Potgooi – Nuus & Weer 3 Augustus 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 3 Augustus 2020 Aangebied deur Fanie

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 2 Aug 2020:

Wêreldwyd: Gevalle 18 167 709 Sterftes:  691 193 Herstel: 11 419 916 met 65 911 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 511 485 en die sterftes in SA na 8 366Intussen het 347 227 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 155 892 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 3 036 779. SA is steeds die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

 

Geen besoekers word toegelaat in die in die Klerksdorp  Westvaal perseel vanaf 29 Julie 2020 nie a.g.v die hoë aantal covid19 positiewe gevalle wat daar aangemeld word nie.

Nog R1.2 biljoen se Covid-19 kontrakte is geïdentifiseer deur die spesiale ondersoek eenheid wat ondersoek moet word vir tekens van onregmatige handelinge en korrupsie.

Die Universiteit van die Witwatersrand het die afgelope week 33 nuwe coronavirus-infeksies aangemeld. ‘n Woordvoerder vir die universiteit, Shirona Patel, sê 23 was studente en 10 personeellede. Duisende studente landswyd, meestal finale jaar- en mediese studente, het verlede maand teruggekeer kampus toe. Patel sê die infeksiekoers is relatief laag. Sy sê al die bevestigde gevalle is selfafsondering en daar geen gevalle in koshuise nie. Patel sê die 23 studente wat positief getoets is, vorm deel van ‘n studentebevolking van sowat 37-duisend-500.

Die Groote Schuur-hospitaal en die Universiteit van Kaapstad het by ‘n wêreldwye vennootskap van wetenskaplikes aangesluit wat saamwerk om kliniese insigte te deel oor die aanwending van tegnologie om covid-19-pasiënte beter te behandel. Die navorsing word deur die Covid-19-kritiekesorg-konsortium gedoen. Die internasionale konsortium het nagenoeg 400 hospitale en navorsingsinstansies in 52 lande wat saamwerk. ‘n Spesialis in kritieke sorg by die Groote Schuur-hospitaal, David Thomson, sê die resultate van die navorsing help om praktyke in waakeenhede te verbeter vir tegnieke om pasiënte se kanse op oorlewing te verhoog.

President Cyril Ramaphosa sê bykomende geriewe, toerusting en personeel sal ontplooi word in alle provinsies waar die getal coronavirusinfeksies aanhou styg. Dit volg nadat die getal bevestigde gevalle van die virus in Suid-Afrika, die 500-duisend kerf verbygesteek het. Die dodetal het ook tot agtduisend-153 gestyg. Ramaphosa sê die regering is verbind daartoe om dringend logisitieke en ander probleme op te los wat tot tekorte aan beskermende toerusting vir gesondheidswerkers in verskeie dele van die land gelei het. Volgens die verklaring sal 20-duisend plaaslik vervaardigde ventilators in die komende maand aan hospitale waar hulle die meeste benodig word afgelewer word.

Die EFF het intussen geva dat ‘n ad hoc-komitee saamgestel word om tenders na te gaan wat toegeken word vir Covid-19 beskermende toerusting. Die party sê hy ondersteun die oproep dat ‘n lys van maatskappye wat tenders ontvang het vir Covid-19 verwante toerusting, gepubliseer word. Die EFF se hoofsweep, Floyd Sivhambu, sê dit is nodig dat ‘n parlementskomitee tenders ondersoek en die verkryging noukeurig monitor.

President Cyril Ramaphosa het amptenare wat die gesondheidskrisis weens die coronaviruspandemie gebruik om hulleself te verryk, as gewetenloos bestempel. Die presidensiële woordvoerder, Khusela Diko, die Gautengse LUR vir Gesondheid, Bandile Masuku en sy vrou, Loyiso, is tans op verlof terwyl bewerings van ongerymdhede in die toekenning van ‘n tender vir beskermende toerusting ondersoek word. Die 125-miljoen randse tender is toegeken aan Royal Bhaca Projects, wat aan Diko se man behoort. Ramaphosa sê in ‘n verklaring wetstoepassingsagentskappe is bemagtig om alle bewerings van korrupsie en ongerymdhede in die verkryging van mediese en ander toerusting te ondersoek.

‘n Kaapstadse Metrpolisiebeampte is in die hospitaal behandel vir beserings nadat ‘n voertuig van die stad gister in Kraaifontein met ‘n petrolbom bestook is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid, JP Smith sê wetstoepassers is die afgelope week in die gebied te midde van voortslepende geweld wat verbind word met pogings om grond te beset. Beamptes is Saterdagmiddag gekonfronteer deur ‘n groep van sowat 600 betogers in Bloekombos. Smith sê die stad bied ‘n beloning aan vir enige inligting wat kan leie tot die inhegtenisneming en vervolging van die persoon wat die petrolbom gegooi het.

