Potgooi – Nuus & Weer 25 Oktober 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 25 Oktober 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om10:00(CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

Die Joernaliste Forum het hul saak teen Malema verloor in die Gelykheidshof rondom intimidasie, teistering en aanranding van joernaliste, maar Malema is skuldig bevind aan haatspraak in die saak wat Pravin Gordhan teen hom aanhangig gemaak het .

 Public Investment Company het bekend gemaak dat Victor Seanie afgedank is na ‘n dissiplinêre verhoor.  Dit volg na ‘n ondersoek rondom die kontroversiële belegging van R4,3 miljard in AYO Investments.  Seanie is in Januarie 2019 geskors saam met Fidels Madavo, PIC se hoof van genoteerde beleggings

Studente van die Universiteit Wes-Kaap het weereens met protes optredes begin.  Klasse is ontwrig en verkeersvloei is belemmer deur die studente se optrede.  Die protes gaan klaarblyklik oor huisvesting.

Die voorspellings vir Oktober lyk ni goed nie, en die laaste week van die maand hou weinig belofte in vir reënneerslae in die Sentrale binneland. Die eerste goeie reën word eers in die tweede helfte van November verwag, en die reënseisoen sal eers van middel Desember tot einde April deurdringend reën bring, sê weerkundiges wat ’n intensiewe studie maak oor die neigings wat tans ondervind word. Die voorspellers reken ook dat die erge hitte van die komende naweek gaan voortduur, maar die verwagting is dat dit in volgende week ietwat koeler sal word. Mense word egter gewaarsku om die direkte sonstrale te vermy deur ’n hoofbedekking te dra, en verkieslik ’n langmou kledingstuk aan te trek.

Die linkse DA wat pas sy leier se bedanking ontvang het , word waarskynlik nog verder geteister deur Maimane wat nie gehuiwer het om as “gewone lid” die party te beskuldig nie. Maimane het gesê die DA is nie ’n party vir “almal” nie, en daarmee die deur oopgemaak om ook as partylid sy ander ampte in die parlement te verbeur.

Die Ouditeur-Generaal, Kimi Makwetu het die regering gewaarsku dat verdere reddingsboeie aan staats entiteite die begrotingstekort gaan verhoog en lei tot krediet afgraderings.  Die staat het in die 2018/19 boekjaar R446 miljard voorgeskiet aan elf staatsbeheerde entiteite.  Onreëlmatige uitgawes het van R51 miljard tot R61,3 miljard gestyg.

Die ANC president was twee weke gelede in Londen om nuwe beleggers te werf, maar ingeligte bronne wys daarop dat alhoewel beloftes ontvang is, dit weer soos voorheen sal wees en niemand werklik tot die daad oorgaan nie.

Terwyl Cyril Ramaphosa, die Afrika afvaardiging na Rusland lei vir samesprekings met die Russiese regering, land twee Russiese bomwerpers op Suid-Afrika se lughawe. Wat die voorval nog meer merkwaardig maak, is dat Russiese beamptes wat al hier was was in die bomwerper, met sogenaamde opleiding van polisie en weermag lede sal begin. Die bomwerpers, wat albei oor die eienskappe beskik om kernwapens te dra, is deur Rusland gebruik om die mense na Pretoria te vervoer wat die opleiding sal verskaf. Dit het alles gebeur terwyl die voormalige Russiese spioen, president Vladimir Poetin, die vlae laat wapper oor die eerste byeenkoms wat gehou is as die Rusland-Afrika Vergadering.

 

Drie bane van die N-1 by Sable-weg in Century City by Kaapstad word versper nadat ‘n vragmotor geknipmes het. Die verkeersowerheid het motoriste gemaan om versigtig te bestuur in die nat toestande. Berigte is ontvang dat sommige paaie in die Wynbergomgewing oorstroom is ná swaar reën vroeër vanoggend.

 

Die Weerkantoor in Kaapstad het vroeër oorstromingswaarskuwings uitgereik vir informele woongebiede en laagliggende dele en gesê sommige paaie kan ook oorstroom word. Die weerkundige, Lebogang Makgati, sê die swaar reën sal teen die middag begin afneem. Sondag word ‘n tweede kouefront en gepaardgaande reën oor dele van die Wes-Kaap verwag. Reën en koue sal tot Maandag voortduur.

 

Die Botswana Demokratiese Party het die presidentsverkiesing in dié land gewen. Die party het 29 van die 57 setels in die parlement gekry. Die hoofregter, Terence Ranowane, het by die land se staatsuitsaaier aangekondig dat Mokgweetsi Masisi die meeste stemme op hom verenig het. Masisi het verlede jaar die presidentskap by Ian Khama oorgeneem. Sy sterkste teenstanders, onder wie Duma Boko van die UDC, sal nie in die parlement wees nie omdat hulle die verkiesing in hulle eie kiesafdelings verloor het. Khama het Boko as president gesteun, ná hy en Masisi ‘n uitval gehad het.

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met reën plek plek met ‘n Min 22 Max 37

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reën met ‘n Min 15 Max 35

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met matige tot swaar reën met ‘n Min 22 Max 31

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reën met ‘n Min 21 Max 29

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 19 Max 32

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 34

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 11 Max 33

Kimberley – Gedeeltelik bewolk baie warm met ‘n Min 15 Max 33

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 26

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 17 Max 30

Upington –      Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 12 Max 29

Kaapstad – Bewolk met swaar reën met ‘n Min 15 Max 17

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 16 Max 25

Sutherland – Bewolk met ‘n Min 6 Max 16

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

 Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – kuierjolyt mer Cathy

12:00 – Tjailatyd met Arlene

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

20:00 – Musiekmandjie met DJ Uiltjie

Speel saam dis pret. Hy speel 10 -12 liedjies waarin woorde deel is van ‘n leidraad

en jy moet ‘n sekere letter van die woord vat om aan die einde van die speletjie

‘n Pleknaam of iets dergliks te vorm

 

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/ http://netradio.gq – werk op alles op die internet

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Bronne :

RSG. Vryburger en Pixabay vir prente

Be the first to comment

Leave a Reply