Potgooi – Nuus & Weer 18 Augustus 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 18 Augustus 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 17 Aug 2020:

Wêreldwyd: Gevalle 22 053 097 Sterftes:  777 488 Herstel: 14 796 489 met 62 053 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 589 886 en die sterftes in SA na 11 982 Intussen het 477 671 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 103 129 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 3 415 670. SA is steeds die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

 

Die publiek word daarop gewys dat hoewel besoeke aan familielede van môre af op Vlak 2 van die inperkingsregulasies weer toelaatbaar sal wees, nie meer as tien mense op ‘n keer byeen mag wees nie. Die minister van Samewerkende Regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het vanmiddag meer inligting oor die verslapte regulasies bekendgemaak. Sy sê streng voorwaardes sal steeds tydens sulke besoeke geld, wat insluit dat almal maskers moet dra.

Agri Wes-Kaap sê die opheffing van die verbod op alkoholverkope is goeie nuus vir die provinsie se landbousektor. Die bestuurshoof van die organisasie, Jannie Strydom sê die wynbedryf kan nou begin om te herstel.

“n 42-jarige vrou vanaf Zimbabwe is gister inhegtenis geneem by beitbrug met 496 eenhede springstof vervoer as blikkies Cobra-politoer en sal Woensdag in die landroshof in Musina veskyn.

Die polisie ondersoek ‘n saak van kindergeweld teen ‘n 33-jarige man van  Amanzimtoti KZN wat inhegtenis geneem is vir die besit van kinderpornagrafie nadat hulle op dwems terwaarde van R94 000 beslag gelê het wat in sy besit was en na tekens van kinderpornografie ondek is en op kinderpornografie op sy selfoon afgekom het.

Afriform het daarop gewys dat die nuwe konsepregulasies vir Internetsensorskapwet deur die regering gepubliseer in die Staatskoerant vaag en ongrondwetlik is. Ernst van Zyl van Afriforum sê soos wat dit tans uitsien is die voorgestelde wysigings vaag, onafdwingbaar, onprakties en oop vir misbruik in die sin dat dit die weg baan vir die regering om spraak te beheer en die vloei van inligting te misbruik.

Die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel het sy nuwe Hoof Uitvoerende Beampte aangestel wat die plek sal in neem wat tot onlangs deur Danie du Toit beklee was. Talib Sadik, die onafhanklike nie-uitvoerende direkteur is aangestel met onmiddelike effek. Du Toit het sy bedanking ingegee na minder as twee jaar diens in die pos, en het geen rede verstrek vir sy besluit nie. Talib Sadik was voorheen die hoof van Denel en het die pos byna vier jaar beklee.

Eskom het n waarskuwing uitgereik dat daar n hoe risiko bestaan dat beurtkrag hierdie week ingestel gaan word. Die laat kennisgewing kom aan die hand van die ysige weerstoestande wat deur n kouefront veroorsaak is, asook die feit dat die kragvoorsiener nie al die herstelwerk by verskillende kragsentrales afgehandel is nie. Gedurende die afgelope neweek het Eskom sy kragverminderings ingestel in dele van Natal, Sentraal Transvaal en in Oos-Transvaal waar agterstallige skuld en krag diefstal op grootskaal ondervind word. Die beurtkrag wat weer ingestel gaan word is volgens ekonome die slegste scenario waarin die land kan kom aangesien duisende en miljoene Rand se skade word veroorsaak. Eskom het ‘n beroep op die publiek gedoen om kragverbruik te verminder omdat die stelsel onder erge druk is. Die herstel van een opwekkingseenheid word vertraag, terwyl nog twee eenhede by die Tutuka en Hendrina kragstasies vandag onklaar geraak het. Een eenheid is weer aan die netwerk gekoppel. Eskom sê enige verdere verswakking in die kragnetwerk sal beteken dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel moet word.

Ses mense is in Eldoradopark, suid van Johannesburg, in hegtenis geneem nadat die polisie op miljoene rand se smokkelsigarette afgekom het. Die vonds volg op ‘n optrede deur die polisie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die ondersoekspan het inligting opgevolg dat die sigarette van ‘n perseel in die nywerheidsgebied in Eldoradopark versprei word. Hulle het toegeslaan terwyl smokkelaars besig was om sigarette in ‘n vragmotor te laai. Die Valke het die saak oorgeneem vir verdere ondersoek. Die verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn. Die polisie sê nog inhegtenisnemings kan volg.

Die polisie vra vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die moordenaars van ‘n dertienjarige meisie van Bultfontein in die Vrystaat wie se liggaam langs ‘n pad gevind is. Die tiener is vermoedelik met ‘n stuk draad verwurg. Haar hande en voete was met draad vasgebind en sy het bloed aan haar gesig gehad toe haar liggaam langs die R-708 by Phahameng gevind is. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat sy ook verkrag is. Die meisie het verdwyn nadat sy haar ouma sowat 400 meter van haar ouerhuis sou besoek. Die polisie is in kennis gestel toe haar ma haar nie kon opspoor nie.

‘n ANC-raadslid van Kaapstad is in hegtenis geneem in verband met die taxigeweld in die stad. ‘n Pendelaar is doodgeskiet en nog een gewond in ‘n skietery Vrydag by die Bellvile-taxistaanplek. Die polisie het nog sewe mense vir ondervraging ingeneem. Die Wes-Kaap se minister van Vervoer, Bonginkosi Madikizela, sê die taxi-oorlog plaas openbare vervoer onder groot druk. Hy het ook sy skok uitgespreek oor die beweerde betrokkenheid van die raadslid van Khayelitsha by die taxigeweld in die provinsie. Die verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn.

Die polisie soek na twee gewapende mans wat een persoon gewond het tydens ‘n rooftog waarin hulle twee poskantore naby Emalahleni in Mpumalanaga van kontant beroof het. Die polisie sê die swaar gewapende rowers het kassiere by die poskantore aangehou en geld uit die kasregisters geëis. Die polisie vra die publiek om op die uitkyk te wees vir die verdagtes wat ‘n wit Volkswagen Polo met rooi kantspieëltjies in albei voorvalle gebruik het. Die gewonde omstander se toestand is nie ernstig nie.

Die 9-jarige Leo Williams van St Helenabaai aan die Weskus het aan sy beserings beswyk. Dokters van die Rooikruis Kinderhospitaal het die lewensondersteunende masjiene na raadpleging met sy familie afgeskakel. Die seun was vir meer as twee weke in ‘n bedenklike toestand, nadat hy na bewering tydens diensleweringsbetogings in Laingville deur die polisie raakgeskiet is. Hy is in die kop getref terwyl hy binne die huis was.

Vyf verdagtes is in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met korrupsie, bedrog en geldwassery wat meer as 244-miljoen rand beloop. Die vyf is drie senior staatsamptenare, ‘n voormalige hoof van ‘n staatsdepartement en ‘n afgetrede persoon van die Vrystaatse Departement van Landbou. Die aanklagte hou verband met ‘n maatskappy wat bekendstaan as Superior Quality Trading wat ook as Rekgone-gemeenskapsprojekte handel dryf. Die Valke het afgekom op ongerymdhede in ‘n bankrekening tydens die ondersoek na die Estina-saak. Die Departement van Landbou het tussen 2012 en 2016 na bewering meer as 244 miljoen rand aan die maatskappy betaal. Die verdagtes sal more in die hof verskyn.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 1 Max 24

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 7 Max 29

Brits – Bewolk met reënbuie met ‘n Min 2 Max 22

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 3 Max 20

Johannesburg – Bewolk met reënbuie met ‘n Min -1 Max 15

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min -2 Max 16

Rustenburg – Bewolk met reënbuie met ‘n Min 2 Max 22

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min -5 Max 9

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min -3 Max 11

Upington – Sonnig met ‘n Min 1 Max 14

Durban –   Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 9 Max 19

Durbanville – Bewolk met ‘n Min 4 Max 13

Oos-London – Bewolk met ‘n Min 10 Max 17

Kaapstad – Bewolk met ‘n Min 8 Max 13

Port Elizabeth – Bewolk met swaar reënbuie met ‘n Min 9 Max 13

Sutherland – Bewolk met ‘n min -6 en max 5

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van -4 en Max 18

Keetmanshoop – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min -1 Max 17

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 2 Max 24

 

 

Loer gerus rond op ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en loer gerus rond daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak my gerus Kontak my op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

 

Die boek Plundering Ontbloot, Operasie Bakarhu, deur ons eie Fanie Cronje kan nou ook bestel word vir aflewering deur Takealot, teen R1-50 by sms 48423. Sms bloot “Plundering” na 48423. Die prys is R200 plus Dan die R1-50 vir die sms. Die e-boek is by Amazone beskikbaar teen R140 gaan na –  https://www.amazon.com/s?k=plundering+ontbloot&i=digital-text&ref=nb_sb_noss

 

Kuier saam op die webwerwe of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

 

 

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00- Boeke, Skrywers, Digters en Dinge met Fanie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
web https://netradiosa.co.za/

Tunein http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply