Potgooi – Nuus & Weer 28 Julie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 28 Julie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Protes aksies landswyd

 Gauteng

Lindiquesdrift

Protes aksie op die hoofpad tussen VDBP en Potch

DIEPSLOOT 

N14/R512

Protes aksie op die N14 Wes van die R512 Diepsloot daar is ‘n verkeersopeenhoping vermy gebruik alternatiewe roetes

CPT

Betogers het ‘n trok aan die brand gesteek by Rocklandsweg Kwanobuhle Uitenhage in PE

 

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 23 Julie 2020:

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 23 Julie 2020:

Wêreldwyd: 16 652 435 Sterftes:  656 678 Herstel: 10 242 657 met 66 556 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 445 433 en die sterftes inSA na 7 067.Intussen het 274 925 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 170 537 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 2 802 211. SA is tans die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

Sjina het die naweek aangekondig dat 46 nuwe gevalle van Covid-19 infeksies die land getref het die voorafgaande 24 uur tydperk.Dit wil lyk of Sjina sy tweede vlaag infeksies in die gesig staar, en van die jongste voorvalle is aangemeld uit die Xinjiang streek in die verre weste van die land.Xinjiang het 34 gevalle aangemeld, en die res het voorgekom in die noordelike provinsie Liaoning. Die vorige 24 uur tydperk het Sjina 74 nuwe gevalle aangemeld, wat die land nou ’n nuwe totaal van 83,830 gevalle infeksies gee. Die inligting is die afgelope naweek deur die Nasionale Gesondheid Kommissie vrygestel, en waarnemers reken ’n tweede vlaag wat ’n nuwe pandemie kan beteken, is aan die ontwikkel in die land.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die sluiting van grense en reisbeperkings is nie volhoubaar as langtermyn-oplossings om die coronaviruspandemie te beheer nie. Mike Ryan van die WGO sê daar is nie een benadering tot die krisis wat vir alle lande sal werk nie. Die hoof van die WGO, Tedros Ghebreyesus, het vroeër aangedui dat hy vandeesweek weer die organisasie se noodkomitee sal byeenroep om die pandemie te evalueer.

Die Internasionale Monetêre Fonds het ‘n Covid-19 lening van vier-komma-drie miljard Amerikaanse dollar, sowat 70 miljard rand, aan Suid-Afrika toegestaan. Dit volg nadat die Afrika Ontwikkelingsbank verlede week ‘n lening van 288 miljoen Amerikaanse dollar aan Suid-Afrika toegeken het as deel van sy Covid-19 hulppakket. Die Nuwe Ontwikkelingsbank het vroeër ‘n lening van ‘n miljard Amerikaanse dollar aan Suid-Afrika as deel van sy Covid-19 noodprogram goedgekeur. Dit is eerste keer dat Pretoria aansoek doen vir ‘n IMF-lening sedert 1994. Volgens Bloomberg is die lening betaalbaar oor drie tot vyf jaar teen ‘n rentekoers van net meer as een persent. Meer as 70 lande het finansiële hulp van die IMF ontvang om die impak van die Covid-19 pandemie te versag.

President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko, het op sosial media aangekondig dat sy verlof neem en tydelik haar posisies in die regering ontruim. Dit kom te midde van ‘n ondersoek na die omstrede toekenning van twee kontrakte vir beskermende toerusting aan Royal Bhaca Projects. Diko se man is ‘n direkteur van Royal Bhaca. Diko sê in ‘n Facebook-boodskap die kontrakte is intussen gekanselleer. Sy sê sy het formeel aansoek om verlof gedoen by die minister in die Presidensie, Jackson Mthembu.

Dit lyk of die alkohol verbod tydens die grendelsluiting ‘n vereikende gevolg inhou vir druiwe boere in die land. Nou ontvang kelders geen inkomste nie en gaan daar ook nie verdere uitbetalings aan boere gedoen word nie.  Wynboere in die Wes-Kaap is reeds die afgelope paar jaar getref deur erge droogtes en indien hul hierdie seisoen geen of weinig vergoeding ontvang vir oeste gelewer kan daar volgens beraming 90% van die boere nie oorleef nie. Die DA in die Wes-Kaap sê ‘n spesiale aanpassingsbegroting vir die provinsie toon dat die verbod op alkohol ‘n verlies van ‘n miljard rand in die wynbedryf tot gevolg kan hê. Die verbod kan ook tot gevolg hê dat 18-duisend werksgeleenthede verlore gaan. Die DA se woordvoerder oor landbou, Andricus van der Westhuizen, sê die verbod het tot gevolg dat misdaadsindikate vorm wat oor die lang termyn groter skade sal berokken.

Gemiddelde damvlakke in die Wes-Kaap staan tans op 60-komma-vyf persent, teenoor 56-persent dieselfde tyd verlede jaar. Die provinsiale minister van Omgewingsake, Anton Bredell sê die damme wat water aan die Kaapstad Metro verskaf, is 77-persent vol teenoor 71-persent ‘n jaar gelede. Bredell sê die Clanwilliamdam staan tans op 98-persent terwyl die provinsie se grootste dam, die Theewaterskloofdam, op 73-persent staan.

Plaasaanval Hartswater Noord – Kaap:  Twee bejaardes  Dan en Breggie Brand en hulle dogter Elsabie is vermoedelik reeds Sondag middag aangeval en gister as vermis aangegee. Hulle motor ‘n silwer Mazda MX5 stasiewa is laat gisteraand net buite Pudimoe op die R18 voorgekeer. Vier verdagtes is gearresteer waarvan een ‘n vrou is wat vermoedelik nie deel van die groep is nie. Een verdagte word nog gesoek. Eeen verdagte het Elasbie se lyk gaan uitwys in die Taung/Brixton area. Volgens die verdagtes is die lyke van die ander twee slagoffers agter ‘n bos met klippe toegepak Baie ruig en moeilike terrein het veroorsaak dat hulle nie gisteraand in die donker gevind kon word nie. Die soektog sou vandag voortgaan sodra dit lig geword het.

Eskom het verbruikers gevra om krag spaarsaam te gebruik nadat ses opwekkingseenhede gister onklaar geraak het, terwyl die indiensstelling van opwekkingseenhede by Matla, Kendal en Tutuka-kragstasies uitgestel is. Die kragvoorsiener sê sy stelsel is onder druk en waarsku dat verdere probleme tot kragonderbrekings kan lei. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê een van die eenhede by die Majuba-kragstasie is intussen weer in werking gestel. Hy sê spanne het gister onverpoosd gewerk om die res van die eenhede weer in diens te stel.

Die borgtogaansoek van die 43 mans wat betrek word by die aanval op die International Pentecost Holiness-kerk by Zuurbekom, wes van Johannesburg, word vandag voortgesit in die Wesrand-landdroshof. Die verdagtes word aangekla van moord, poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging. Dit volg na die dood van vyf mense tydens ‘n gyselaarsdrama vroeër vandeesmaand. Onder die 43 is ‘n polisiebeampte, ‘n soldaat en ‘n regsgeleerde. Die kerk is in ‘n leierskapstryd sedert die dood van Glayton Modise, die seun van die kerk se stigter, Frederick Modise, in 2016.

Op Dinsdag 09 Junie 2020, het die SA Reserwebank (SARB) KSK in kennis gestel dat die aansoek vir registrasie as ‘n Koöperatiewe Bank goedgekeur is en KSK dus nou ‘n volwaardige Koöperatiewe Bank is. Tydens die Algemene Jaarvergadering, wat op Saterdag 25 Julie plaasgevind het, is die aandeelhouers, in detail amptelik in kennis gestel van die Registrasie by die SARB bank. Die nuwe Grondwet is voorgelê vir goedkeuring en met enkele wysigings aanvaar.KSK op Kleinfontein is op 7 September 2004 gestig en is begin deur spaarrekeninge te open, aandele is aan aandeelhouers uitgereik, beleggings is ingeneem en lenings is toegestaan. Terwyl ‘n Koöperatiewe instansie nog nie geregistreer is by die SARB nie, word sy bates volgens die bankwet beperk tot R50 miljoen. Wanneer dit egter geregistreer is, kan daardie beperking oorskrei word en is daar geen limiet meer op die bates nie en kan daar soveel beleggings as moontlik bekom word. Daar kan dus nou ernstige bemarking gedoen word.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

  

Warmbad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 6 Max 19

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 9 Max 21

Brits – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 3 Max 19

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 5 Max 16

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 3 Max 15

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 3 Max 18

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 3 Max 18

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min 1 Max 18

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 4 Max 21

Upington – Sonnig met ‘n Min 7 Max 24

Durban – Sonnig met ‘n Min 9 Max 22

Durbanville – Sonnig met ‘n Min 6 Max 17

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 12 Max 25

Kaapstad – Sonnig met ‘n Min 10 Max 17

Port Elizabeth – Sonnig met ‘n Min 11 Max 23

Sutherland – Sonnig met ‘n Min 0 Max 18

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 2 en Max 23

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 4 Max 27

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 3 Max 24

 

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00- Boeke, Skrywers, Digters en Dinge met Fanie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
web https://netradiosa.co.za/

Tunein http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/

 


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply