Potgooi – Nuus & Weer 28 Oktober 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 28 Oktober 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om10:00(CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Een van Suid-Afrika se rykste swartmense het ’n fonds tot stand gebring om voorsiening te maak vir “duisende werksgeleenthede oor die volgende paar jaar”. Dit is glo sy tweede groot inisiatief wat aangekondig word binne enkele weke, en die miljardêr en sakeman, Patrice Motsepe, het groot planne. As Uitvoerende Hoof van die myngroep African Rainbow Minerals, het hy ook onlangs aangekondig dat hy ook ’n fonds gestig het om swartmense in die landbou te bemagtig. Die Motsepe Foundation het glo verbintenis met 33 geloof-instansies en organisasies wat almal gaan begin om werksgeleenthede te skep. Deskundiges reken egter daar word te veel verwagtinge geskep van instansies en geloofsgroepe wat geen kennis dra van ekonomiese werklikhede nie. Hy verwag van ander groot instansies om elk R50 miljoen by te dra en sodoende op sy “advies komitee” sitting te neem.

Die Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane het weer ’n strydbyl gevind en daarmee die spanning met Pravin Gordhan, asook met Ramaphosa verhoog.

Die ongemaklike situasie met die OB toon geen moontlikheid van ’n afname met haar optrede by die Universiteit van Tegnologie waar sy nie gehuiwer het om kritiek uit te spreek teen die ANC se president en minister nie. Sy het studente toegespreek en ook gesê die president handel nie volgens meriete nie, en geïnsinueer hy tree op volgens eie gevoel. Busisiwe Mkhwebane het voorheen aanbeveel dat dissiplinêre aksie teen Minister Gordhan ingestel word weens sy beweerde optrede in die SA Inkomstediens. Sy het weer verwys na haar aanbevelings oor Ramaphosa, en daarmee die moontlikheid van verdere optrede teen haar versterk, maar waarnemers reken haar reputasie as OB het nou so veel kinkels dat haar geloofwaardigheid geen waarde het nie.

As die uitgeskopte leier van die DA gedink het om ’n nuwe party te stig, kan hy net eers kennis neem van die werklikheid in Suid-Afrika se nuwe politieke bedeling. Wegbreek politieke partye is gedoem tot mislukking, en daarvan is talle voorbeeld reeds soos wat Cope en EFF getoon het saam met vele ander wat nog swakker gevaar het. Die DA wat nie ’n wegbreek party is ni, kon slegs ’n beperkte mate van steun kry uit die ANC, maar die ANC-SAKP alliansie is die struktuur wat die oorgrote meerderheid swart kiesers sal ondersteun. Die neiging is aanvanklik in ander Afrika lande waargeneem, en miskien is Zimbabwe die beste voorbeeld, waar kiesers baie moes ontbeer onder Mugabe se diktatorskap, maar hulle het elke verkiesing weer vir die party gestem. Intussen het die DA aangekondig dat John Steenhuisen gekies is as leier in die plek van Maimane, en daarmee ook die beskuldiging gekry het dat dit nou weer ’n “wit party” is en talle swartes ’n ander politieke tuiste gaan soek het.

 

Voortgesette dienslewering sal glo geleidelik ingebring kan word by die Johannesburgse munisipaliteit nadat kuberkrakers die rekenaar stelsel aangeval het die afgelope week. Die verwagting is dat alles weer op dreef sal kom teen Maandag wanneer die kantore weer oop is vir die publiek en werksaamhede hervat sal word. Die krakers het ’n eis van 4 Bitcoin ingestel teen die munisipaliteit, wat nagenoeg R500,000 kan beteken, maar daaraan is nie gehoor gegee nie. Die skurke wat onder die naam as Shadow Kill Hackers hulle eis ingestel het, kon glo nie die persoonlike besonderhede van die inwoners bekom nie. Later is besig dat van die grootste bankinstellings ook deur die kuberkrakers aangeval is, sonder enige sukses.

 

Volgens ekonome is beleggers besig om voor te berei vir D-dag vir Eskom. Suid Afrika vaar tans op finansiële gebied net-net beter as Nigerië, Turkye en Lebanon. Buitelandse beleggers het meer as R25 miljard van die land se aandele verkoop en die Rand is onder die vyf geldeenhede wat die swakste presteer teenoor die Dollar. Selfs Ramaphosa het erken dat die situasie by Eskom onhoudbaar is . Intussen sê Gwede Mantashe dat SA nie ʼn energie krisis het nie, maar wel  ʼn energie probleem het! Politieke ontleders wys daarop dat die probleme wat dur Eskom veroorsaak word, uiteindelik sal lei tot afgradering na rommelstatus, en dat werksgeleenthede daarna nog verder sal verminder.

Bron: Die Vryburger

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

  Warmbad – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met reën met tye met ‘n Min 26 Max 40

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met matige tot swaar rëenbuie met ‘n Min 20 Max 39

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met matige reën met tye en baie warm met ‘n Min 25 Max 35

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 21 Max 32

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 31

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 20 Max 36

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en warm later met ‘n Min 9 Max 23

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en warm later met ‘n Min 8 Max 23

Durban – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n Min 18 Max 22

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met matige reën met tye met ‘n Min 15 Max 19

Upington –      Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en warm later met ‘n Min 7 Max 20

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 13 Max 16

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 9 Max 17

Sutherland – Bewolk met ‘n Min 3 Max 9

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

 12:00 – Afrikaans bly Groot met Arlene

11:00 – Gesondheid saam met Cathy

15H00 – Heruitsending Van Toeka tot nou met Ludwig

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers


 

Be the first to comment

Leave a Reply