Potgooi – Nuus & Weer 20 Augustus 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 20 Augustus 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 19 Aug 2020:Wêreldwyd: Gevalle 22 583 092 Sterftes:  791 037 Herstel: 15 307 898 met 61 728 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 596 060 en die sterftes in SA na 12 423 Intussen het 491 441 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 92 196 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 3 455 671. SA is steeds die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

Die spesialeondersoek eenheid is gereed om toe te slaan op diegene wat deur wanbestuur of korrupsie onwettig voordeel getrek het uit kontrakte wat met COVIF019 en die grendelstaat verband hou soos voorvalle van korrupsie met die saniteerders, kospakkies, en kontrakte verskaf aan fanilie en vriende,verkeerdelike verkryging van beskermende mediese drag, misbruk van petrol kaarte en wanbestuur.

‘n Man is in ‘n kritieke toestand ná ‘n skietery in Bellair, suid van Durban waar ‘n Uber-voertuigbestuurder deur gewapende mans by ‘n huis oorval is. Dit is onduidelik wat die motief vir die aanval is. Paramedici het die gewonde man op die toneel gestabiliseer, waarna hy hospitaal toe gehaas is.

Fase Twee beurtkrag begin weer om negeuur vanoggend en sal na verwagting tot tienuur vanaand duur. Eskom het gisteraand in ‘n verklaring gesê die kragnetwerk is ook weens verouderde infrastruktuur onder groot druk, hoewel die meeste van die opwekkingseenhede wat buite werking was, herstel is. Die kragnetwerk sal vermoedelik die hele week nog onder druk wees. Eskom het ‘n beroep op verbruikers gedoen om krag spaarsaam te gebruik.

Die Congres of African Students (cosas) eis dat Afrikaans geskrap moet word as ‘n opsie om enige eksamenvraestel te voltooi en gee die depatrement van basiese onderwys 10 dae om op hulle eis te reageer voor hulle asie neem.

Die Kredietburo Experian het ‘n databreuk beleef waarin persoonlike inligting van soveel as 24miljoen Suid-Afrikaners en 793 748 sake-entiteite uitgelek het. Kriminele optrede kan jou om die bos lei om van jou vertroulike besonderhede aan hulle te verskaf, as jy vermoed dat jou identiteit blootgestel is kan jy dadelik aansoek doen vir gratis beskerming by die Suid-Afrikaanse Bedrogvookomingsdiens by www.safps.org.za

Banke sal met hulle kliente kontak maak indien hulle moontlik deur die databreuk geraak is en wat gedoen kan word om hulle te beskerm.

Die polisievakbond Popcru versoek ‘n dringende verhoging vir lede van die polisie se gevaartoelae vanaf R400 tot R1500 per maand.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, SAUK, Maroela media & Pixabay.

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

  

Warmbad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 6 Max 22

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 9 Max 21

Brits – Sonnig met ‘n Min 4 Max 21

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 6 Max 19

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 4 Max 16

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 2 Max 19

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 4 Max 21

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min -1 Max 17

Kimberley – Sonnig met ‘n Min -1 Max 18

Upington – Sonnig met ‘n Min 1 Max 21

Durban –   Sonnig met ‘n Min 11 Max 22

Durbanville – Bewolk met ‘n Min 6 Max 15

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 12 Max 22

Kaapstad – Bewolk met reënbuie met ‘n Min 9 Max 16

Port Elizabeth – Bewolk met reënbuie met ‘n Min 10 Max 19

Sutherland – Gedeeltelik bewolk met ‘n min -1 en max 13

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van -1 en Max 23

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 1 Max 22

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 2 Max 23

 

Dit is die einde van vanoggend se nuus- en weerberig.

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en loer gerus rond daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak my gerus Kontak my op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Die boek Plundering Ontbloot, Operasie Bakarhu, kan nou ook bestel word vir aflewering deur Takealot, teen R1-50 by sms 48423. Sms bloot “Plundering” na 48423. Die prys is R200 plus Dan die R1-50 vir die sms

Kuier saam op die webwerwe of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

 

 

Geniet jou Donderdag saam Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

15:00 – Fanie met Pittige Allegaartjie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396


 

 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply