Potgooi – Nuus & Weer 23 Julie 2019

Potgooi – Nuus & Weer 23 Julie 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om10:00(CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

 

 

 

 

 

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

Suid Afrikaanse eiendoms maatskappye neem tans miljarde rande die land uit deur beleggings oorsee te doen. Dit vind plaas as gevolg van die swak ekonomie, verhoogde munisipale tariewe en belastings, asook politieke onsekerheid in die sektor asook vrese van perseel besetting. Beleggings oorsee in 2018 was bykans vier keer meer as wat plaaslik spandeer  is.  Sentraal- en Oos Europa blyk die mees gewildste oorsese markte te wees. Kenners sê as dit ‘n maatstaf is van sakevertroue in die land, dan lyk die prentjie donker vir die jare wat kom.

Die Regspraktyk Raad is deur Accountability Now(AN), ‘n nie-winsgewende organisasie, versoek om die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane,  se naam te skrap van die advokate rol. Dit volg na die Konstitusionele Hof se uitspraak dat sy  in kwade trou opgetree het en onder eed gelieg het.  Adv Paul Hoffman, ‘n direkteur by AN, het in ‘n skrywe aan die Regspraktyk Raad gesê dat die bevindings teen die OB ernstig en  finaal is en dat haar eerlikheid, integriteit en bevoegdheid as OB daardeur geraak word.

Sou die OB geskors word en/of indien daar hangende ondersoeke teen haar is sal dit die sake waarby sy tans betrokke is in gedrang bring.

Die Grondwethof het uitsluitsel gegee oor wie die R900,000 moet betaal vir die vorige hofsaak in die Hooggeregshof wat sy verloor het, maar het dit kort geknip deur die Openbare Beskermer se aansoek te verwerp. Sy is ook oor die vingers getik vir haar onprofessionele optrede, wat beteken dat sy die hofkoste uit haar eie sak moet betaal. Die Hooggeregshof het vroeër beslis dat sy persoonlik verantwoordelik is vir die hofkoste van bykans R1 miljoen, maar sy het haar tot die Grondwethof gewend om finale uitsluitsel te kry. Die Hooggeregshof saak wat gehandel het oor die Reserwebank en apartheid is teen haar uitgewys en het die hof beslis dat sy persoonlik verantwoordelik is vir die hofkoste.

Mkhwebane het egter besluit om die saak na die Grondwethof te neem en gevra dat die Hooggeregshof se bevinding omgekeer moet word. Die regter van die Hooggeregshof het in sy uitspraak vroeër vanjaar gesê die OB het op ’n onaanvaarbare wyse die Bankorp ondersoek hanteer. Waarnemers reken dat dit noodlottig sal wees vir haar as die Grondwethof beslis dat die OB in haar persoonlike hoedanigheid moet opdok vir Bankorp se koste. Die mening is dat die Openbare Beskermer haar pos gaan verloor weens die verkeerde optrede, veral as die hersieningsaansoeke van minister Gorhan en die van president Ramaphosa ook teen haar uitgewys word.

Kort nadat die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, haar verslag vrygestel het waarin sy beweer dat die president deur sy optrede die Grondwet oortree het, het hy daarop gereageer. Die ANC president het in reaksie gesê die Openbare Beskermer het self ook die Grondwet oortree, en daarmee het ’n aantal vrae by politieke ontleders ontstaan. Dit blyk dat die oortree van die Grondwet ’n algemene neiging is onder politici en verwante hooggeplaastes, sê ’n politieke ontleder van Pretoria. Hy sê die feit dat Jacob Zuma klaarblyklik ook die oortreding begaan het, laat die vermoede dat vervolging nie altyd teen iemand ingestel word nie, maar indien daar wel opgetree word, gaan ’n hele aantal hoë ANC mense vervolging in die oë staar.

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, sal vandag die Spesiale Toedelingswetsontwerp in die Parlement ter tafel lê sodat Eskom bykomende befondsing kan kry. Dié wetsontwerp Mboweni het dit tydens sy begrotingspos aangekondig, maar het nie die presiese bedrag wat Eskom gaan kry, bekend gemaak nie. Die bedrag is na bewering 59-miljard vir die volgende twee jaar. Mboweni gaan die betaling doen ingevolge artikel 16 van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies, wat onder meer handel oor geldelike toewysing in noodsituasies. Mboweni het tydens sy begrotingspos ook gesê dat die wapenvervaardiger, Denel, die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die SAUK, geldelike hulp van die Tesourie se reserwefonds gaan ontvang, onderhewig aan streng voorwaardes.

Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan se aansoek om ‘n interdik teen die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se verslag oor die sogenaamde geheime eenheid by die Inkomstediens, sal vandag in die Pretoriase Hooggeregshof aangehoor word. Gordhan vra die hof om die O.B. se aanbeveling vir regstellende stappe op te skort, totdat ‘n geregtelike hersiening van die verslag afgehandel is. Gordhan ontken die bevindings in haar verslag dat die geheime eenheid onwettig was. Mkhwebane het die verslag verlede week uitgereik. Gordhan was destyds die kommissaris van die Inkomstediens. Mkhwebane beskuldig hom ook van die skending van die Grondwet. Sy het President Cyril Ramaphosa 30 dae grasie gegee om stappe te doen teen Gordhan vir sy beweerde skending van die Grondwet en dat hy ook die etiese kode van die uitvoerende gesag sou oortree het.

Kapenaars kan hulle gereed maak vir ʼn erge koue front wat Dinsdag vir die gebied voorspel word. Dit sal gepaardgaan met welkome reën wat tot Woensdag kan duur. Damme wat se water inhoud tans net oor die 50% staan sal baat vind by die reëns.  Boere in die Swartland kan swaar neerslae verwag wat welkome nuus is vir die koring en ander gesaaides wat groen op die lande staan. Selfs gebiede soos Loeriesfontein, Springbok, Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville is in vir hulle eerste swaar neerslae. Drooggeteisterde gebiede soos Calvinia en Carnarvon kan dalk hul eerste reëns kry en selfs die droogte breek.

Verkeersowerhede waarsku oor gevaarlike toestande op paaie te midde van swaar reën en sterk wind in die Kaapse Skiereiland. Dit volg terwyl die eerste van twee kouefronte oor die streek beweeg. Die weerkantoor voorspel reën van tot 50 milimeter in sommige gebiede met wind van tot 75 kilometer per uur. Die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, het motoriste gemaan om baie versigtig te wees.

Bronne: Die Vryburger

 

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 6 Max 24

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 7 Max 29

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 10 Max 19

Johannesburg – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 8 Max 17

Vereeniging – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 6 Max 21

Rustenburg – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 4 Max 22

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 4 Max 21

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 8 Max 24

Durban – Sonnig met ‘n Min 15 Max 25

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 18 Max 28

Upington –      Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 10 Max 23

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koud met swaar reën met tye met ‘n Min 12 Max 14

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 14 Max 24

Sutherland – Bewolk en koud met reënbuie met ‘n Min 0 Max 7

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir ons ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ons direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
11:00 – Digters en Skrywers forum met Cathy

16:00 – Woordkunsuurtjie met Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet

web https://netradiosa.co.za/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Please follow and like us:

Tagged: Tags    

Leave a Reply