tree nie omdat daar te veel mense is wat voordeel trek uit die praktyk.

 

  • Die sinjale by die Kaapstadse stasie is weer in werking nadat die elektrisiteitstoevoer herstel is. ‘n Kragonderbreking vroeër het daartoe gelei dat treine nie die stasie kon binnegaan of verlaat nie. Metrorail sê die meerderheid van die treindienste is reeds herstel, maar dat pendelaars vir bykomende reistyd moet voorsiening maak weens die vertragings vroeër.

 

  • Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi sal vandag die jongste inligting oor die plasing van graad een en graad agt leerlinge bekendmaak. Die inligting sal die uitkoms van appèlaansoeke en laat registrasies insluit. Aanlyn laat registrasies begin more en sluit op 24 Januarie. Duisende leerlinge begin more met die nuwe skooljaar.

 

  • Vier verdagtes doen vandag aansoek om borgtog nadat hulle in hegtenis geneem is toe hulle probeer het om leeupote te verkoop. Hulle was sedertdien in aanhouding in Rustenburg. Die Valke en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het die verdagtes in hegtenis geneem toe hulle probeer het om die leeupote vir 300-duisend rand te verkoop het aan ‘n polisielid wat onder dekmatel gewerk het.

 

  • President Cyril Ramaphosa gaan die hoofrede lewer by die begrafnis van die sakeman, Richard Maponya wat vandag te ruste gelê word. Verskeie ministers woon ook die geleentheid by op die Soweto-kampus van die Universiteit van Johannesburg. Maponya is verlede Maandag op 99-jarige ouderdom oorlede. Hy word later vandag in die Wespark begrafplaas begrawe.

 

  • Die leiers van vyf lande van die Sahel-streek in Afrika het Frankryk bedank vir sy voorgesette militêre steun. Die leiers van Tsjad, Niger, Mali, Burkina Faso en Mauritanië het in die dorp Pau in die suide van Frankryk met president Emmaneul Macron vergader oor die toename in gevegte met militante magte. Meer as vier-duisend Franse soldate is in die streek ontplooi. Macron het onderneem dat nog 220 soldate na die streek gestuur sal word om die veldtog teen djihadiste militantegroepe te versterk.

 

  • Die koningklike paartjie Harry en Meghan het aangedui  dat hulle in die VSA wil gaan woon maar dat dit eers sal gebeur wanneer Trump nie meer aan bewind is nie

Bron: Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 20 Max 30

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 17 Max 27

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met swaar reën met tye met ‘n Min 18 Max 28

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 18 Max 28

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met swaar reën met tye met ‘n Min 16 Max 29

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 17 Max 30

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 18 Max 31

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 22 Max 34

Upington – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 23 Max 40

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 23 Max 28

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en warm met reën perk plek met ‘n Min 23 Max 27

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 21 Max 27

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 22 Max 25

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 33

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

 

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – Digters en Skrywers forum met Cathy

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers
Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet
web https://netradiosa.co.za/ http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply