Potgooi – Nuus & Weer 19 Augustus 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus & Weer 19 Augustus 2019

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

Die humanitêre hulpverleningsorganisasie Gift of the Givers, help ook nou soek na twee jong Suid-Afrikaners wat in Viëtnam vermis word. Die stigter van die organisasie, Imtiaz Sooliman, sê die twee mans, onderskeidelik van Kaapstad en Roodepoort, het as onderwysers in die buiteland gewerk toe hulle verdwyn het. Sooliman sê hy was reeds met albei gesinne in verbinding. Hy meen bespiegelings dat die voorval met dwelms verband hou, is glo net ‘n rookskerm. Volgens Sooliman is die mans moontlik ontvoer deur ‘n Viëtnamese sindikaat wat onwettig handel dryf in menslike organe.

 

 Drie inwoners van die Hekpoort-omgewing in Gauteng is die naweek in ’n plaashuis aangehou en erg aangerand. Hulle is met ’n strykyster gebrand en kookwater is oor hulle gegiet. Netwerk24 het betroubaar verneem ’n man, sy meisie en die meisie se broer is Vrydagaand in hul huis oorval. Familielede van die drie wou Sondag nie kommentaar lewer nie.  “Die saak word deur die polisie ondersoek en dinge is baie sensitief in hierdie stadium,” het ’n vrou, wat nie haar naam genoem wil hê nie, aan Netwerk24 gesê.  Konst. Gloria Maswanganye, polisiewoordvoerder, sê die man en sy meisie het wakker geword van honde se geblaf. Vier mans het daarna hul kamer binnegekom en hulle met vuurwapens en messe gedreig. Die aanvallers het die kluissleutels en geld geëis.” Die man het glo vir die aanvallers gesê hy het nie ’n kluis of kontant nie, waarna hy met ’n moersleutel aangerand is.

Hierna is die man saam met sy meisie en dié se broer vasgebind terwyl die rowers die huis deursoek het. Die rowers het met kontant, twee vuurwapens, juweliersware, selfone en elektroniese ware op die vlug geslaan. Maswanganye waarsku dat die verdagtes nie genader moet word nie omdat hulle as uiters gevaarlik beskou word. Inligting kan aan die Hekpoort-polisiekantoor gegee word. Die foonnommer is 014 576 9100.

Bron:  Netwerk 24

‘n Man is in ‘n kritieke toestand nadat hy geskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n vulstasie se geriefswinkel op die N12 buite Fochville. Volgens ER24 het die man op die toneel noodbehandeling gekry voordat hy na die hospitaal op Carletonville geneem is. Die man se vrou is vir skok behandel. Die polisie ondersoek die voorval

Die polisie in Bela-Bela het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n dubbele moord in dié provinsie. ‘n Bekende sakeman van Radium en een van sy werkers is vermoor. ‘n Groep mans het Simon Malebane en sy werker aangeval en geskiet. Albei mans se hande was vasgebind toe daar op hul lyke afgekom is. ‘n Polisiewoordvoerder sê die vermoede bestaan dat die twee met Malebane se vuurwapen vermoor is. Malebana was voor sy dood glo in ‘n geskil betrokke met lidmate van sy kerk oor die verkryging van ‘n stuk grond.

 Die ekonomiese “kenners” binne die ANC het weereens die party se begeerte bevestig om privaat en openbare  pensioen fondse se geld  te gebruik om bankrot staats entiteite te probeer red. Enoch Godongwana, hoof van die ANC se ekonomiese transformasie subkomitee, sê dat die bate bestuur industrie met R6 triljoen sit. Dit sluit pensioen fondse, versekeraars en ander beleggers in en diegene moet van die geld aan die staat leen aangesien dit ‘n beter opsie is as om die Internasionale Monetêre Fonds te vra vir ‘n reddingsboei. Hy meld nie hoe die geld terug betaal gaan word nie.

Die afgelope week is bykans 1,600 kubieke meter (1,6 miljoen liter) olie en suur in die Mduduzi Rivier gestort.  Willowton Oil is verantwoordelik vir die ramp wat beskou word as van die grootste in die geskiedenis van Natal.  Cato Ridge en die Umgeni Rivier is reeds besoedel en die besoedeling het die Inanda dam bereik wat gevoer word deur die rivier. Kenners meen dat dit jare sal neem voordat die ekologie herstel kan word en meen die benadering wat deur die owerheid gevolg word, die moontlikheid van herstel baie skraal is. Duisende visse het gevrek en die naby geleë plantegroei is besig om te kwyn van die verstikkende olie in die dam. Na 80 jaar het die laaste Volkswagen kewer van die monteerband gekom om ’n einde te bring aan die een motor wat die wêreld se bekendste voertuig geword het. In Meksiko se Volkswagen aanleg is die Kewertjie verlede maannd vir die laaste maal van die monteer vervoerband afgehaal om nie weer verder vervaardig te  word nie. Dit was Adolf Hitler wat gesê het Duitsland moet ’n “motor vervaardig vir die Duitse volk”, en enkele maande later is die Volkswagen aan hom voorgelê met die hoop dat hy sy goedkeuring daaraan sou gee. Slegs 65 “Finale Uitgawe” van die welbekende motor het in Meksiko se Volkswagen aanleg van die monteerband gekom, en sal waarskynlik die mees gesogte versamel item wees wat motor versamelaars kan bekom.

Die nuwe wet wat pas deur die parlement goedgekeur is, kan meebring dat byna 10 miljoen mense se skulde afgeskryf mag word. Die wet wat gesien word as ’n bevoordeling van hoofsaaklik swart mense wat skulde aangegaan het terwyl hulle inkomste sodanig is dat hulle nie die skulde kan betaal nie, het veral die bankiers erg bekommerd. Mense moet egter ’n lang proses van aansoeke deurmaak om vrygestel te word van die skuld wat aangegaan is, en dit kan maande duur voor die aansoeker bevry is van die skulde. Die een voorwaarde is dat die persoon se inkomste minder as R7,500 per maand moet wees. Klerewinkels en bankiers gaan swaar trek om al die skulde af te skryf, en sal waarskynlik nuwe maatreëls in plek sit wat lae inkomste kliënte geen of baie min skuld toe te staan. Ekonomiese adviseurs wys daarop dat die wet beteken dat miljoen Rand se goedere weggegee is deur winkeliers en dat banke geld weggegee het sonder om ’n sent terug te kry. ’n Wesenlike voorbeeld is van iemand wat R7,000 per maand verdien, en ’n totale skuldlas by verskillende instansie het van R40,000, dan kan die skuldenaar aansoek doen om dit te laat afskryf, en die skuldeiser is die verloorder, en kan selfs verskeie instansies dwing om hulle deure te sluit.

TLU SA stel graag die Plaashuise Register bekend om boere wat in nood verkeer by te staan met verblyf.
Dié inisiatief spruit uit ‘n idee van mnr. Bertus van der Westhuizen, die Voorsitter van TLU SA: Vrystaat, om ʼn register van leë bewoonbare plaashuise saam te stel waar boere moontlik ‘n tussentydse heenkome kan vind.  “Dit is ‘n gegewe dat daar ‘n klomp boere in die proses van uitwinning is,” sê mnr. Van der Westhuizen. “Dit is ook ‘n gegewe dat niemand teen die kragte van die natuur kan baklei of vrywaring teen natuurrampe ontvang het nie. Rampe kan enige boer, groot of klein, tref en tot noodlottige toestande lei.
“TLU SA is opreg bekommerd oor die toekoms van hierdie boere. Van hulle het ‘n heenkome, maar ander nie. Dit is nie binne die organisasie se vermoë om elkeen van hierdie boere finansieel by te staan nie, maar daarom vat ons graag hande met ons gemeenskap om oplossings te vind.”  Die Plaashuise Register sal by TLU SA se Hoofkantoor bygehou word om boere en weldoeners se persoonlike inligting te beskerm.
Wanneer TLU SA in verband met nood behuising genader word, sal die organisasie dan as tussenganger optree om die betrokke partye met mekaar in verbinding te plaas. Daarna sal die partye self met mekaar onderhandel. TLU SA sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir die proses nie en sien dit as ‘n private aangeleentheid.

 Die EFF het bevestig dat een van sy parlementslede ‘n skenking ontvang het uit die geld wat ingesamel is vir president Cyril Ramaphosa se presidensiële veldtog. Tebogo Mokwele het teenoor haar party erken dat sy veertig duisend rand van Ramaphosa ontvang het. Die skenking het volgens haar verband gehou met ‘n persoonlike probleem. ‘n Woordvoerder van die party sê die geld is aan Mokwele gegee uit meegevoel met die afsterwe van twee van haar familielede in April vanjaar. Die EFF sê daar sal nog besluit word watter stappe teen Mokwele ingestel gaan word weens die skenking.

 

Die Automobiel Assosiasie sê hy ondersoek die grondwetlikheid van die Aarto-wetgewing wat verlede week deur President Cyril Ramaphosa onderteken is, om te bepaal of enige regstappe moontlik is teen die implementering van die wet in sy huidige vorm. Die AA sê die wet plaas te min klem op die hoofoorsake van motorongelukke, soos mense wat teksboodskappe stuur of oproepe maak terwyl hulle bestuur of mense wat nie sitplekgordels dra nie. Die datum waarop die wet in werking sal tree moet nog in die staatskoerant gepubliseer word. ‘n Woordvoerder van die AA, Layton Beard, sê hulle sal binne die volgende paar dae besluit of hulle met regstappe sal voortgaan, of nie.

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gaan vanoggend voort met sy sitting in Parktown, Johannesburg. ‘n Voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mxolisi Nxasana, sal vandag weer voor die kommissie getuig. Nxasana het sy pos vroeër ontruim na hy ‘n skikking van sewentien komma drie miljoen rand met oudpresident Jacob Zuma bereik het. Die Konstitusionele Hof het verlede jaar bevind dat Nxasana tien miljoen rand van die skikking moet terugbetaal, omdat sy afdanking ongrondwetlik en ongeldig was. Dit sal sy tweede verskyning voor die kommissie wees. Tydens sy eerste verskyning het hy getuig oor politieke en eksterne inmenging by die kantoor van die openbare vervolger. Getuienis oor die Estina-suiwelplaas buite Vrede in die Vrystaat sal more voor die kommissie hervat word.

‘n Lid van die polisie se teenbende-eenheid in die Wes-Kaap verskyn na verwagting vandag in die landdroshof in Franschhoek in verband met die dood van ‘n kollega. Sersant David Hoffman is Saterdag dood na hy glo tydens ‘n stryery deur ‘n kollega in die kop geskiet is. Hoffman was tydens die voorval van diens af. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek ook die saak.

Twee mense sal na verwagting vandag in die landdroshof in Alexandria in die Oos-Kaap verskyn na hulle in besit betrap is van mandrax-tablette met ‘n straatwaarde van sowat vyf miljoen rand. Die man en vrou is die naweek op die N2-snelweg buite Port Elizabeth vasgetrek. Lede van die polisie se blitspatrollie het hul motor voorgekeer omdat dit verdag voorgekom het. ‘n Polisiewoordvoerder sê beamptes het die motor deursoek. Hulle het in die kattebak op vyftig plastieksakke met elk sowat eenduisend-500 mandrax-tablette afgekom.

‘n Oos-Kaapse pa en sy kind is die naweek dood nadat ‘n plakkershuis in Maletswai by Aliwal Noord afgebrand het. Die polisie sê beamptes wat in die gebied gepatrolleer het, het op die brand afgekom. ‘n Vrou het die brand oorleef, maar haar 30-jarige man en 12-maande oue baba is op die toneel dood. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

  

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 10 Max 29

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm later met ‘n Min 12 Max 34

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 15 Max 28

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 13 Max 23

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 11 Max 25

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 9 Max 27

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 25

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 12 Max 25

Durban – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 18 Max 21

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met matige reën met tye met ‘n Min 15 Max 20

Upington –      Sonnig met ‘n Min 11 Max 25

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 13 Max 16

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n Min 14 Max 18

Sutherland – Sonnig en vriesend koud in die oggend met ‘n Min -1 Max 17

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

 

Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Afrikaans bly Groot saam met Arlene

15:00 –  Heruitsending van Treffers van Toeka tot nou saam met Ludwig

17:00 – Menslief ek is Lief vir jou saam met Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

 

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet
web https://netradiosa.co.za/ http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply