Potgooi – Nuus & Weer 26 Maart 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 26 Maart 2019

Klik HIER om weer te luister

Weeksdae Aangebied
deur Corrie om 9:00(CAT)

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

Paramedici loop deur onder rowers

Twee mediese personeellede van Kaapstad is beroof van hul loop fone, beursies en radios.  Dit het in Khayelitsha plaasgevind nadat die personeel op ‘n 911 oproep gereageer het.

Malema en die Indiërs

Die rooi beret leier het sy “mes” in vir Indiërs. Hierdie keer beskuldig hy die Indiër gemeenskap daarvan dat hulle nie hul swart huishulpe genoegsaam betaal nie en probeer om wit te wees terwyl hul eintlik swart is en deel is van die “struggle”.

Wes-Rand munisipaliteit het salaris probleme

Die Wes-Rand distriksmunisipaliteit kon nie hul werknemers se salarisse betaal nie weens die R77 miljoen wat die raad belê het in die bankrot VBS Mutual Bank. Kontant vloei probleme kon nie die afgelope week opgelos word nie.

Tito erken dat Afrikane “misluk”

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, bevind hom in ‘n sosiale storm nadat hy in ‘n radio onderhoud erken het dat aanstellings in staatsdepartemente nie verteenwoordigend is nie.

Volgens hom kan die land nie as ‘n demokratiese, nie-rassige, nie seksistiese gemeenskap beskou word nie.

Volgens waarnemers het hy dus stilswyend gesê dat daar te veel Afrikane aangestel is wat nie die werk kan doen nie.  Hy het verder verklaar dat staats besit nie as ‘n religie beskou moet word nie en dat die regering van entiteite moet ontslae raak wat tans die ekonomie knel.

Die Vrystaatse regering weier om al die inligting aangaande die Staatskaping aan die Zondo kommissie te verskaf.

Dit nadat Regter Zondo ses maande gelede inligting aangevra van die betrokke amptenare.  Die vorige ekonomiese LUK van die OVS, Mxolisi Dukwane het glo inligting oor hoe Ace Magaushule se verhouding met die Guptas veroorsaak het dat die provinsie se hulpbronne geplunder is.

Finansiële deskundiges sê dit is te wagte gewees dat die Vrystaters nie met die hele sak patats sal kom nie aangesien te veel seniors in die ANC by die korrupsie betrokke is.

Terwyl duisende mense in die Wes-Kaap in plakkerskampe woon, het ’n nuwe vlaag van rebelsheid opgekook toe hulle die Rondebosch Golf Klub en die grondgebied daarvan beset het.

Die optog gangers sê die Golf klub betaal slegs R1,000 per maand aan die Munisipaliteit van Kaapstad om die 450,000 vierkante meter oppervlakte vir hulle sport te gebruik.

Hulle sê deur die grond vir die mense wat dur apartheid benadeel is, te help, moet die klub se grond aan hulle toegeken word en behoort die munisipaliteit vir hulle die behuising op te rig.

Die Golf klub huur die grond by die munisipaliteit, en is ’n reëling wat kom uit die apartheids ere en moet nou gestop word, is gesê.

Nog verskeie ander golf klubs in die Wes-Kaap is geïdentifiseer en word nou ook opgeëis vir behuising.

Die voormalige ouditeur van Bosasa, Peet Venter, sal vandag in Johannesburg voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig. Bosasa se voormalige bedryfshoof, Angelo Agrizzi, sal later die week weer in die getuiebank verskyn. Hy het vroeër verdoemende aantygings teen senior staatsamptenare in sy getuienis gemaak. Adjunkhoofregter Raymond Zondo het gister frustrasie uitgespreek oor die Vrystaatse regering se versuim om belangrike inligting aan die voormalige LUR, Mxolisi Dukwana te verskaf. Zondo het opdrag gegee dat die kommissie se regspan en ondersoekers met Dukwana se regspan saamwerk om seker te maak dat die Vrystaatse regering voor die einde van die week die inligting aan die kommissie beskikbaar stel. Dukwana se getuienis is herskeduleeer om op 5 April te begin.

Die strafbare manslag-verhoor van oudpresident Jacob Zuma se seun, Duduzane, sal na verwagting vandag in die Randburg Landdroshof begin. Zuma staan tereg op twee aanklagte van strafbare manslag en een van roekelose of nalatige bestuur. Dit hou verband met ‘n botsing in Februarie 2014 op die M1-hoofweg in Johannesburg waarin Phumzile Dube en Nanki Mashaba dood is. Duduzane Zuma se motor het gebots teen ‘n minibus-taxi. Die hofsaak volg nadat die burgerregte groep Afriforum in 2017 gesê het hulle sal Zuma privaat vervolg indien die Nasionale Vervolgingsgesag nie met die saak voortgaan nie. Die NVG het aangedui dat hulle gereed is om met die saak te begin, maar dit is nog nie duidelik of Zuma se regspan gereed is om voort te gaan nie.

Studente van die Sentraal Johannesburg Kollege hou ‘n sitstaking nadat hulle uit hulle studenteverblyf gesit is. Hulle is sedert verlede Dinsdag sonder verblyf. Hulle beweer dat NSFAS nie vir hulle verblyf betaal het nie. Die studente sê die regering se aankondiging dat bykans ‘n miljard rand se agterstallige studenteskuld vereffen gaan word, help hulle nie. Die studente beweer dat hulle op die vloer slaap en geen kos het nie.

Meer as 900 eisers van Distrik Ses in Kaapstad het ‘n hofaansoek teen die Minister van Landelike Ontwikkeling, Maite Nkoana Mashabane, in haar persoonlike kapasiteit ingedien vir minagting van die hof. Die Distrik Ses-werkskomitee sê Nkoana-Mashabane het versuim om restitusie vir die inwoners van Distrik Ses te verseker soos wat die Hooggeregshof in Kaapstad beslis het. Die komiteevoorsitter, Shahied Ajam, sê hulle het nuwe hoop vir die proses nadat die Grondeisehof in Randburg verlede week ‘n verklarende bevel teen die regering uitgereik het vir die versuim om in meer as twintig jaar enige restitusie te bewerkstellig. Ajam sê hy het die hofdokumente op Nkoana-Mshabane beteken.

Verkeer is vroeër vanoggend op die Allandalepad naby Rabie Ridge in Midrand, noord van Johannesburg, ontwrig. Betogers het die pad met brandende bande en klippe versper wat ernstige verkeersprobleme in die gebied veroorsaak het. Dit is onseker waaroor die inwoners betoog het.

Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe sê hulle is bekommerd oor die aantal persone in die metro wat onder die invloed van alkohol bestuur. Die metroraad se burgemeestersterkomiteelid vir Veiligheid, JP Smith, sê die meeste inhegtenisnemings deur Kaapstad se wetstoepassingsbeamptes is weens dronkbestuur. Van die 125 persone wat die afgelope week aangekeer is, was 80 vir dronkbestuur

Israel het oornag ‘n reeks lugaanvalle op teikens van Hamas in die Gaza-strook uitgevoer, nadat ‘n vuurpyl gister ‘n huis noord van Tel Aviv getref het. Die Israelse weermag sê die kantoor van Hamas se politieke leier en die groep se militêre intelligensie-hoofkwartier was van die teikens. Die weermag het Hamas die skuld gegee vir die vuurpyl wat gisteroggend die Mishmeret-gemeenskap noord van Tel Aviv getref en sewe mense beseer het. Die Ministerie van Gesondheid in Gaza sê sewe mense is in die lugaanvalle oornag beseer. Verskeie vuurpyle is ook gisteraand uit Gaza op Israel afgevuur. Hamas het intussen aangedui dat ‘n skietstilstand ooreenkoms met behulp van Egiptiese bemiddelaars bereik is, maar Israel het dit nog nie bevestig nie. Die toenemende spanning in die gebied volg twee weke voor Israel se verkiesing op 9 April.

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 21 Max 33

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 18 Max 25

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met “n

Min 22 Max 33

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 19 Max 30

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 17 Max 33

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 20 Max 35

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n

Min 15 Max 28

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n

Min 18 Max 29

Durban – Gedeeltelik bewolk en matig met ligte reënbuie met ‘n

Min 21 Max 23

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en matig met ligte reënbuie met ‘n

Min 19 Max 22

Upington –  Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 20 Max 33

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en matig met ‘n

Min 16 Max 24

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en matig met  reën plek plek met ‘n

Min 18 Max 22

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en matig met ‘n

Min 9 Max 22


 

Be the first to comment

Leave a Reply