Potgooi – Nuus & Weer 24 Julie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 24 Julie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

KZN

Durban – N2 protesaksie tussen die M4 Suidelike afrit en die M1 Higginson Hoofweg – in albei rigtings. Vermy gebruik alternatiewe roetes.

Die verkeer op die N3-hoofweg by Pietermaritzburg in albei rigtings word weens dik rook erg ontwrig. Die rook is na wat berig word afkomstig van ‘n brand op ‘n stortingsterreinin die gebied wat al ‘n paar dae lank woed. Motoriste word gevra om snelheid te verminder, hul ligte aan te skakel en die vensters toe te hou.

 

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 23 Julie 2020:

Wêreldwyd: 15 656 884 Sterftes:  636 576 Herstel: 9 544 766 met 66 188 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg met meer as 13 000 nuwe gevalle wat die aantal opstoot na 408 052 met 153 nuwe sterftes wat die getal opstoot na 6 093.Intussen het 236 260 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 165 699 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 2 632 106. SA is tans die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

A.g.v die stygende covid19 infeksies en hoë sterftesyfer het die regering besluit om die skole eers op 24 Augustus te open. Die hoofsekretaris van die onderwysersvakbond Sadou, Mugwena Maluleke, sê hy verwelkom President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat staatskole vir vier weke gaan sluit. Alle skole sal op Maandag 27 Julie sluit. Leerlinge in graad 12 sal op 3 Augustus terugkeer na hul klaskamers, graad 7’s op 10 Augustus en al die ander grade op 24 Augustus. Maluleke sê dit sal skole tyd gee om die veiligheid van leerlinge en onderwysers te verseker.

 

Die KZN Gesondheidsdepartement ontken berigte dat Civid -19 pasiente in Addinton hospitaal nie kos kry nie, ‘n pasient wat bedoel was om vir toetse gestuur te word het nie ontbyt ontvang nie en was uit uit verband geruk.

 

Die onaanvaarbaarheid van wanbetaling deur sekere munisipaliteite in Suid Afrika het nou die kragvoorsiener genoodsaak om sterk op te tree. In een geval bekend, het Andre De Ruyter die bankrekening van die Maluti Munisipaliteit gevries om te verseker dat die massiewe bedrag verskuldig, afgelos gaan word. Vroeër het die Eskom hoof ook besluit om sekere woongebiede wat in gebreke bly om die onwettige aftap van krag te staak, en betalings van die Eskom rekening na te kom, ’n nuwe stelsel van “krag vermindering” in te stel. Dit lyk of die maatreëls goeie vrugte afwerp, maar of die munisipaliteit waarvan die bankrekening gevries is, sy verpligtinge nagekom het, is nie bekend nie.

 

Professor Shabir Madhi, die hoof van die span wat toetse moet uitvoer met die nuwe Oxford entstof teen die Covid-19 virus, sê dit mag wees dat SA nie aan die verwagtinge kan voldoen om toetse doeltreffend uit te voer nie.Die teleurstellende opmerking het die wenkbroue laat lig onder duisende mense in die land, en veral as na die rede gekyk word wat die professor aanvoer.Hy sê die geweldige styging in die getalle wat positief toets vir infeksie, is so drasties dat dit moeilik is om 2,000 vrywilligers te vind wat negatief toets om aan die projek deel te neem.Ingeligte bronne wys daarop dat Suid-Afrika onbewus is dat vrywilligers gesoek word om deel te neem, en verkwalik die regering daarvoor omdat dit opsigtelik weerhou word van die Afrikaanse pers

 

‘n Boer in Potgietersrus is gistermiddag vir die 2 de keer in 2 maande op sy plaas Tinmyne oorrompel en aangerand en beroof van sy selfoon en vuurwapen, sy 21-jarige plaaswerker is ook vagebind en van sy selfoon beroof. Nog niemand in inverband met die voorval inhegtenis geneem nie.

 

Die department van arbeid en indiensneming het die afgelope Maandag on wysigingswetsontwerp op diensbilikheid in die Staatskoerant gepubliseer wat die Wet op Diensbilikheid wysig. Daar is 2 bepalings wat uitstaan. Eerstens is sektorteikens vir regstellende aksie wat sal beteken dat die minister bedrywe sal kan uitkies en numeriese teikens daarop kan afdwing. Verder word bepalings oor voldoeningsertifikate vir regstellende aksie bevestig en blykbaar inwerking gestel. Die sertifikate sal benodig word om sake met die staat te doen.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 4 Max 19

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 8 Max 19

Brits – Sonnig met ‘n Min 4 Max 20

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 5 Max 19

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 3 Max 17

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 2 Max 19

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 3 Max 19

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min -2 Max 19

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 2 Max 21

Upington – Sonnig met ‘n Min 7 Max 24

Durban – Sonnig met ‘n Min 9 Max 23

Durbanville – Mistig met ‘n Min 8 Max 26

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 13 Max 24

Kaapstad – Mistig met ‘n Min 11 Max 23

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 12 Max 27

Sutherland – Sonnig met ‘n Min 3 Max 18

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 1 en Max 22

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 6 Max 24

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 3 Max 23

 

Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Tjailatyd met Arlene

14.00 – Op die Horison saam met Ludwig

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

20:00 – Musiekmandjie met DJ Uiltjie speel saam dis pret

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/

Luisterskakels vir die Radio

web https://netradiosa.co.za/

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply