Potgooi – Nuus & Weer 18 Mei 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 18 Mei 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 

Luister weer…

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

Coronavirus Gevalle wêreldwyd: 4 805 935 Sterftes:  316 753 Herstel: 1 860 226 soos laaste berig einde 17 Mei 2020 SA 15 515 met 264 sterftes en 7 006 herstel uit 460 873 getoets vir die virus

Die organisasie wat hom beywer vir menseregte vir gevangenes, SAPOHR, het ‘n beroep op die regering gedoen om ‘n bykomende 24-duisend gevangenes uit tronke landwyd vry te laat. President Cyril Ramaphosa het vroeër aangekondig dat sowat 19-duisend gevangenes op parool vrygelaat sal word om die verspreiding van die coronavirus in oorvol tronke te beperk. Minstens 571 gevangenes en tronkamptenare het dusver by tronke landwyd positief vir Covid-19 getoets. Die bestuurshoof van SAPOHR, Miles Bhudu sê daar is tans meer as 160-duisend gevangenes landwyd terwyl die infrastruktuur gebou is om tussen 118- en 120-duisend te huisves. Hy sê dit beteken dat dit nie genoeg sal wees om slegs 19-duisend gevangenes vry te laat nie. Volgens Bhudu het hy aan President Ramaphosa geskryf om oor die kwessie in gesprek te tree.

Die organisasie, Sakeliga, sê die nasionale regering oorskry sy grense ten opsigte van beheer oor provinsies wanneer dit by die inperkingsmaatreëls kom. Sakeliga het hom ook tot die hof gewend in ‘n poging om van die regering se Covid 19-regulasies te wysig. Sakeliga wil die reg van ondernemings herstel om sonder ‘n staatspermit sake te doen – ongeag die vlak van inperking. Hul vra ook dat die hof ‘n bevel uitreik dat wetstoepassers nie enige besigheid kan verhoed om handel te dryf nie. Die organisasie sê provinsiale en plaaslike regerings moet self kan besluit oor of die provinsie gereed is om sy ekonomiese bedrywighede te hervat.

Die Minister van Mineralebronne, Gwede Mantashe, sê hy is tevrede met die maatreëls wat Impala platinum ingestel het om mynwerkers op te spoor wat Covid 19 onder lede het. Mantashe en die premier van Limpopo, Stan Mathabatha het gister in Bela Bela met die bestuur van Implats vergader. Negentien werkers by die Marula Platinummyn in Burgersfort het positief vir Covid 19 getoets. Mantashe sê dit goed dat die infeksies opgespoor is voordat die werkers ondergronds gegaan het. Die minister sê alles moontlik moet gedoen word om te keer dat werkers wat siek is ondergronds gaan, want dit kan tot gevolg hê dat die hele myn gesluit sal moet word.

Die 2020 Wêreld-indeks vir Persvryheid het Suid-Afrika vierde in Afrika geplaas en 31ste in die wêreld. Namibië beklee die eerste plek op die vasteland en 23ste in die wêreld. Noorweë is die land met die meeste persvryheid, gevolg deur Finland, Denemarke en Swede. Noord-Korea is onderaan die lys. Die indeks, wat deur die organisasie Verslaggewers sonder Grense – RSF – saamgestel word, toon dat die volgende dekade beslissend gaan wees vir die toekoms van joernalistiek. Die opstellers sê die coronaviruspandemie het die faktore beklemtoon wat in die media se pad kan staan om vry en onafhanklik oor betroubare inligting te berig.

Vier mans wat met renosterhorings in hul besit betrap is, sal na verwagting vandag in die Citrusdal-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn. Die verdagtes is die afgelope naweek deur lede van die Malmesbury-veediefstaleenheid, die misdaadinteligensie-eenheid van Vredendal en amptenare van Cape Nature vasgetrek. Hulle sal aangekla word van handel in beskermde plantegroei en die besit van renosterhoring.

Die hoogste besluitnemingsliggaam van die Wêreldgesondheidsorganisasie gaan ‘n resolusie oorweeg waarin gevra word vir ‘n gesamentlike wêreldwye poging om entstowwe te ontwikkel en te lisensieer. Die vergadering van die Wêreldgesondheidsliggaam begin vandag in Genevé met die fokus op die coronaviruspandemie. Volgens die voorgestelde resolusie deur die Europense Unie en die Afrika-groep, moet entstowwe en medisyne veilig, bekostigbaar en beskikbaar vir almal wees. Die resolusie beklemtoon die belangrikheid dat armer lande die Covid 19 pandemie moet oorkom en dat korrekte en volledige inligting oor openbare gesondheid van ledelande beskikbaar gestel moet word. President Cyril Ramaphosa sal saam met Duitsland, Suid-Korea en die Verenigde Nasies openingsredes lewer.

Die burgemeester van die grootste stad in Brasilië, Sao Paulo, het ‘n beroep op inwoners gedoen om die inperkingsregulasies streng na te kom. Bruno Covas waarsku dat die stad se gesondheidstelsel op die punt van ‘n ineenstorting is. Brasiliane raak al hoe meer gefrustreerd en steur hule nie meer aan inperkings nie. Brasilië het Spanje en Italië verbygesteek en het nou die vierde meeste bevestigde corona-infeksies in die wêreld. Bykans 15-duisend nuwe gevalle is die afgelope 24 uur aangemeld wat die totale syfer op meer as 233-duisend te staan bring. Slegs Amerika, Rusland en die Verenigde Koninkryk het meer gevalle.

Die inperkings maatreëls het enkele gevalle wat die bevolking ernstig frustreer, en kan selfs lei tot burgerlike ongehoorsaamheid.Behalwe vir die feit dat die swartmark handel in alkoholiese drank en sigarette, verloor die staat miljoen Rand aan belasting terwyl die grootste gedeelte van die bevolking tog kry wat hulle vra.Die eienaars van haar-salonne is selfs bereid om die hof te nader sodat hulle hul salonne kan heropen, maar intussen word honderde salonne se gereelde kliënte stilweg vanaf woonhuise bedien.Nou wil die regering Fase 3 se in werking treding verhaas en waar dit eers aan die einde van Mei sou gewees het, is dit bekend gemaak dat die datum vervroeg word. Of haarsalonne, sigaret verkope en alkoholiese drank toegelaat gaan word in Fase 3, word betwyfel, want sou dit wel toegelaat word terwyl stedelike gebiede nog in Fase 4 sal bly, gaan erge ontevredenheid wek.

Die presidensie het aan die media gesê die ANC se president, Cyril Ramaphosa, en sy kabinet, sowel as die sogenaamde Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings Raad werk na die punt om die grootste deel van die land na Fase 3 te neem voor einde Mei vanjaar.Die presidensie se woordvoerder, ene Khusela Diko, sê Ramaphosa het tydens ’n “virtuele vergadering” van die span aangedui dat gereed gemaak word om weg te beweeg van Fase 4 ’n Fase 3, maar dat sekere gebiede waarskynlik sal bly in Fase 4 weens die groot aantal infeksie gevalle.Die vergadering is glo die eerste van sy soort waar die regering en die sosiale partye saam besin het, en dit word voorsien dat sulke “virtuele vergaderings” ook vir die toekoms beplan word.Die sogenaamde sosiale partye, wie dit ook al mag wees, het glo hulle steun gegee aan die vooruitsig om na Fase 3 te beweeg voor die einde van Mei, maar kenners reken die stap is ietwat te vroeg as die toename in infeksie gevalle in aanmerking geneem sou word. Die feit dat nuwe infeksies met sowat 800 gevalle per 24 uur styg, is ’n aanduiding dat daar nie te vinnig na Fase 3 beweeg moet word nie, is gesê.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Die Vryburger & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 8 Max 24

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 11 Max 27

Brits – Sonnig met ‘n Min 7 Max 26

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 8 Max 24

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 6 Max 21

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 4 Max 22

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 8 Max 26

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 4 Max 23

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 8 Max 25

Upington – Sonnig met ‘n Min 12 Max 29

Durban – Sonnig met ‘n Min 14 Max 25

Oos-London – Bewolk met ‘n Min 14 Max 23

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 12 Max 20

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 12 Max 22

Sutherland – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 6 Max 22

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 3 en Max 25

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 10 Max 29

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 6 Max 26

 

Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
12:00 – Arlene met Afrikaans bly Groot

15:00 Ludwig met heruitsending  van Treffers van Toeka tot nou
19:00 – Meditation with Dr.Tienie Eilers
Luisterskakels vir die Radio:
web https://netradiosa.co.za/

Tunein http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply