Potgooi – Nuus & Weer 18 Februarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 18 Februarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

 

Nuus

 

Vier mense is dood toe ‘n huis in Lotusrivier in Kaapstad aan die brand geslaan het. Die brand was in Cuckoo-singel. Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Die veroordeelde oud-tennisspeler, Bob Hewitt, sal na verwagting vandag die hooggeregshof in Port Elizabeth vra om hom op korrektiewe toesig vry te laat. Hy vra as alternatief dat ‘n datum bepaal word waarop die paroolraad oor sy moontlike parool sal besluit. Die paroolraad het in Oktober beslis dat Hewitt in die gevangenis aanbly hangende ‘n nuwe paroolaansoek. Twee van sy slagoffers het in daardie stadium sy vrylating op parool teengestaan. Die 79-jarige Hewitt het in 2016 sy straf van ses jaar gevangenisstraf begin uitdien vir die verkragting van twee meisies wat hy destyds afgerig het.

 

‘n Getuie by die staatskapingskommissie, wat net as Meneer X bekendstaan, sal na verwagting vanoggend sy getuienis oor die Mhlathuze-waterraad by Richardsbaai voortsit. Meneer X getuig van ‘n ongeïdentifiseerde lokaal nadat hy die naweek in ‘n getuiebeskermingsprogram geplaas is. Dié eienaar van ‘n konstruksiemaatskappy het gister getuig oor hoe sy maatskappy gebruik is om geld onregmatig te verskuif. Sy maatskappy sou geld van die waterraad ontvang vir werk wat nie gedoen is nie, en geld dan oorbetaal aan ander maatskappye. Meneer X het verduidelik hoe Mlathuze-waterraad se voormalige programbestuurder, Mboniseni Majola, na sy kantoor gekom het en met behulp van sy sekretaresse fiktiewe fakture geskep het.

 

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het die uitspraak van die Kaapse Hooggeregshof verwelkom dat buitelanders wat buite die Sentrale Methodiste Kerk in Kaapstad bly verwyder moet word. Meer as 600 buitelanders bly in die kerk sedert hulle verlede jaar van die sypaadjie buite die VN se Hoë Kommissariaat vir Vlugtelinge in Kaapstad verwyder is. Die menseregtekommissaris, Chris Nissen, sê dit was opportunisties van die groep se leiers om te eis dat hulle na Kanada geneem word.

 

Watervoorsiening na verskeie gebiede in die Ethekwini-munisipaliteit kan vandag geraak word weens onderhoudswerk aan ‘n tonnel. Die gebiede sluit in Bothas Hill, Kloof en Tshelimnyama. Die munisipaliteit sê watertoevoer sal tot môreoggend sesuur afgesny wees, maar opgaardamme is gister opgevul om te verseker daar is voldoende water vir minstens die volgende 48 uur. Watertenkwaens sal ook ontplooi word.

 

Suid-Afrika se Chinese gemeenskap het intussen ‘n dringende oproep gedoen op die publiek om nie langer teen hulle te diskrimineer weens die uitbreking van die Covid-19-virus nie. Hulle sê hulle is veral gekant teen die stereotipering dat alle Chinese eksotiese diere eet. Die Covid-19-virus het skynbaar in ‘n mark in die stad Wuhan ontstaan waar eksotiese diereprodukte verkoop word. Die Chinese Vereniging in Suid-Afrika sê mense loop draaie óm hulle al was hulle nie eens onlangs in China nie. Hubei owerhede het gister 1807 nuwe gevalle van besmettings aangemeld wat die getal daar alleen op 59,989 te staan laat, 41 957 nuwe pasiente is gehospitaliseer insluitend 1 853 wat in ‘n kritieke toestand is en  7862 pasiente is ontslaan. Wêreledwyd is die bevestigde gevalle al meer as 73,243. Kommer oor die tydperk wat die virus op oppervlaktes kan oorleef het die Chinese regering genoop om geldnote te was en te steriliser en ou note te vernietig aangesien geld va so baie hande verwissel as maatreël om die virus onder beheer te bring.

 

Die MultiChoice het sy nuwe prysstruktuur aangekondig vir 2020 wat vanaf 1 April in werking tree en wat daarop gemik is om nie nog meer kliënte te verloor nie. Die pryse word gemiddeld R10 per maand verhoog, maar dit dui ook daarop dat verbruikers reds weerstand toon teen die uitermatige duur TV in Suid-Afrika. Die “Compact” pakket word nie verhoog nie, uit vrees dat die swart kykers ook weerstand kan bie, maar kykers word daarop gewys dat die verhogings beteken dat sowat R120 per jaar meer betaal moet word terwyl die kanale ie veel bied wat die verhogings regverdig nie.Verlede jaar het MultiChoice talle kliënte verloor weens omstrede opmerkings en onrealistiese prys aanpassings, en talle kykers kla oor die uitermatige baie herhalings van programme, wat daarop dui dat di aanbieders ingestl is op advertensie inkomste en nie op kykers se behoeftes nie.

 

’n Man is gearresteer vir die onwettige besit van paltinum ter waarde van ’n beraamde R800 000, se die Valke se woordvoerder, Kaptein Tlangelani Rikhotso. Die vermeende dief is gearresteer terwyl hy besig was om die platinum te smelt op twee gasstowe en in ’n stoof se oond. Die 62-jarige van Hartbeespoort is klaarblyklik reeds vir ’n geruime tyd besig met die diefstal en smeltery, maar is slegs een van menige diewe wat hulle lewe maak uit die onwettige handel in edel metale. Die onwettige goud delwers gaan ongestort voort om te delf in ou goudmyne, en huiwer nie om enige iemand wat die naby die onwettige bedruf sou waag, te vermoor nie. Dit is onbekend hoeveel minerale werklik deur onwettige handel verkoop word, maar deskundiges beweer dat dit tot R5 miljard per jaar kan beloop.

 

Die vergete Nasionale Party se leier van weleer, FW de Klerk, word van oral oor geroskam omdat hy gesê het apartheid is nie ’n misdaad teen die mensdom nie. Dit sou hom bepaald beter gepas het om niks oor apartheid kwyt te raak nie, maar nou het die Mandela Stigting gevra vir ’n ontmoeting met die De Klerk Stigting sodat klaarheid gekry kan word. Intussen het die verskillende politieke partye ook hulle mening uitgespreek oor FW se uitlating, en word daar selfs eise gestel. Opposisiepartye eis dat De Klerk sy Nobelprys vir Vrede se bedrag teruggee en ander eis dat hy die medalje wat gegee is tydens die toekenning, teruggegee word aan die Nobelprys organiseerders. Selfs die vergete DA leier van vroeër, Tony Leon, het galsterige opmerkings gemaak oor FW se siening van apartheid.

 

Uit behoudende geledere het die Afrikaner Selfbeskikking Party ook hulle mening gegee terwyl ander behoudende volksgenote vra waarom FW de Klerk nou so ’n uitlating kan maak nadat hy apartheid verwerp het as leier van die eertydse regerende NP.

 

Julius Malema het die regering gewaarsku en/of ontmoedig om Jacob Zuma tronk toe te stuur sou hy skuldig bevind word aan korrupsie.  Sy redenasie is dat Zuma te oud is om tronkstraf uit te dien en moet eerder “alternatiewe” straf opgelê word. Hy vra dan ook hoekom Ramaphosa nog nie vervolg is rondom sy “aandeel” in die Marikana slagting nie. Malema sê dat Ramaphosa, Nathi Mthethwa (vorige polisie minister), Susan Shabangu (vorige minerale bronne minister) en Riah Phiyega (vorige nasionale kommissaris)  almal tronk toe met gaan  vir die moord op “hul mense”.

 

Cyril Ramphosa sal die eerste president van die ruwe Suid Afrika wees wat se salaris meer as R 3 miljoen sal wees.  Dit volg na aanbevelings van die kommissie van Vergoeding rondom die betaling van Openbare amptenare.  David Mabuza sal net oor die R 2,91 miljoen verdien. Die vakverbond Cosatu het gevra dat alle amptenare se salaris vir drie jaar gevries moet word weens die swak ekonomiese toestand van die land.

 

Na Carl Niehaus se uitbarsting rondom die ANC se hantering van Jacob Zuma het die ANC ‘n verklaring uitgereik waarin hulle hul besorgdheid uitspreek rondom pogings om die eenheid binne die ANC te ondermyn.  Die verloopte liberalis , Niehaus, het Zuma verdedig en die ANC daarvan beskuldig dat hul die reputasie en integriteit van Zuma bevraagteken deurdat FW de Klerk genooi is na Ramaphosa se staatsrede en Zuma klaarblyklik nie.

 

Eskom het aangekondig dat hul vrywillige kontants skeidings pakkette aanbied aan werkers wat ouer is as 60 jaar en wat nie-kern poste vul nie. Die pakkette is vir bestuurders wat nie-kern posisies vul asook diegene tussen 60 en 62 jaar ongeag watter poste hul vul.  Dit is glo ‘n poging om die opgeblaaste werksmag getal te verminder.  Ondersoeke het getoon dat Eskom meer as 16,000 werknemers het nie werklik produktief is nie. Die skuif word gesien as ‘n poging om van werkers ontslae te raak sonder dat hul mense moet afdank en met die unies en regering bots.  Intussen beplan die besigheids reddings span van SAA om 1,000 werkers af te lê by die bankrot lugredery.

 

Honderde handboeke, splinternuut en vir 2020 skool leerplan gelewer, is gevind op die ashoop naby Ster Park in Pietersburg. Die nuwe boeke wat verstrooi gelê het op die vullishoop is vir leerlinge van Graad R tot Graad 12, en is later bymekaargemaak en aan die polisie oorhandig. Die Departement van Onderwys sal glo die boeke nagaan om te bevestig of dit handboeke is wat vir vanjaar se skooltermyne bedoel is. Iemand het blykbaar by die vullishoop verbygegaan onderweg na sy werkplek en die klomp nuwe boeke gesien, waarna die polisie in kennis gestel is en dit na die polisiestasie geneem is vir bewaring. Blykbaar het die Departement reeds in November sy aflewerings van nuwe boeke afgehandel, en lewer nou net kleiner besendings af waar tekorte mag wees.

Bronne: CNN, Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 18 Max 31

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 20 Max 28

Brits – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 31

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 27

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 15 Max 25

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 17 Max 27

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 29

Bloemfontein – Bewolk en warm met reënbuie met ‘n Min 17 Max 23

Kimberley – Bewolk en warm met reënbuie met ‘n Min 18 Max 24

Upington – Bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 22 Max 30

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met ligte reënbuie met ‘n Min 21 Max 26

Oos-London – Bewolk en warm met ligte motreën met ‘n Min 20 Max 23

Kaapstad – Bewolk en warm met ‘n Min 17 Max 26

Port Elizabeth – Bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 19 Max 24

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 16 Max 28

Windhoek – Bewolk en warm met reën en donderweer met ‘n minimum van 18 en Max 26

Keetmanshoop – Bewolk en baie warm met reënbuie met ‘n Min 22 Max 33

Grootfontein – Bewolk en warm met reënbuie met ‘n Min 18 Max 28

 

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
11:00 – Digters en Skrywers forum met Cathy Corrie staan in Met Menslief ek is lief vir jou –  Liefdes tale

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet
web https://netradiosa.co.za/ http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply