Potgooi – Nuus & Weer 19 Mei 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 19 Mei 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer… klik Hier

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

Coronavirus Gevalle wêreldwyd: 4 894 582 Sterftes:  320 192 Herstel: 1 909 433 soos laaste berig einde 18 Mei 2020 SA 16 643 met 276 sterftes en 7 298 herstel uit 475 071 getoets vir die virus

Die sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres het Suid-Afrika se hantering van die Covid-19 pandemie geloof. Guterres het in New York met die SAUK gepraat in die aanloop tot die bekendmaking van sy beleidsdokument oor die impak van die coronavirus op Afrika. Hy sê dit was nodig vir Suid-Afrika om streng maatreëls in te stel om die verspreiding van die virus te beperk, maar dat dit met ekonomiese herstel gepaard moet gaan.

Die Groter Orania Inwonersvereniging sê hulle gaan President Cyril Ramaphosa versoek om die Noord-Kaap na Vlak Een van inperking te skuif. Die provinsie het die minste coronavirusgevalle in die land met 37 infeksies. Geen sterfte is nog aangemeld nie. Die woordvoerder van die beweging, Joost Strydom sê die provinsie wil sy ekonomie aan die gang kry en mense aan die werk kry.

Die polisie het met ‘n soektog begin na die moordenaars van ‘n man in Braamfontein in Johannesburg. Volgens die polisiewoordvoerder, Kay Makhubele, het die man in sy motor sit en eet toe ‘n voertuig langs hom stilgehou het. Die aanvallers het hom geskiet en van die toneel weggevlug. Makhubele sê die motief vir die skietery is nie bekend nie. Die polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting wat in die ondersoek gebruik kan word.

Twaalf mense is die afgelope naweek in Kaapstad in hegtenis geneem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid, JP Smith sê een van die oortreders is ‘n werktuigkundige wat ‘n kliënt se motorfiets vir ‘n toetsrit geneem het. Hy het volgens ‘n beampte van die stad 247 kilometer per uur op die N-1 by Bellville gery. Die man is in hegtenis geneem vir roekelose bestuur. Van die ander oortredings waarvoor mense in hegtenis geneem is sluit in dwelmbesit, dronkbestuur, aanranding en die oortreding van inperkingsregulasies.

Madagaskar het Sondag aangekondig dat hy ’n eerste sterfgeval gehad het wat veroorsaak is deur infeksie van die COVID-19 virus.Dit kom te midde van die feit dat die eiland se president beweer dat hulle oor ’n sekere kruiesoort beskik wat die pasiënt genees.Die sterfgeval is ’n 57-jarige hospitaal werker, wat na twee maande sedert die eerste infeksie geval aangekondig is, te sterwe gekom het’n Regerings woordvoerder het later gesê die persoon is dood omdat hy te siek was om van die wondermiddel te drink.Intussen is ook aangekondig dat die eiland se infeksie gevalle tot 304 gestyg het, en dat meer infeksies en sterfgevalle nou verwag word.Die oorledene was ’n motorwag op die parkeerterrein van die hospitaal in die stad Toamasina en was ook ’n diabeet.Deskundiges sê die swak verweer dat die man te siek was om medikasie te drink wil die indruk wek dat die medikasie se medisinale waarde bevraagteken kan word.

Die insmokkel van sigarette uit Zimbabwe het die afgelope maande skerp toegeneem, en alhoewel die polisie die naweek op ’n groot besending gekonfiskeer het, is dit slegs die punt van die ysberg. Terwyl daar sprake is dat Fase 3 voor einde Mei ingestel gaan word in die plattelandse gebiede, is die groot vraag na sigarette in die stedelike gebied en daarom sal die swartmark handel nie maklik gestop word nie. Die deurgang by die noordelike provinsie na Zimbabwe is die naweek deur die polisie dopgehou, en met ’n gesukkel is R1,4 miljoen se sigarette uitgeruil wat met vier voertuie deur die grens beweeg het. Limpopo is daarvoor bekend dat hy die provinsie is waar die sigarette uit Zimbabwe ingesmokkel word na Suid-Afrika.Kenners wys daarop dat die besending maar ’n druppel in die swartmark emmer is, en die feit dat die polisie nie daarin kon slaag om al die belhamels aan te keer nie, bevestig weer dat smokkelaars nie net goed is met onwettige handel nie.

Europese deskundiges het gewaarsku dat die wêreld se geteisterde lande staatmaak op die reuse lenings van miljarde Rand om werkloses en sakelui finansieel te ondersteun, maar ook ’n gulde geleentheid is vir korrupsie.Die moontlikheid het reeds in Suid-Afrika na vore gekom waar die owerheid kospakkies laat uitdeel aan verhongerde mense, maar dat diegene in beheer hulle naasbestaandes en vriende voorkeur laat geniet.Ernstige beswaar word ook ingestel teen die ANC-SAKP regering oor hulle verwronge haatdraendheid teenoor blanke sakelui wat nie deel is van die Swart Ekonomiese Bevoordeling (SEB) nie.Blanke sakeondernemings wat nie SEB gekoppel is nie, sal glo nie deur die regering se hulpfondse bygestaan word nie, en word allerweë beskou as die grofste wyse van haatdraendheid wat in ’n krisis tyd openbaar kan word.Ekonome sê dit is ’n nuwe vorm van apartheid wat deur die regering toegepas word en behoort aan die Verenigde Nasies se afdeling vir Menseregte aangegee te word.

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê sommige Suid-Afrikaners wat van ander lande gerepatrieer is weens die coronaviruspandemie, het gevra om teruggeneem te word omdat daardie lande inperkings verslap en hul ekonomieë heropen. Duisende Suid-Afrikaners is reeds teruggebring en minstens 200 keer na verwagting Vrydag terug van Indië, hangende hul Covid-19 toetsuitslae. Pandor sê die repatriasieproses duur voort ten spyte van sekere uitdagings.

Nege veiligheidswagte verskyn vandag in die Krugersdorpse landdroshof in verband met die ontsnapping van 37 buitelanders uit die Lindela-repatriasiesentrum. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die buitelanders gehelp het om te ontsnap deur hulle poste te verlaat. Die wagte voer egter aan dat hulle weggestap het omdat hulle nie oortydbetaling kry nie. Die president van die Black Power burgerregtebeweging, General Thekiso, sê hulle sal by die hof betoog en hulle lede ondersteun.

Ses van die sewe mense wat in hegtenis geneem is vir die ontvoering van en moord op ‘n graad-12 leerder, Andile Mbutu, sal vandag om borgtog aansoek doen. Die aansoek sal in die Verulam-landdroshof aangehoor word. Die sewende beskuldigde is minderjarig en sy aansoek sal by die Kinderhof ingedien word. Die beskuldigdes is in hegtenis geneem ‘n dag nadat die liggaam wat vermoedelik dié van Mbutu was, uit ‘n rivier in Tongaat aan die noordkus uitgehaal is. Hy was twee weke lank vermis. Een van die beskuldigdes is die eienaar van ‘n taverne, Thabethe. Daar word beweer dat Mbutu drank by die taverne gesteel het.

Geweld het tussen betogers en polisie in die buitewyke van die Chileense hoofstad, Santiago uitgebreek, te midde van spanning oor voedseltekorte tydens ‘n staat van inperking. Die polisie het traanrook en waterkanonne gebruik om betogers uiteen te jaag. Die president, Sebastián Piñera, het in ‘n toespraak na die protesoptrede onderneem om te verseker dat kos verskaf word aan diegene wat dit nodig het. Chili het meer as 46-duisend gevalle van Covid-19 en 478 sterftes. Streng inperkingsmaatreëls is die naweek in die hoofstad ingestel na ‘n skerp toename in gevalle. Intussen is tientalle lede van Chili se senaat en twee ministers in self-kwarantyn nadat hulle kontak gehad het met kollegas wat positief vir Covid-19 getoets het.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Die Vryburger & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 9 Max 25

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 12 Max 26

Brits – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 8 Max 25

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 9 Max 23

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 7 Max 21

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 6 Max 23

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 8 Max 24

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 4 Max 24

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 7 Max 24

Upington – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 9 Max 28

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 24

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 13 Max 26

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 21

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 23

Sutherland – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 6 Max 23

Windhoek – Gedeeltelik bewolk met ‘n minimum van 4 en Max 24

Keetmanshoop – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 9 Max 28

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 6 Max 26

 

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
web https://netradiosa.co.za/

Tunein http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply