Potgooi – Nuus & Weer 29 Julie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 29 Julie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

 

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 23 Julie 2020:

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 23 Julie 2020:

Wêreldwyd: 16 899 316 Sterftes:  663 540 Herstel: 10 462 274 met 66 449 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 459 761 en die sterftes in SA na 7 257.Intussen het 287 313 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 165 191 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 2 830 635. SA is tans die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

 

Suid Afrikaners kan ‘n styging in brandstof in die eerste week van Augustus verwag in Julie het die prys van petrol verhoog met R1.72 en diesel met R1.73:

Die verwagte verhogings is as volg:

Petrol 95: 11 sent per liter

Petrol 93: 15 sent per liter

Diesel 0.05%: 50 sent per liter

Diesel 0.005%: 49 sent per liter

Paraffin: 44 sent per liter

Die prysverhoging bring die prys nader aan die prys van brandstof voor die grendeltydperk.

Die plaasmoorde by Hartswater waaroor gister berig is was uiters wreed die bebloede liggame van Dan Brand en sy vrou is ook intussen gevind en albei was doodgeslaan. Die aanval het Sondag voor middagete plaasgevind die Sondag ete staan onaangeraak op die eetkamer tafel. Elsabie se kamer was bebloed sowel as die kombuis en die badkamer. Niks uit die huis was gesteel nie behalwe die motorvoertuie. Boere word weer gemaan om uiters paraat te wees aangesien plaasaanvalle toeneem en ook gedurende die dag plaas vind.

24/7/2020: Ottosdal, NW

Die slagoffer het wakker geword van geluide in die huis en toe hy probeer aantrek het die verdagtes sy kaner ingekom en gevlug toe hy na wapen reik 3 verdagtes is ingegtenis geneem deur gemeenskaps- en polisie optrede.

24/7/2020: Muldersdrift, Gauteng Die slagoffer het wakker geword van geluide buite in sy tuin by sy voordeur en 4 verdagtes in sy tuin gesien. Die aanvallers het hom in die been geskiet en met sy foon,  ‘n TV en ‘n DVD speler te voet op die vlug g-jarige plaasvoorman was opeslaan.

25/7/2020: Marble Hall, Limpopo. Plaasmoord .  ‘n 39-jarige plaasvoorman was op pad om salarisse te betaal toe hy voorgekeer is in sy bakkie deur die aanvallers wat hulle voorgedoen het as plaaswerkers. Hy is doodgeskiet en sy aanvallers het met die geld en sy bakkie op die vlug geslaan, die bakkie is later terug gevind.

25/7/2020: Kameeldrift, Gauteng: ‘n Bejaarde egpaar en een van hulle vriende is deur hulle werkers oorval en in die huis vasgebind. Kontant, fone en Nissan Navara is gesteel, die voertuig is later terug gevind en twee verdagtes inhegtenis geneem.

25/7/2020: Alexandria. Oos-Kaap – ‘n Bejaarde half blinde man 71 was vermoor en deur lede van die gemeenskap in sy plaaswinkel gekry. Twee verdagtes is later inhegtenis geneem deur optrede van die gemeenskap en die polisie.

26/7/2020: Houtbosdorp, Haenertsburg, Limpopo: ‘n Bejaarde egpaar was aangeval deur ‘n groep verdagtes die vrou is in die gesig geslaan met ‘n pistool. Hulle het na ‘n werker se huis gegaan en

en die werker vasgebind kontant en fone is gesteel.

26/7/2020: Wemmershoek, Wes-Kaap: Vier gewapende aanvallers met balaclawas en handskoene het die slagoffer aangeval ‘b foon en skootrekenaar is gesteel – geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.

27/7/2020: Grabouw, Wes-Kaap: Die slagoffers is aangeval deur vyf aanvallers met vuurwapens, messe en ‘ n panga. Verskeie skootrekenaars, fone, messe en ander items is gesteel – geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.

Afriforum het die Openbare Beskermer gevra om onsersoek in te stel na die R6 miljoen rand tender wat die maatskappy Supplier Development Initiaves ontvang het van wie Cyril Ramaphosa se seun Andile ‘n medestigter is. Afrforum sê weens onlangse openbarings van staatskorrupsie en buitery is dit in openbare belang om te weet of hy staatshulp vir sy projek bekom het en of dit op korrupsie neerkom.

4 mense sterf in ‘n botsing tussen ‘n Audi en ‘n bakkie op die N2 in KZN toe die bestuurder van die Audi teen ‘n baie hoë spoed in die bakkie vasgejaag het en in vlamme uitgebars het. Die Audi wat oorlaai was met dagga kon a.g.v. die gewig van die dagga nie gerem het nie en was verantwoordelik vir die vlamme dood van altwee voeruie se insittendes.’n Woordvoerder van die paramediese span wat op die toneel aangekom het, sê weinig kon gedoen word om enige insittende te probeer red.

Die Departement van Welsyn en Pensioene se afdeling bekend as Sassa, het die afgelope tyd gebuk gegaan onder die pogings van diewe.Drie verdagtes is die jongste geval bekend wat eersdaags in die Nelspruit landdroshof sal verskyn nadat hulle vroeër gearresteer is deur die Valke eenheid.Die Valke se Kuber kraker eenheid en die Kriminele Rekord Sentrum  tesame met die polisie het op die drie toegeslaan terwyl hulle besig was om te probeer geld steel met behulp van die moderne tegnologie.Die drie was net besig om op die Sassa bankstelsel deur te breek toe die Valke opdaag en hulle arresteer.

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het toegegee dat korrupsie die provinsiale regering se pogings kelder om die coronaviruspandemie te bekamp. Hy waarsku dat daar in Augustus dubbel so veel positiewe gevalle in die Oos-Kaap kan wees, en sê dit kan die kapasiteit van die gesondheidsektor oorweldig. Mabuyane sê hy het die provinsiale tesourie opdrag gegee om ondersoek te doen by departemente oor Covid-19 verwante aankope. Hy vra die publiek wat inligting het oor korrupsie of oortredings om die tesourie of die spesiale ondersoekeenheid te kontak.

Die ANC in Gauteng het intussen bevestig dat sy provinsiale uitvoerende raad vandag sal vergader om onlangse bewerings teen die woordvoerder van die presidensie, Khusela Diko te bespreek. Diko is op verlof te midde van ‘n ondersoek na die toekenning van twee kontrakte ter waarde van miljoene rand vir die verskaffing van persoonlike beskermende toerusting aan Royal Bhaca Projects- ‘n maatskappy waar haar man ‘n direkteur is. Die kontrakte is intussen gekanselleer. Die Gautengse LUR vir Gesondheid, Bandile Masuku en sy vrou word ook by die beweerde ongerymdhede betrek. ‘n Provinsiale woordvoerder van die ANC, Bones Modise sê hulle sal tydens die vergadering nie net die bewerings teen Diko bespreek nie, maar sal kyk na alle verkrygingsprosesse wat verband hou met die coronaviruspandemie. Volgens Modise sal ‘n mediakonferensie môre plaasvind om die publiek oor die uitkoms van vandag se vergadering in te lig.

Die SAUK is vandag terug by die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie in verband met ‘n beplande afleggingsproses. Die openbare uitsaaier het in Junie ‘n kennisgewing oor die beoogde personeelvermindering aan werkers uitgereik. Die proses sal na verwagting 600 permanente werkers en meer as ‘n duisend vryskutwerkers raak. Die SAUK voer aan dat sy finansiële posisie deur die coronaviruspandemie vererger is. Die openbare uitsaaier het verlede jaar ‘n reddingsboei van drie miljard rand van die regering ontvang, maar sê ten spyte van maatreëls om kostes te besnoei moet die salarisrekening met sowat 700-miljoen rand verminder word.

De Departement van Openbare Werke het bevestig dat stappe teen amptenare gedoen sal word wat verantwoordelik is vir onreëlmatighede in verband met die tender van 37 miljoen rand om die 40 km-grensheining met Zimbabwe op te rig. Die projek is in April voltooi en was bedoel om die regering te help om onwettige immigrasie en smokkelary tussen die twee lande te beperk. Misdadigers het egter volgens berigte ‘n dag nadat die heining voltooi is openinge in die heining gesny, wat dit moontlik maak vir mense en diere om die grens oor te steek. Die departement sê die ouditeur-generaal ondersoek die saak en ‘n tugverhoor sal binnekort gehou word.

Die Wes-Kaapse polisie sê ‘n 62-jarige man wat na bewering ‘n 9-jarige meisie in Langa op die Kaapse Vlakte verkrag het, verskyn vandag in die Bishop Lavis Landdroshof. Beeldmateriaal is wyd op sosiale media versprei van inwoners van Langa wat die man skop en slaan terwyl hy op die sypaadjie sit. Die man is Maandag in hegtenis geneem.

SASSA het aangekondig dat ouderdoms pensioene uitbetaal sal word op 3 Augustus en ongeskiktheids toelaes op die 4 de terwyl alle ander toelaes op die 5de uitbetaal sal word.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Sonnig met ‘n Min 6 Max 21

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 9 Max 25

Brits – Sonnig met ‘n Min 4 Max 22

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 7 Max 21

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 4 Max 17

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 3 Max 19

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 5 Max 13

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min 1 Max 19

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 2 Max 22

Upington – Sonnig met ‘n Min 4 Max 26

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 25

Durbanville – Sonnig met ‘n Min 8 Max 18

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 12 Max 21

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 17

Port Elizabeth – Sonnig met ‘n Min 12 Max 19

Sutherland – Sonnig met ‘n Min -1 Max 17

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 2 en Max 23

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 6 Max 25

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 4 Max 24

 

loer gerus rond daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal eenmansaak of koöperatiewe besigheid kontak ons gerus; op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  en ons sal terug kom met ‘n pakket wat jou sak sal pas en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa

5:30 –   Landbou Radio Tot Landbou Persoon met Fanie saam met Saai familieboer inisiatief.

12:00 – Sakebenadering met Fanie en Hennie geborg deur Approuch

16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
web https://netradiosa.co.za/

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

 


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply