Potgooi – Nuus & Weer 20 Mei 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 20 Mei 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer… klik hier

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

 

Coronavirus Gevalle wêreldwyd: 4 970 871 Sterftes:  324 150 Herstel: 1 949 527 soos laaste berig einde 18 Mei 2020 SA 17 200 met 312 sterftes en 7 960 herstel uit 488 40+ getoets vir die virus

Die premier van Gauteng het gesê die provinsie sal na Fase 3 verskuif aangesien hy slegs 15% van die totale infeksies van die land het. Die skerp styging in infeksie gevalle van koronavirus word in die Wes-Kaap ondervind, maar die provinsiale premier reken hulle is gereed om oor te skakel na Fase 3 te midde van die feit dat meer as 60% van die infeksie gevalle in die Wes-Kaap voorkom. Die Vrystaat sê hulle is ook gereed om na Fase 3 te gaan, behalwe Bloemfontein wat nie sal kwalifiseer nie. Die klagte bestaan dat baie van die toetse se uitslae te lank neem, en dat infeksie gevalle eers 14 dae later in kennis gestel word, wat meebring dat hulle baie ander mense aangesteek het. Die Wes-Kaap het nou 10,639 aangemelde gevalle van infeksie, wat 62% van die land se gevalle is.

Die Lughawe Maatskappy van Suid-Afrika (ACSA) is een van die weinige staats entiteite wat tot voor die koronavirus uitbreking, ’n winsgewende maatskappy was.. Nou het die maatskappy bekend gemaak dat hy waarskynlik sowat R11 miljard sal benodig om sy stryd te wen teen die uitwerking van die COVID-19 pandemie. Volgens ’n inligtingstuk wat aanlyn vir die lede van die parlement gestuur is, word uiteengesit hoe die pandemie se uitwerking op die bedryf het. En dat die entiteit nagenoeg R11 miljard in die komende 5 jaar benodig om in bedryf te bly.

Die president van Taiwan, Tsai Ing-wen sê sy sal nie China se voorstel van “een land twee stelsels” aanvaar nie. Tsai is vir haar tweede termyn ingehuldig. Sy sê die land sal nie die Chinese regering se gebruik van dié frase aanvaar wat Taiwan se status ondermyn en die land afgradeer nie. Sy sê sy is ‘n voorstander van dialoog met China, maar sal nie toegee aan die druk nie. Tsai sê Taiwan en China moet naas mekaar kan voortbestaan.

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Sake, me. Thoko Didiza versprei blatante leuens, sê TLU SA.
Didiza het in haar terugvoer oor die toekenning van hulp uit die COVID-19 Landbou Rampfonds, verklaar dat die doelwit van die R1,2 miljard-inspuiting is om die effek van die koronavirus teen te werk en die volhoubare voedselproduksie na die pandemie te verseker. Uit die meer as 5,000 aansoeke om ondersteuning het die departement reeds ongeveer 15,000 aansoeke ter waarde van R500 miljoen aan klein- en bestaansboere goedgekeur. Volgens StatsSA is die bydrae wat hierdie groep boere tot die nasionale kosmandjie maak maar 1,9% van die totaal.
“Minister Didiza se verklaring dat die finansiële ondersteuning voedselproduksie moet verseker, is dus ‘n blatante leuen,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Die minister moet eerder eerlik wees en erken dat die departement bestaansboere help wat hoofsaaklik ANC-ondersteuners is. As die doelwit werklik is om voedselproduksie vir die land te verseker, moet kommersiële boere – wat vir Suid-Afrika se voedselsekuriteit verantwoordelik is – ook gehelp word.”  Die minister moet ook baie duidelik uitspel wat die verwagte uitkomste van dié duur stemkoper-projek is.  “Sy maak ‘n groot gewag van die bedrag wat vir die projek beskikbaar is,” sê mnr. Meintjes. “Mens sou verwag dat daar dan ook ekstra kos beskikbaar sal wees as gevolg van die ondersteunings pakket, maar daaroor is die minister stil.”

Die DA sê hy het met regstappe begin teen die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling oor die departement se konsepregulasies vir die verspreiding van voedselhulp tydens die inperkingstyd. Die regulasies, wat twee weke gelede uitgereik is, verbied volgens die DA onder meer sopkombuise, en verhinder nie-regeringsorganisasies om kwesbare gemeenskappe van kos te voorsien. Die DA-LP James Lorimer sê die konsepregulasies word toegepas ondanks die feit dat dit nog nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie. Hy sê die regulasies is ongrondwetlik en selfs onwettig.

’n 37-jarige man is deur die Valke eenheid gearresteer nadat kokaïen ter waarde van R30 miljoen in ’n houer gevind is. Sowat 38 pakke kokaïen van 1 kilogram elk is gevind waarop beslag gelê is en die vragmotor waarmee hy onderweg was na Kaapstad is ook gekonfiskeer terwyl hy gearresteer is.

’n konsultant van Pretoria wat ’n bewese rekord opgebou het van krisis hantering en die bestuur daarvan sê enige verantwoordelike regering sou teen hierdie tyd die groot maatskappye se finansiële deskundiges saam met ’n span wetenskaplikes betrek het om die pad vorentoe uit te spel. Hy sê die regering kan homself op die wyse van die beste advies bekom, en kan selfs die opvoedkundiges by bring om te bepaal watter fases toegepas moet word, en of dit nie dalk geheel en al afgeskaf moet word sodat die ekonomie op dreef kan kom nie. Hy wys ook daarop dat die Minister van Finansies en die kanbinet te onkundig is om die land se ekonomie op dreef te kry, en behoort veel meer te doen as om hulle blind te staar teen die ideologiese Swart Ekonomiese Bevoordeling wat ’n “put sonder bodem” is. Die Akademie vir Wetenskap in SA, die werklike wetenskaplikes en die deskundiges op die gebied van ekonomiese groei word geheel en al ignoreer, is gesê.

Twee verdagtes verskyn vandag in die Kaapstadse landdroshof in verband met perlemoensmokkelary. Die Valke het gister in Milnerton beslag gelê op gedroogde perlemoen met ‘n geraamde waarde van een komma vier miljoen rand. Beslag is ook gelê op twee voertuie en toerusting waarmee die perlemoen verwerk word.

Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê die bestuurspanne van skole het reeds hulle voorraad ontsmettingsmiddels en gesigmaskers ontvang. Die spanne tref die voorbereidings vir die veilige heropening van skole. Skole landwyd heropen op 1 Junie vir Graad 7 en Graad 12 leerlinge, en ander grade sal in ‘n volgende fase terugkeer skool toe. Sy het ouers die versekering gegee dat handreinigingsmiddels en gesigmaskers vir leerlinge op 1 Junie by skole beskikbaar sal wees. Motshekga het opnuut die vandalisering van 1577 skole landwyd veroordeel. Die voorvalle het tydens die inperkingstyd voorgekom. Sy het die publiek versoek om inligting aan die polisie te veskaf sodat die skuldiges vervolg kan word.

Die Gautengse premier, David Makhura, sê die ekonomiese gevolge van die coronavirus sal volgens aanduidings baie erger wees as wat aanvanklik vermoed is. Hy sê ‘n verwagte twee miljoen mense slegs in Gauteng, kan hulle werk verloor. Makhura het tydens ‘n virtuele vergadering van die wetgewer gesê die provinsiale regering is in gesprek met rolspelers ter voorbereiding van die afskaling na vlak drie van die inperkingsmaatreëls. Makhura sê die ekonomie moet op ‘n verantwoordelike wyse heropen word.

India en Bangladesh India and Bangladesh ontruim miljoene mense vanaf kusgebiede in die verwagting dat ‘n super sikloon afkomende van die baai van Bengal hulle vandag kan tref. Die sikloon Amphan sal die lande naby die grens tussen hulle tref met winde tot 185km per uur reken deskundiges op die gebied. Kundiges in Bangladesh vrees dat dit die sterkste storm sedert Sikloon Sidr sal wees wat die dood veroorsaak het van 3500 mense in 2007. Die meeste mense het gesterf van see water wat die land binne gestroom het.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Die Vryburger & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 8 Max 24

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 12 Max 24

Brits – Sonnig met ‘n Min 9 Max 24

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 9 Max 23

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 7 Max 21

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 7 Max 23

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 8 Max 24

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min 5 Max 22

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 7 Max 24

Upington – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 12 Max 29

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 24

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 16 Max 26

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 27

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 24

Sutherland – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 8 Max 22

Windhoek – Sonskyn met ‘n minimum van 3 en Max 24

Keetmanshoop – Sonskyn met ‘n Min 11 Max 28

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 5 Max 26

 

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa
10:00 – Nuus en Weer met Corrie
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels

web https://netradiosa.co.za/

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/


 

 

 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply