Potgooi – Nuus & Weer 27 Julie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 27 Julie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

Protes aksies landswyd

 

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 23 Julie 2020:

Wêreldwyd: 16 424 021 Sterftes:  652 332 Herstel: 10 052 673 met 66 238 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg met 11 233 nuwe gevalle wat die aantal opstoot na 445 433 met 114 nuwe sterftes wat die getal opstoot na 6 769.Intussen het 265 077 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 173 587 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 2 773 778. SA is tans die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

Die toename in infeksie regoor die wêreld tot ’n astronomiese 15 miljoen mense is een bron van kommer, maar die grootste bekommernis le in die vrae wat onbeantwoord bly.In ’n navorsing sentrum van Brittanje is gevind dat die longe wat infeksie opgedoen het, afwykende X-straal plate vertoon teenoor wat die persoon voor infeksie met X-straal plate gehad het.Die vraag wat die betekenis van die verskynsel is, word nog nagevors, net soos wat wetenskaplikes worstel met die vraag watter organe in die liggaam is ook verswak weens die infeksie, aangesien dit bekend is dat die infeksie oorspoel na ander organe, waarvan die niere en die hart belangrik is en benadeel word. Dit is ook nie seker waarom sommige mense geen simptome het, en selfs onbewus is daarvan dat hulle infeksie opgedoen het, terwyl ander in uiterste toestand in die hoësorg eenheid van ’n hospitaal beland en ander selfs die infeksie nie oorleef nie.Die Covid-19 koronavirus is dus veel gevaarliker as wat algemeen vermoed word, en mense behoort groter versigtigheid aan die dag te lê en te sorg dat hulle alle moontlike maatreëls streng volg.

 

’n bejaarde egpaar en hul huishulp is die jongste slagoffers van ’n plaasaanval in die omgewing van Houtboschdorp naby Haenertsburg in Limpopo.  Die DA in Limpopo het intussen die provinsie se departement van Gemeenskapsveiligheid gevra om ‘n plan voor te lê om plaasaanvalle te bekamp. Dit volg nadat ‘n plaasvoorman op ‘n sitrusplaas by Marble Hall naby Groblersdal doodgeskiet is. Jeremias Maceke is Saterdag deur onbekende rowers aangeval terwyl by besig was om lone van werknemers uit te betaal. Die DA-leier in Limpopo, Jacques Smalle, sê dit is die derde aanval vandeesmaand op ‘n plaas in die provinsie. Hy sê dit is duidelik dat polisie op die platteland nie toegerus is om die aanvalle te beveg nie. Daar was ook twee aanvalle in drie dae in Ottosdal.

TLU SA het ook bekend gemaak dat daar reeds 169 plaas aanvalle en 30 plaasmoorde hierdie jaar aangemeld is, waarvan 41 plaasaanvalle en sewe in Junie aangemeld. In Julie is 30 plaasaanvalle en 4 moorde sover aangemeld.

Joost van der Westhuizen se broer Pieter het net voor twaalf twee van drie gewapende rowers wat by ‘n kerk in Rooihuiskraal-Noord in Centurion Pta ingeloop het Sondag oggend dood geskiet. Twee van die rowers het deur die gemeentelede se besittings gekrap terwyl een die pastoor Kobus Erasmus met ‘n pistool teen sy kop aangehou, hy is ook herhaaldelik met die postool oor die kop geslaan. Pieter het op die rowers met sy gelisensieerde wapen losgebrand en twee doodgeskiet terwyl die derde een saam met ‘n vierde wat in ‘n motor buite gewag het gevlug het.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ‘n kuberaanval op SASSA waar hulle die begunstugdes se besonderhede wou steel hulle verskyn vandag in die hof in Nelspruit.

Die nasionale uitsaaier (NBC) het bekend gemaak dele van sy hoofkantoor in Windhoek is tydelik gesluit omdat een van sy werknemers positief getoets het. Die direkteur-generaal, mnr. Stanley Similo, sê in ‘n verklaring wat Sondagmiddag uitgereik is die nuuskantore is reeds in ooreenstemming met die voorgeskrewe gesondheidsregulasies ontsmet. Similo sê hy is in kontak met die gesondheidsowerheid wat besig is om al die mense met wie die betrokke werkgewer in kontak was, op te spoor. Hy sê gesien die NBC se belangrike taak om nuus met betrekking tot die Covid-19-pandemie te versprei, word werkverrigtinge met groot versigtigheid voortgesit.

Vyf polisie stasies is tydelik in die Vrystaat a.g.v. Coronavirus gevalle. Die Vrystaatse woordvoerder, Motantsi Makhele het bekendgemaak dat die stasies in Fauresmith, Frankfort, Dealesville, Thaba’ Nchu and Petrusburg ontsmet gaan word en weer oopgestel sal word. Die gemeenskapsentrums sal intussen dien as tydelike basisse. In Fauresmith en Petrusburg, sal die diens sentrums werksaam wees by die speurkantore en in Frankfort vanaf ‘n huisie op die polisie stasie se erf. Die Thaba Nchu polisie stasie sal se bedrywighede sal voorgesit word by die Barolong saal. Intussen is die Henneman and Phuthaditjhaba polisie stasie weer heropen.

Die land se grootste korttermyn-versekeraar, Santam, het ‘n miljard rand beskikbaar gestel vir noodbefondsing vir sy polishouers in die stukkelende gasvryheids-, ontspannings- en nie-noodsaaklike kleinhandeldienstebedrywe. Die aankondiging kom op ‘n tydstip wat talle maatskappye op die rand van bankkrotskap is en afleggings en loonverlagings oorweeg. Santam sê sy finansiale bystand is gerig op klein en medium kommersiële polishouers.

Twee lede van die Vrystaatse wetgewer het positief getoets vir die coronavirus. Hulle is die LUR vir gesondheid, Tate Makgoe, en die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Thembeni Nxangisa. Makgoe is in ‘n Bloemfonteinse hospitaal opgeneem. Nxangisa is in afsondering en sal voortgaan om van die huis te werk.

President, Cyril Ramaphosa, het verlede week aangekondig dat ondersoek ingestel word op moontlike korrupsie met die Noodfonds wat slagoffers van die pandemie moet help.Ramaphosa was duidelik ongemaklik oor die bewerings dat ongerymdhede plaasgevind het met die Fonds se geld, en het ook verwys na die uitdeel van kospakke aan minder gegoedes, wat deur die beamptes misbruik is vir eie gewin.Die president het gewaarsku dat daar geen ongerymdhede geduld sal word want die Fonds is uitsluitlik bedoel om verligting te bring aan diegene wat swaar getref word deur die koronavirus pandemie.Hy het uiteindelik ook daarop gewys dat die ondersoek verder gevoer sal word na onwettige eise en uitbetalings van die Werkloosheid Versekerings Fonds (WVF).

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het 100 visums teruggetrek wat na bewering deur een van sy beamptes wat by die hoëkommissariaat in Windhoek geplaas was, op bedrieglike wyse uitgereik is. Die minister van binnelandse sake, mnr. Aaron Motsoaledi, het bekend gemaak die sekretaris van burgerlike en immigrasiedienste wat in Windhoek werksaam was, is in hegtenis geneem en bedrog met die uitreik van visums aan burgers van Pakistan en Bangladesh word ondersoek. Die amptenaar het dit na bewering aan mense verkoop wat nie daarvoor gekwalifiseer het nie.

Vyf mense is in Steenberg en Bishop Lavis naby Kaapstad in hegtenis geneem waar die Cape Coloured People’s Congress vroegoggend begin het met hul protesoptrede oor swak dienslewering aan bruin gemeenskappe, asook bende- en geslagsgeweld. Die protesgangers is met skokgranate uiteengejaag. Protesoptrede het reeds vroeg in verskeie gebiede in die Kaapstadse Metropool uitgebreek waar paaie in Lwandle in die Strand, Eersterivier, Kraaifontein, Belville-suid en Atlantis versper is. In Mitchell’s Plain hou mense ook ‘n plakkaatbetoging. Die Kaapstadse Metropolisie het intussen Militêreweg in Steenberg vir verkeer heropen waar die pad vroeër met brandende bande versper is. Die polisie gaan voort om die res van die paaie te heropen.

Die Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, J P Smith, sê intussen alle beskikbare personeel is ontplooi om vandag gewelddadige protesgangers vas te vat, wat ander mense deur hul optrede verhoed om by die werk uit te kom. Smith het ‘n beroep gedoen op betogers om hulle nie tot geweld te wend deur paaie te versper en infrastruktuur te beskadig nie, veral indien die regulasieproses nie gevolg is nie.

Die studente-organisasie, COSAS, sê hy begin vanoggend met optrede om privaatskole te sluit. President Cyril Ramaphosa het verlede week aangekondig dat openbare skole van vandag af vir vier weke gesluit sal wees om die verspreiding van die coronavirus te bekamp. Privaatskole word egter toegelaat om oop te bly. COSAS sê hulle veg vir gelyke onderwys vir almal en daarom sal hulle nie toelaat dat onderskeid tussen skole getref word nie.

Die nasionale kragvoorsiener kan aggressie en woede verwag van die inwoners in Soweto nadat hulle vir ses weke sonder krag moes klaarkom.Eskom het onderneem om Soweto se woonhuise en die sakepersele om te skakel na vooraf betaalde meters, en die projek sou binne ses weke afgehandel wees.Eskom het gesê die omskakeling word gedoen deur die hele gebied se krag af te sny tot die omskakeling afgehandel is, maar nou blyk dit dat die taak nog lank nie afgehandel is nie, en ses weke is verby.Inwoners het nou in opstand gekom oor die lang wagtyd en die aankondiging dat die omskakeling nog nie afgehandel is nie, en honderde inwoners het die naweek saamgedrom uit protes teen Eskom.Die massa optog na die kantoor van Eskom in Soweto het ’n sterk sein van groot ontevredenheid gedra, en die woordvoerders het geëis dat die krag aangeskakel word wat nou reeds vir weke nie beskikbaar was nie.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

  

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 5 Max 20

Nelspruit – Bewolk met ligte reën met ‘n Min 11 Max 18

Brits – Sonnig met ‘n Min 4 Max 20

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 7 Max 19

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 5 Max 16

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 4 Max 18

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 4 Max 20

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min 1 Max 18

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 3 Max 20

Upington – Sonnig met ‘n Min 7 Max 25

Durban – Bewolk met reën met ‘n Min 10 Max 19

Durbanville – Sonnig met ‘n Min 8 Max 19

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 9 Max 19

Kaapstad – Sonnig met ‘n Min 12 Max 18

Port Elizabeth – Sonnig met ‘n Min 7 Max 17

Sutherland – Sonnig met ‘n Min 2 Max 16

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 1 en Max 23

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 7 Max 25

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 3 Max 24

 

Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Arlene met Afrikaans bly Groot

15:00 Ludwig met heruitsending  van Treffers van Toeka tot nou

19:00 – Meditation with Dr.Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio: 
web https://netradiosa.co.za/

Tunein http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply