Potgooi – Nuus & Weer 15 Mei 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 15 Mei 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 

Luister weer

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

Coronavirus Gevalle wêreldwyd: 4 490 958 Sterftes:  301 558 Herstel: 1 690 669 soos laaste berig einde 13 Mei 2020 SA 12 739 met 238 sterftes en 5 676 herstel uit 403 018 getoets vir die virus

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde sê sy regering het ‘n omvattende plan om die coronavirusbrandpunte te bestuur. Hy sê die plan is data-gedrewe met duidelike protokolle vir sakeondernemings en spesifieke bedrywe om die risiko van werkplekinfeksie te bekamp. Winde sê die plan vervat die bydraes van al die provinsiale departemente, plaaslike regerings, die sakesektor en individue. Winde sê dié plan vir brandpunte werp reeds vrugte af in die Witzenberggebied waar dit eerste toegepas is. Hy sê die plan word binnekort ook in Kaapstad in werking gestel.

Die president van die Kaapstadse Kamer van Handel en Nywerheid, Geoffrey Jacobs, sê politieke partye behoort nie die inperkingskwessie te gebruik om politieke munt te slaan nie. Hy sê daar is ander manier om ontevredenheid te opper. Hy het gereageer op onder meer die VF Plus en die DA se planne om die hof te nader oor verskeie kwessies wat betref die huidige ramptoestand. Jacobs sê hy wil nie litigasie sien nie, maar ‘n fokus op ‘n strategie om die coronavirus te beveg, en terselfdertyd ‘n veel aggressiewer en meer verantwoordelike heropening van die ekonomie.

Jacobs het vroeër ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om die inperkingsregulasies van Vlak Vier na Vlak Drie te verlaag om die ekonomiese ontberings te verlig. Hy sê sakeondernemings kry swaar.

President Ramaphosa lei intussen vandag ‘n Nedlac-vergadering oor stappe om die inperkingsmaatreëls tot Vlak 3 te verslap. Die virtuele vergadering betrek verteenwoordigers van die regering, die sakesektor en georganiseerde arbeid. Dit is die eerste ronde beraadslagings met rolspelers oor die verslapping van die inperking en die heropening van die ekonomie. President Ramaphosa het vroeër gesê ná die samesprekings by Nedlac, volg samesprekings met politieke partye en ander rolspelers. Hy het Woensdag gesê die land kan teen die einde van die maand na Vlak 3 beweeg.

Die DA se hoofsweep in die Parlement, Natasha Mazzone, het kommer uitgespreek oor die gehalte en doeltreffendheid van portefeuljekomiteevergaderings wat op virtuele platforms gehou word. Mazzone het tydens ‘n vergadering van die programkomitee gesê sy het aan die speaker, Thandi Modise, geskryf om kommer oor die situasie uit te spreek. Sy sê die virtuele vergaderings het ‘n negatiewe impak op parlementslede se vermoë om behoorlik toesig te hou oor die regering. Die voorsitter van komitees, Cedric Frolic, het egter ontken dat virtuele komiteevergaderings chaoties en ondoeltreffend is. Hy sê hoewel daar soms probleme is, verloop die meeste vergaderings steeds goed.

Adjunkpresident David Mabuza sal vandag as voorsitter optree van ‘n virtuele vergadering met Eskom se taakspan. Van die kwessies wat bespreek sal word sluit in voorstelle vir die kragverskaffer se herstruktureringsplan, en die invordering van munisipale skuld. Eskom se gereedheid vir ‘n hoër vraag na elektrisiteit vir die winter sal na verwagting ook aandag kry.

Die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê hy het kennis geneem van die ontbinding van die regering in Lesotho nadat sy koalisievennote hul ondersteuning onttrek het. Dit volg nadat die speaker van die Nasionale Vergadering, Sephiri Motanyane, vroeër vandeesweek bevestig het dat die eerste minster, Thomas Thabane, op 22 Mei sy pos sal ontruim. Guterres sê hy hoop dat ‘n nuwe regering binnekort gevestig sal wees om op uitdagings te konsentreer soos die Covid-19 pandemie en die Basotho-geleide nasionale hervormingsooreenkoms wat verlede jaar gesluit is. Hy het ook die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap geloof vir sy pogings om vrede en stabiliteit in Lesotho te verseker.

‘n Aantal privaat skole in die land sal moontlik moet sluit weens die coronaviruspandemie. Die Nasionale Alliansie van Onafhanklike Skoolverenigings, sê onafhanklike skole is hard getref deur die inperking. Die Alliansie sê van die skole se geldsake lyk sleg omdat ouers sukkel om die skoolgelde te betaal. Die JSE-genoteerde privateonderwysgroep ADvTECH, het in April ‘n daling van 20 persent in die betaling van skoolgeld ondervind. Nóg ‘n groep, Curro Holdings, het afslag van 10 tot 15 persent aangebied vir skoolgeldrekeninge wat steeds tydens die inperking betaal word. ‘n Woordvoerder van die Alliansie, Ebrahim Ansur, sê die situasie is benard aangesien 90 persent van onafhanklike skole se inkomste van skoolgeld afkomstig is.

‘n Staatsdokter in Bangladesj sê twee Rohingya-vlugtelinge in die wêreld se grootste vlugtelingkamp het positief getoets vir Covid-19. Dit is die eerste bevestigde gevalle in die oorvol kampe by Cox’s Bazar. Hulpagentskappe waarsku dat die virus ‘n groot impak kan hê op die land se 800-duisend vlugtelinge. Die bevestiging van die twee gevalle volg nadat 36 mense getoets is. Sowat duisend-900 was na raming in aanraking met die twee gevalle. Amptenare probeer nou hierdie mense opspoor.

’n Bottel brandewyn, wat in die drankwinkel verkoop teen R65.70 is tans op die swartmark beskikbaar vir soveel as R130 tot R150, en die aanvraag is veel groter as wat voorsien kan word.Intussen is vasgestel dat daar drankwinkels is wat snags “oop is vir sake” met die onwettige handelaars, wat as smouse bekendstaan.Ingeligte bronne sê daar is gevalle wa die smouse die drank teen meer as ’n 1000% wins verkwansel aan diegene wat dit kan bekostig, en naarstigtelik soek na drank.Sigarette word tot R100 per pakkie verkoop, en sekere smouse verkoop slegs los sigarette vir meer as R5 elk.Intussen word sakeondernemings verbied om die produkte te verkoop, en verloor die Ontvanger van Inkomste miljoene Rand aan belastings.Alhoewel enkele smouse l vasgetrek is deur die polisie, wil dit lyk asof twee nuwe smouse na vore kom vir elke een wat gearresteer word.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Die Vryburger, , The Business insider, SABC,Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 9 Max 24

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 12 Max 26

Brits – Sonnig met ‘n Min 7 Max 23

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 8 Max 21

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 6 Max 20

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 5 Max 22

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 7 Max 23

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min 2 Max 21

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 3 Max 23

Upington – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 5 Max 27

Durban – Sonnig met ‘n Min 16 Max 24

Oos-London – Bewolk met ‘n Min 14 Max 23

Kaapstad – Bewolk met reën met ‘n Min 10 Max 20

Port Elizabeth – Bewolk met reën met ‘n Min 13 Max 22

Sutherland – Sonnig met ‘n Min 1 Max 16

Windhoek – Gedeeltelik bewolk met ‘n minimum van 6 en Max 27

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 6 Max 27

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 8 Max 28

 

Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Tjailatyd met Arlene

14.00 – Op die Horison saam met Ludwig

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

20:00 – Musiekmandjie met DJ Uiltjie speel saam dis pret

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq – werk op alles op die internet

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm
Sluit aan by ons Bakkiesblad by
https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/
https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/
http://netradiosa.co.za/?page_id=102


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply