Potgooi – Nuus & Weer 17 Augustus 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 17 Augustus 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 16 Aug 2020:

Wêreldwyd: Gevalle 21 826 634 Sterftes:  773 074 Herstel: 14 564 184 met 64 329 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 587 345 en die sterftes in SA na 11 839 Intussen het 472 377 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 103 129 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 3 400 638. SA is steeds die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

Die land skakel oor na Vlak 2 van die grendeltydperk vanaand om 24:00 alhoewel dit groter verligting op veral ekonomiese gebied beteken, bestaan die gevaar dat n tweede pandmie kan ontstaan. Ernstige bedenkinge word geopper oor die feit dat Vlak 2 nie vroeer aangekondig is nie, terwyl daar ook diegene is wat reken die beheermaatreels kan geheel en al afgeskaf word.

Verskeie toegewings en verslappings maatreëls word om middernag afgestel, soos sigaret verkope wat weer normaliseer, alkohol verkope binne beperkte ure en dae en restaurant wat ook soos kroeë alkohol mag verkoop, onderhewig aan bepaalde voorwaardes. Verskeie instansies sinspeel daarop dat Vlak 2 ingestel is om hofsake te vermy wat deur wynprodusente en sigaret vervaardigers beoog is.Intussen is verneem dat die sigaret maatskappy voortgaan met sy saak weens die massiewe bedrag aan inkomste wat verlore is.

Dit is vir TLU SA onaanvaarbaar dat ‘n nasionale beheerkamer wat deur die ANC oorheers word, inperkingsmaatreëls daarstel wat glad nie sin maak nie, op dubbele standaarde geskoei is en veroorsaak dat miljoene Suid-Afrikaners sonder inkomste of voedsel sit.
“Die land se ekonomie is tot op die grond vernietig as gevolg van die regering se inperkingmaatreëls,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA

Vier mense is dood toe die kar waarin hulle gery het Saterdagoggend teen ‘n muur in Belhar bots en aan die brand geslaan het. Die kar het op die R300 in die rigting van Bellville gery, toe dit die pad verlaat en teen die muur gebots het. Met nooddienste se aankoms op die toneel was die motor aan die brand en het hulle drie liggame, onherkenbaar verbrand binne in die voertuig gevind. Die liggaam van ‘n vierde persoon, wat uit die kar geslinger is, is op die dak van ‘n huis in Signal Close in Belhar gevind.

Eskom sê die kragnetwerk sal vandeesweek steeds onder groot druk verkeer weens vertragings in die herstel- en onderheidswerk by van sy opwekkingseenhede en vra dat verbruikers elektrisiteit spaarsaam gebruik. Die kragvoorsiener was verlede week genoodsaak om beurtkrag in te stel.

Twee mense sal na verwagting vandag in die Mzumbe-landdoshof aan die KwaZulu-Natalse suidkus verskyn in verband met die ontvoering van, en moord op ministens vyf vroue by Mthwalume. Die vroue se liggame is die afgelope paar maande in ‘n suikerrietplantasie in die gebied gevind, waarvan twee verlede week. Die liggame is naby mekaar gevind. Die minister van Polisie, Bheki Cele, het tydens ‘n besoek aan die gebied die naweek gesê die polisie het genoeg bewyse gevind om die twee verdagtes met die moorde te verbind. ‘n Groot aantal gemeenskapslede word buite die hof verwag.

Die polisie is op soek na minstens sewe verdagtes na ‘n rooftog by ‘n juwelierswarewinkel in die Cradlestone-winkelsentrum, wes van Johannesburg. Die rooftog het gelei tot ‘n skietery met drie polisiebeamptes wat nie aan diens was nie. Twee verdagtes en ‘n veiligheidswag is tydens die voorval gewond. Die verdagtes het in twee voertuie van die toneel gevlug met ‘n onbekende aantal gesteelde items.

Die polisie in die Oos-Kaap het sestien watertenks teruggevind nadat ‘n voertuig wat die tenks vervoer het naby Mthatha gekaap is. Die bakkie met twee sleepwaens was onderweg om die tenks af te lewer toe vier mans dit gekaap en die tenks by ‘n pakhuis in Dutywa gaan aflaai het. Die voertuig is later verlate in die dorp gevind nadat die opsporingstelsel geaktiveer is. Die polisie het die inligting opgevolg en die tenks ter waarde van nagenoeg 500-duisend rand in die pakhuis gevind.

 

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 8 Max 25

Nelspruit – Bewolk met ligte reën met ‘n Min10 Max 17

Brits – Sonnig met ‘n Min 7 Max 26

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 7 Max 23

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 7 Max 19

Vereeniging – Bewolk met ‘n Min 1 Max 22

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 6 Max 25

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min -2 Max 21

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 0 Max 23

Upington – Sonnig met ‘n Min 1 Max 21

Durban –   Bewolk met ‘n Min 13 Max 20

Durbanville – Bewolk met reënbuie met ‘n Min 6 Max 14

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 10 Max 20

Kaapstad – Bewolk met reënbuie met ‘n Min 8 Max 14

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 8 Max 19

Sutherland – Gedeeltelik bewolk met ‘n min -3 en max 11

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van -1 en Max 25

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 2 Max 22

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 7 Max 31

 

Loer gerus rond op ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en loer gerus rond daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak my gerus Kontak my op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Die boek Plundering Ontbloot, Operasie Bakarhu, deur ons eie Fanie Cronje kan nou ook bestel word vir aflewering deur Takealot, teen R1-50 by sms 48423. Sms bloot “Plundering” na 48423. Die prys is R200 plus Dan die R1-50 vir die sms

Luister met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Afrikaans bly Groot saam met Arlene

15:00 – Heruitsending van Treffers vanToeka tot nou saam met Ludwig

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
web https://netradiosa.co.za/

Tunein http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply