Potgooi – Nuus & Weer 29 Oktober 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 29 Oktober 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om10:00(CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 Nuus

Die ontevredenheid onder sekere leiersfigure in die Rooi brigade oor ander leiers wat sommer self besluite neem voor die konferensie, het nou tot spanning gelei. Daar is nou elemente wat reken ’n nuwe leierskap met Malema en Shivanbu in hulle plekke sal die EFF red van uitmekaar spat, maar die ander leiers moet vervang word, is gesê. Volgens die nuwe wending sal minstens ses leiers uit die bus val, en sal ander lede gekies moet word, maar ontleders reken dit gaan die spanning nog verder verhoog in die party. Daar is led van die party wat sê die komende konferensie is die waterskeiding geleentheid, en sal dit net ’n formaliteit wees om die ses nuwe leiers in hulle posisies te kry.

 

Die Hoof Uitvoerende Beamptes van die Sasol, Bongani Nqwababa en Stephen Cornell het ingestem om te bedank na ’n onafhanklike ondersoek na ’n uiters omstrede VSA projek. Die sogenaamde Lake Charles Chemicals Project wat glo sewe produksie eenhede het wat verskillende chemiese produkte sou lewer, waarvan een ’n tipe plastiek is, sou soveel as $12 miljard (sowat R190 miljard) gekos het. Die maatskappy het oor die afgelope jaar sowat 44% van sy waarde verloor wat direk na die twee gesamentlike Uitvoerende Beamptes gereflekteer en hulle bedankings veroorsaak het. Die onafhanklike ondersoek het bevind dat die twee hoofde direk verantwoordelik is vir die omstrede projekte, en is na onderhandelinge oorreed om te bedank.

Die bestuurshoof van Rand Water, Sipho Mosai, sê waterverbruik het skerp gestyg in die gebiede waar hulle water voorsien. Die departement van Water en Sanitasie en Rand Water, het ‘n gesamentlike mediakonferensie gehou oor watervoorsiening uit damme. Mosai sê verbruik het gemiddeld met meer as vyfduisend miljoen liter per dag opgeskiet weens die uiterste warm toestande oor groot dele van die land. Die normale, gemiddelde verbruik is vierduisend-368 miljoen liter per dag, maar in die gebiede wat Rand Water voorsien, het dit met 532 miljoen liter water per dag toegeneem. Mosai het ‘n oproep op die publiek gedoen om water net vir basiese behoeftes te gebruik. Hy sê verbruikers gebruik water hoofsaaklik vir nie-persoonlik gebruik, soos om grasperke nat te maak. Hy sê die grootste deel van waterverbruik is vir die opvul van swembaddens. Volgens Mosai is die punt bereik waar water net beskikbaar is vir drink-, kook- en ander basiese gebruik.

 

Damvlakke in die Wes-Kaap stygitussen steeds na die afgelope paar dae se swaar reën. Damme in die opvangsgebied van die Kaapstadse Metro is gemiddeld 82-komma-8 persent vol, terwyl die gemiddelde damvlak vir die hele Wes-Kaap op amper 66 persent staan. Die woordvoerder van die Departement van Plaaslike Regering en Omgewingsake, James-Brent Styan, sê groot dele van die Karoo en Weskus word steeds deur een van die ergste droogtes nóg geteister. Hy sê die 50 miljoen rand droogtehulp wat onlangs deur die provinsiale regering aangekondig is, sal boere in die gebiede help.

 

Die Vryheidsfront Plus sê die minister van Finansies, Tito Mboweni, sal ongewilde besluite ten opsigte van staatsondernemings moet neem wanneer hy Woensdag die medium-termyn begroting ter tafel lê. ‘n Parlementslid van die VF Plus, Wouter Wessels, sê Mboweni sal sterk moet staan wanneer hy stappe aankondig om sommige van die sukkelende ondernemings te red. Wessels sê die begroting moet die boeke balanseer en rigting aandui, wat noodwendig ongewilde besluite tot gevolg sal hê. Hy sê die minister word gevange gehou deur alliansievennote wat wil keer dat hy besluite neem wat die land kan red.

 

Die 26-jarige vragbestuurder wat na bewering verantwoordelik was vir die ongeluk waarin agt leerlinge verlede week dood is, is in die Lehurutshe-landdroshof op borgtog van twee-duisend rand vrygelaat. Gabatshwane Phiri van Rietpan naby Zeerust moet weer op 12 Desember in die hof verskyn. Die vragmotor wat Phiri bestuur het, het na bewering ‘n boom getref en omgeslaan. Hy staan tereg op aanklagte van strafbare manslag, roekelose of nalatige bestuur, en dat hy sonder ‘n rybewys bestuur het. Hy is verlede Maandag in hegtenis geneem nadat hy net ‘n leerlingrybewys kon verskaf. Die leerlinge was op pad terug van ‘n sokkerwedstryd toe die ongeluk gebeur het.

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye met ‘n Min 21 Max 31

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en met matige rëenbuie met ‘n Min 15 Max 22

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 15 Max 30

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 10 Max 26

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 8 Max 26

Rustenburg – Sonnig en warm met ‘n Min 12 Max 29

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en warm later met ‘n Min 3 Max 21

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en warm later met ‘n Min 3 Max 21

Durban – Gedeeltelik bewolk met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 17 Max 21

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 20

Upington –    Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 3 Max 23

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 13 Max 16

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 14 Max 17

Sutherland – Sonnig en koud met ‘n Min 2 Max 15

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

 Geniet jou Dinsdag saam Netradiosa

 

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

 

11:00 – Digters en skrywers Forum saam met Cathy

 

19:00 – Meditation with Dr. Tienie EilersLuisterskakels vir die Radio:


 

Be the first to comment

Leave a Reply