Die Departement van Basiese Onderwys sê die hersiene skoolkalender sal in die komende week in die staatskalender gepubliseer word. Die departement het gister besonderhede oor die skoolkalender vir die res van die jaar en vroeg aanstaande jaar bekendgemaak. Staatskole heropen weer op 24 Augustus, met die uitsondering van Graad 12-leerlinge en onderwysers wat op Maandag, 3 Augustus, terugkeer skool toe. Graad 7-leerlinge keer op 10 Augustus terug. Volgens die aangepaste kalender sal graad 11-leerlinge tot 15 Desember skoolgaan. Dit is ook die laaste dag van die matriekeksamens vanjaar. Die merk van matriekeksamens sal na verwagting op 22 Januarie afgehandel wees, met resultate wat op 23 Februarie vrygestel sal word. Die 2021-skooljaar begin op 25 Januarie vir onderwysers, en vir leerlinge ‘n paar dae later.

Daar was ‘n aanval op ‘n kleinhoewe te Vanderbijlpark Vrydag 30/07/2020 ongeveer 14:30. ‘n Vroulike slagoffer was oorval deur 3 gevaarlike gewapende aanvallers en aangerand, daar is heelwat artikels wat gesteel is. Vermoedelik is die aanvallers gesteur en het van die toneel gevlug. Hulle een voertuig was vermoedelik op ‘n kamera vasgelê terwyl daar ongelukkig geen besonderhede is van die tweede voertuig nie. Hopelik sal die inligting lei tot hulle inhegtenisname.Een van die verdagtes het 3 dae tevore die slagoffer genader met die verskoning dat hy ‘n gebou wil huur en het 3 dae later met nog twee makkers opgedaag, die slagoffer het niks vermoed totdat sy oorval en aangerand is nie, sy het losgekom en haarself in ‘n badkamer toegesluit totdat dit veilig was. Sy het net ‘n paar minimale sigbare beserings opgedoen.

In ‘n Plaasaanval op 30 Julie 2020 om 10vm in Boschpoort tussen Ottosdal en Coligny in Noord-Wes is ‘n man gekonfronteer en toe aangerand vasgebind en ‘n plastiese sak oor sy kop getrek deur ‘n enkele aanvaller voor sy huis. Juwele en fone is gesteel. Die slagoffer is nie ernstig beseer nie en alhoewel die plaaslike boere vining gereageer het was daar geen inhegtenisname nie. Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

In ‘n Plaasaanval op 30Julie 2020 op Theunisen is ‘n werker, sy vrou en kind aangeval en ontvoer en 6 koeie geslag. Die vleis is gesteel en die familie was later vrygelaat langs die pad. Die polisie ondersoek die voorval.

In ‘n Plaasaanval op 1 Augustus 2020 op ‘n kleinhoewe by De Deur by Walkers vrugte plaas het ‘n aanvaller ‘n vrou deur die buitekantste heining geskiet en haar in die been gewond waarna hy op die vlug geslaan het. Die polisie ondersoek die voorval.

Terwyl Ramaphosa ontken dat daar plaasaanvalle voorkom was daar gedurende:

Julie 2020 – 55 plaasaanvalle en 9 plaasmoorde

Junie 2020 – 56 aanvalle en 7 plaasmoorde,

Mei 2020 – 15 plaasaanvalle en 4 moorde,

April 2020 – 17 plaasaanvalle en 1 moord.

Maart 2020 – 35 plaasaanvalle en 6 plaasmoorde

Februarie 2020 – 31 plaasaanvalle en 8 plaasmoorde

Die ANC-NUK-lid en minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sê korrupsie sal ‘n nadelige uitwerking op die drieparty-allianisie hê. Hy sê voorts faksievorming binne die ANC en SAKP moet uitgeroei word. Die minister sê berigte van korrupsie wat verband hou met tenders om die verspreiding van die coronavirus te stuit, rig groot skade aan die beweging en sal veroorsaak dat kiesers hul vertroue in die ANC verloor. Mkhize het gepraat tydens die aanlyn herdenking van die SAKP se 99ste bestaansjaar.

Intussen sê die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande, die regering se besluit om finansiële bystand vir die stryd teen die coronaviruspandemie by die Internasionale Monetêre Fonds te bekom, is ‘n ernstige fout. Hy sê Suid-Afrika sal die lening teen ‘n hoë rentekoers aan die IMF moet terugbetaal, terwyl dit reeds sleg gaan met die land se ekonomie. Die minister van finansies, Tito Mboweni, het egter vroeër aangedui dat Suid-Afrika juis hierdie lening teen ‘n gunstige rentekoers bekom.

Die regering het al meer as die begrote R28 miljoen spandeer aan private kwarantyn huisvesting waarvan die meederheid vuil en onhigiënies is. Die VF Plus wil sien dat ‘n onafhanklike ondersoek gedoen moet word oor die fasiliteite asook die groot bedrae geld wat daarop spandeer is asook die kantrakte wat aangegaan is.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het belastingbetalers aangeraai om die diens se e-filing-stelsel of selfoontoepassing te gebruik om vanjaar hul opgawes in te dien. Die SAID het ook die publiek teen vals e-posse en SMS’e gewaarsku wat beweer dat dit van die SAID af kom. Talle belastingbetalers het hul kommer uitgespreek nadat hulle SMS’e en e-posse met vals inligting ontvang het. Die kommissaris van die SAID, Edward Kieswetter, sê die belastingdiens sal nooit bankbesonderhede via e-pos of SMS’e versoek nie.

Die Departement van Korrektiewe Dienste het die coronaviruspandemie die skuld gegee vir die vertraging in die vrylating van 19-duisend gevangenes. President Cyril Ramaphosa het reeds in Mei aangekondig dat sommige gevangenes vrygelaat moet word. Die Suid-Afrikaanse Organisasie vir Verhoorafwagtende Gevangenes beskuldig die departement daarvan dat hy nie sy belofte nagekom het. Volgens die organisasie wag talle chronies siek gevangenes, moeders met babas en gevangenes wat reeds ‘n vrylatingsprogram voltooi het om vrygelaat te word. Die organisasie dreig nou om die minister van korrektiewe dienste, Ronald Lamola, voor die hof te daag. ‘n Woordvoerder van Lamola, Chrispin Phiri, het egter die bewerings ontken en sê sewe-duisend gevangenes is reeds vrygelaat.

Die jongste misdaadstatestieke wat Vrydag bekendgemaak is wys dat misdade wat kinders betrek soos ontvoerings en seksuele aanrandings by skole plaasvind.

Statestieke wys dat kontakmisdade teen kinders in geheel sedert 2018 met 6,4% afgeneem het daar is 42 348 in die 2019-20 boekjaar aangemeld.

In KZN het die gevalle met 4.2% toegeneem tot 8 056 gevalle.  380 van alle gevalle van verkragting het by onderwysinstellings plaasgevind.

Ontvoerings landwyd waarvan kinderontvoering deel uitmaak het die afgelope 10 jaar met 133% toegeneem verlede jaar is 6 600 gevalle aangemeld.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

Die musiekvideo vir APPEL se nuwe liedjie, ‘Jou Land’, is hier. Die liedjie word met trots geborg deur Saai, dit is ‘n roerende liedjie vir die moeilike tye wat ons boere in die gesig staar. Hierdie lied word opgedra aan elke Saai lid. Deel hierdie met vriende en familie en volg die skakel hieronder om aan te sluit

https://www.saai.org/sluit-aan/

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Die Weerdiens in Kaapstad sê ligte reën word die volgende paar dae oor die suidwestelike dele van die Wes-Kaap verwag. Die winderige toestande vandag is die voorloper van ‘n koue front wat na verwagting môre in die Kaap sal aankom. Die Weerdiens sê die koue front sal môreaand oor die Suidkus inbeweeg. Die weer sal na verwagting teen Woensdag begin opklaar.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ‘n kouefront sal van Dinsdag af verskeie dele van KwaZulu-Natal tref. Die kouefront sal na verwagting met sterk wind gepaardgaan, veral in kusgebiede. ‘n Weervoorspeller, Wisani Maluleke sê reën word ook tot Donderdag voorspel en temperature sal na verwagting aansienlik sal daal.

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 6 Max 24

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 9 Max 26

Brits – Sonnig met ‘n Min 6 Max 25

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 7 Max 24

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 5 Max 22

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 4 Max 23

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 4 Max 24

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min 3 Max 23

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 4 Max 25

Upington – Sonnig met ‘n Min 8 Max 28

Durban –   Sonnig met ‘n Min 12 Max 26

Durbanville – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 9 Max 19

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 13 Max 32

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 18

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 12 Max 32

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 2 en Max 25

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 7 Max 27

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 5 Max 29

 

Loer gerus rond op ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en loer gerus rond daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal eenmansaak of koöperatiewe besigheid kontak ons gerus-op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  en ons sal terug kom met ‘n pakket wat jou sak sal pas en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem onthou Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem -Kontak Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na corrie@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerwe of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

 Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
12:00 – Arlene met Afrikaans bly Groot

15:00 Ludwig met heruitsending  van Treffers van Toeka tot nou
19:00 – Meditation with Dr.Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
web https://netradiosa.co.za/


Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply