Potgooi – Nuus & Weer 21 Augustus 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 21 Augustus 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 20 Aug 2020:

Wêreldwyd: Gevalle 22 866 198 Sterftes:  797 166 Herstel: 15 521 145 met 61 847 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 599 940 en die sterftes in SA na 12 618 Intussen het 497 169 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 90 153 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 3 480 283. SA is steeds die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

PLAASAANVAL 19/08/2020 Tzaneen – Limpopo

Mnr en Mevr Wiggle is ongeveer 03H00 wreed aangeval deur 4 aanvallers.Hulle is erg aangerand en selfone was afgeneem om niemand te kontak nie.  Hulle het ontvlug met die egpaar se Isuzu bakkie. Hulle het alle vingerafdrukke in die huis skoongevee en het belowe om terug te kom om die egpaar dood te maak. Die egpaar is erg getraumatiseerd. Geen verdere info.

Drie verdagtes van ‘n plaasaanval in Limpopo sal na verwagting vandag in die landdroshof in Morebeng om borgtog aansoek doen. Hulle word verbind met die aanval op ‘n egpaar op hul plaas by Mogwadi – voorheen Dendron – sowat twee weke gelede. Die klagte teen hulle sluit onder meer aanranding, verkragting en roof in. ‘n Groot betoging teen die toestaan van borgtog word in die dorp verwag.

Die verkoolde lyk van ‘n man wat vermoedelik aan kragkabels in die omgewing van die Withok-Wes-Landbouhoewes gepeuter en doodgeskok is moes vroeër die week van ‘n spantoring in Brakpan aan die Oos-Rand met gespesialiseerde toerusting verwyder word.

Eskom sê geen beurtkrag sal meer vandag ingestel word nie. Die kragverskaffer het vroeër gesê dat Fase Een beurtkrag vanaf 9uur ingestel sou word. Volgens Eskom is drie opwekkingseenhede by die Lethabo-, Medupi- en Kusile-kragstasies intussen weer in werking gestel en is dit nie meer nodig om beurtkrag toe te pas nie. Geen beurtkrag word ook oor die naweek verwag nie.

Die parlement het begin om die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg te hersien, wat baie kan beteken vir uitgebuite kunstenaars as dit reg uitwerk maar tot Amerikaanse ekonomiese stappe kan lei as dit nie reg uitwerk nie. Die wetsontwerp is deur die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar maar word teengestaan deur die DA, EFF, VF Plus en ACDP.

Twee mans is dood en sewe ander beseer toe ‘n bakkie gisteraand in Vanderbilpark in Gauteng gerol het, terwyl vyf ander om die selfde tyd beseer is tydens ‘n botsing in Johannesburg tussen ‘n taxi en ‘n bakkie.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, SAUK, Maroela media & Pixabay.

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 9 Max 23

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 22

Brits – Sonnig met ‘n Min 9 Max 23

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 8 Max 21

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 5 Max 18

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 4 Max 19

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 8 Max 22

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 0 Max 18

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 1 Max 20

Upington – Sonnig met ‘n Min 3 Max 23

Durban –   Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 9 Max 23

Durbanville – Sonnig met ‘n Min 6 Max 20

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 10 Max 21

Kaapstad – Sonnig met ‘n Min 9 Max 18

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 9 Max 19

Sutherland – Sonnig met ‘n min 1 en max 16

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 2 en Max 25

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 4 Max 24

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 6 Max 26

loer gerus op ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak my gerus Kontak my op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerwe of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Tjailatyd met Arlene

14.00 – Op die Horison saam met Ludwig

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

20:00 – Musiekmandjie met DJ Uiltjie speel saam dis pret

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/

Die boek Plundering Ontbloot, Operasie Bakarhu, kan nou ook bestel word vir aflewering deur Takealot, teen R1-50 by sms 48423. Sms bloot “Plundering” na 48423. Die prys is R200 plus Dan die R1-50 vir die sms

Die boek Plundering Ontbloot, Operasie Bakarhu, kan nou ook bestel word vir aflewering deur Takealot, teen R1-50 by sms 48423. Sms bloot “Plundering” na 48423. Die prys is R200 plus Dan die R1-50 vir die sms

Die e-boek is by Amazon beskikbaar teen R140

Extreme Vision Photography Visit our Website at https://www.extremevisionphotography.cf/ designed by Corrie Slabbert contact us via the website for more info or to order your Canvas. go to: https://www.extremevisionphotography….

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply