Potgooi – Nuus & Weer 23 Julie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 23 Julie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

KZN

Durban – N2 protesaksie tussen die M4 Suidelike afrit en die M1 Higginson Hoofweg – in albei rigtings.

Gauteng

Pta – Die Tshwane busdiens bly afgeskaf a.g.v stakings in die sentrale besigheids gebied.

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 21 Julie 2020:

Wêreldwyd: 15 313 437 Sterftes:  624 510 Herstel: 9 240 341 met 63 597 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg met 13 150 nuwe gevalle wat die aantal opstoot na  394 948 met 572 nuwe sterftes wat die getal opstoot na 5940 waarvan die meeste in die Oos Kaap aangeteken is 229 175 mense het herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 159 833 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 2 585 474. SA is tans die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

Begrafnis ondernemers ondervind ’n ernstige krisis met oorledenes wat in yskaste geberg moet word tot ’n amptelike doodsertifikaat deur die owerheid uitgereik word.Die SA Begrafnis Praktisyns Assosiasie sê die regering se departement is veels te stadig met die uitreik van sertifikate en sê die owerheid sal nuwe maatreëls moet instel om doodsertifikate vinniger beskikbaar te stel.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie sê in sy jongste verklaring dat Suid-Afrika reeds 61% van die totale infeksie van die Afrika kontinent het.Afrika staar ’n enorme krisis in die gesig met die pandemie. Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) sê Suid-Afrika is die grootste bron van kommer. In Afrika het die dodetal weens infeksie verhoog tot 15,000 en die totale infeksies staan nou op 725,000, maar kenners reken die infeksie syfers is ’n onderskatting en gaan in die komende weke met groot spronge verhoog. In Kenia het die verspreiding die afgelope week met 30% toegeneem, in Zambië met 57%, en in Namibië met 69%.

Alkohol- en Sigaret verkope is steeds nie toelaatbaar onder vlak 3 van die inperkingsregulasies nie en is onbepaald verleng vir die algehele duur van die inperkings tyd maar kan ter enige tyd hersien word het die regering bevestig nadat gereageer is op ‘n vals tweet dat dit toelaatbaar is tydens vlak 4 van die inperkingstydperk.

Die Suid-Afrikaanse Brouerye het intussen ‘n beroep op die regering gedoen om die verbod op die verkoop van alkohol te heroorweeg. Die maatskappy sê hulle glo nie dat die wettige verkoop van bier die grootste bydraer is tot die styging in die aantal coronavirusinfeksies nie. Die SAB sê hulle steun egter die regering se kommer oor die styging in Covid 19-gevalle, maar dat die verbod die onwettige handel in alkohol verhoog. Die maatskappy het ook gevra dat die vyf miljoen rand op aksynsbelasting weens die heringestelde verbod op alkoholverkope laat vaar word. Die SAB wil voorts met die regering vergader oor hoe lank die verbod van krag sal bly.

Restaurante het die President versoek om ‘n uur grasie te kry onder die aandklokreël en om hulle toe te laat om alcohol in ‘n beperkte mate te verkoop.

Die Suid Afrikaanse toerisme bedryf het reeds R54.2 biljoen verlies gely sedert die inperkingsregulasies inwerking getree het.

Bykans 90 skole in die Noord-Kaap is weens die coronaviruspandemie gesluit. Die meeste van die skole is in die Francis Baard-, Pixley ka Seme- en John Taolo Gaetsewe distrikte. Die departement van Basiese Onderwys in die provinsie sê hul monitor die situasie in ooreenstemming met Covid 19-regulasies.

Die regering het bepaal dat rybewyse en motorvoertuiglisensies wat verval het, tot die einde van Januarie aanstaande jaar geldig is. Alle rybewyse, bestuurslisensiekaarte, tydelike rybewyse en professionele bestuurspermitte wat tussen 26 Maart en 31 Augustus vanjaar verval, kan nou tot 31 Januarie aanstaande hernu word

DA LP Thandeka Mbabama het diue ANC en EFF verstom toe sy tenvelde getrek het in wat sy gesê het die regering ons land se Boere in die steek laat oor die plaasmoorde in die land. Sy het voortgegaan om in detail te verduidelik hoe grusaam twee onlangse plaasmoorde in KwaZulu Natal en die Wes-Kaap was en het uitgewys dat 12 boere reeds sedert 1 April wreed gemartel en vermoor is.

Afriforum het 2 sake aangepak waar die sake gehandel het oor onredelike inperkingsinhegtenisnames waar ‘n man deur die SAPD gearesteer is nadat hy voorgekeer is en a.g.v ou koedoehorings wat in sy kattebak was en hy die nodige permit voor gehad het toegesluit is vir ivoorverwante oortreding. In die tweede geval kon die persoon nie sy koopbewys van sy sigarette toon nie. Die eerste saak is terug getrek en die tweede kom weer voor op 21 Augustus 2020 in die Roodepoortse landroshof.Afriforum het onderneem om hulle regspan beskikbaar te stel en die beskuldigdes daarna te help om siviele eise teen die wetstoepassingsowerhede in te stel.

Boere in die waterskaars Karoo sê dit is onverstaanbaar dat die regering die droogte nie langer as ‘n nasionale ramp beskou nie. Boere wil weet hoe die besluit geneem kon word sonder dat inligting ingewin is wat die waarlike toedrag van sake in die gebied is. Goeie reën het in die Wes-Kaap uitgesak, maar die Karoo het bloedweinig reën gekry. Damme is op hul laagste vlak na sewe jaar se droogte.

Die Suid-Afrikaanse kommersiële boere het weereens bewys dat hulle nie verniet die beste landbouers ter wêreld is nie. nadat dit bekend geword het dat die boere in SA weer vir ’n uitstekende prestasie gesorg het om die Bruto Binnelande Produk (BBP) van die sektor met bykans 28% laat styg het in die eerste kwartaal van die jaar.Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat dit bereik is terwyl die land se ekonomie met sowat 2% verminder het.

’n Nuwe verslag gepubliseer is deur die Universiteit van Kaapstad wat oor die rook van sigarette vrygestel is, kan moontlik ’n uitwerking meebring op die regering se benadering oor die verbod op verkope van tabak produkte.Volgens die verslag het die swartmark sigaret verkope en die rokers getalle met 457% gestyg in die afgelope twee maande, ongeag die feit dat die prys daarvan baie hoër is as die winkelprys.Dit staan in direkte kontras met die regering se benadering dat die verbod op verkope van sigarette sal lei tot ’n afname in rokers getalle.Volgens die Universiteit se navorsings verslag het 91% van die rokers hulle gewend tot die aankoop van swartmark sigarette, wat ’n bewys is dat die rokers nie opgehou het om te rook nie, ongeag die geweldige hoë prys wat die sigarette kos.

Die gewelddadigheid in die Khayelitsha woonbuurt is aan die toeneem,’n Eskom voertuig en ’n Covid-19 kliniek is aan die brand gesteek vernietig ook in die slag gebly. Winkels is geplunder en leeg gedra. N2 hoofweg word as gevaarlik beskryf deur die polisie waar verskeie voertuie beskadig en insittendes beseer is.  Spanning het glo verhoog tussen die owerhede in Kaapstad en die sogenaamde eisers van grond en behuising, wat ’n swaar polisie teenwoordigheid genoodsaak het. Nog ‘n Ekskom voertuig is onder die klippe gesteek by Kraaifontein in die Wes–Kaap terwyl protesteerders winkels geplunder en leeg gedra het.

Vier verdagtes onder wie twee maatskappydirekteure, het in die Johannesburgse landroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery nadat hulle glo nagemaakte bankwaarborge gebruik het om meer as R200 miljoen randse brandstof te steel. Hulle is nhegtenis geneem en dadelik hof toegeneem waar hulle elk op botgtog van R15 000 vrygelaat is , hulle moes ook hulle paspoorte inhandig.

‘n Man is doodgeskiet en nog twee is gewond deur vermeende sigaretsmokkelaars in gemeenskappe buite Musina in Limpopo. Die man wat doodgeskiet is, is vandag begrawe. Die voorsitter van die Mapakoni-gemeenskapsvereniging, Shadrack Tseisi sê sedert die begin van die inperking het smokkelary vanuit Zimbabwe toegeneem. Hy beskuldig die weermag en die polisie wat die grens met Zimbabwe patrolleer dat hulle met smokkelaars saamwerk. Hy sê in die gebiede waar die polisie en weermag is, word daar geen smokkelaars vasgetrek nie. Tseisi sê die gemeenskap sal homself moet beskerm omdat hulle geen hulp van die regering kry nie.

Metrorail in die Wes-Kaap sê bedrywighede in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte word gestaak nadat personeel van Prasa aangerand is. Die waarnemende streekbestuurder, Raymond Maseko, sê in die een geval is ‘n voertuig wat treindrywers opgelaai het, met klippe bestook. Verskeie treindrywers is beseer. In ‘n ander voorval is tegnici aangeval wat die skade aan ‘n treinspoor bepaal het. Metrorail het beperkte treindienste in die gebied weens die inperkingsmaatreëls. Maseko sê treindienste in Khayelitsha kan nie voortgaan alvorens wetstoepassers Prasa-personeel se veiligheid kan verseker nie.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 Warmbad – Sonnig met ‘n Min 4 Max 21

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 8 Max 19

Brits – Sonnig met ‘n Min 4 Max 21

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 3 Max 20

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 1 Max 18

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 1 Max 21

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 3 Max 21

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min -1 Max 19

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 0 Max 21

Upington – Sonnig met ‘n Min 4 Max 26

Durban – Sonnig met ‘n Min 9 Max 23

Durbanville – Mistig met ‘n Min 10 Max 24

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 10 Max 24

Kaapstad – Mistig met ‘n Min 12 Max 22

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 10 Max 23

Sutherland – Sonnig met ‘n Min 1 Max 18

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 1 en Max 22

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 6 Max 25

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 3 Max 23

 

Geniet jou Donderdag saam Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

15:00 – Fanie met Pittige Allegaartjie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio

web https://netradiosa.co.za/

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply