Potgooi – Nuus & Weer 30 Julie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 30 Julie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Protes aksies landswyd

Gauteng

Vermy Lower Boksburg pad tussen Boksburg en Elsburg verby Reigerpark en Ramaphoza totaal en al, erge onluste, hulle skiet ook op voertuie. Die pad na Germiston lower Commisioner en Elsburg weg is gesluit a.g.v die aksies.

Mapumalanga

Daar is protes aksie by Fairview Myne Barberton Mpumalanga. Die R38 is geblokeer en voertuie word met klippe bestook die polisie is op die toneel.

  

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 29 Julie 2020:

Wêreldwyd: 17 194 261 Sterftes:  670 294 Herstel: 10 705 385 met 66 382 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 471 123 en die sterftes in SA na 7 497.Intussen het 297 967 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 165 191 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 2 873 163. SA is tans die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê mense by wie COVID-19 gediagnoseer word en wat simptome van die siekte toon, moet minstens dertien dae in afsondering deurbring. Mense wat geen simptome toon nie, moet hulle vir tien dae van ander mense afsonder. Die WGO sê die jongste aanbeveling volg op nuwe bevindings. Volgens die organisasie is die langer afsonderingstyd vir mense mét simptome nodig, sodat hulle vir drie dae nadat hul simptome verdwyn het, steeds in afsondering kan bly om te verseker dat hulle nié die virus kan oordra nie.

Britsh American Tabacco SA voer in sy finale betoogrede aan dat die besluit om te rook of nie by die roker lê en nie by die regering nie. Die verbod maak inbraak op grondwetlike regte deur Suid- Afrikaners se reg op waardigheid te ondermyn. Die saak word Woensdag en Donderdag in die hof aangehoor.

Die vakbond Solidariteit gaan ‘n massa klag indien teen die rasvergrype van die SA regering by die Vereenigde Nasies se komitee vir die uitskakeling van rassediskriminasie deurdat die regering besluit het dat witmense nie hulp mag ontvang tydens die Covid-19 krisis nie.

Eskom se skuldlas staan tans op R450 miljard en die Hooggeregshof het beslis dat hy geregtig is op die herwinning van R69 miljard omdat Nersa ’n regerings lening in gebring het as deel van sy berekenings om Eskom tariewe te bepaal, wat die hof as onregmatig beskou hêt. Die hofbeslissing bepaal dat Eskom sy eie terme kan opstel vir tarief verhogings, en is baie slegte nuus vir die ekonomie, die nyweraars en die algemene publiek.

Die ANC word daarvan beskuldig dat hy sy eie grendel-maatreels verontagsaam en daarmee ’n voorbeeld aan ander stel om dieselfde te doen. nadat die begrafnis van Andrew Mlangeni, ’n samedromming van honderde mense gehad het.

Die dat nie meer as 50 mense die begrafnis mag bywoon nie, die reël is steeds geldig maar ANC ondersteuners het hulle nie gesteur daaraan nie en die familie het geen maatreëls in plek gestel om samedromming te voorkom nie.

TLU SA is uiters bekommerd oor die styging in plaasaanvalle wat die naweek weer gelei het tot vyf moorde en moedig boere, gesinne en werkers ernstig aan om te alle tye paraat te wees. Daar was nege aanvalle die afgelope naweek gewees. Daar was bykans dieselfde hoeveelheid aanvalle in die eerste ses maande van 2019 as in 2020.  Daar is ‘n massa optog deur boere in Hartswater. Verkeer is stadig in die dorp en omliggende omgewing. Die gemeenskap van Hartswater is uitmekaar geruk na die wrede moorde op 3 geliefde inwoners. Boere kom by die landdroshof in Hartswater bymekaar om die moorde te veroordeel.

Vyf verdagtes sal vandag in die Hartswater-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn in verband met die ontvoering van, en moord op die bejaarde Dan en Breggie Brand en hul dogter, Elzabie. Die verdagtes sal op aanklagte van onder meer roof, ontvoering en moord verskyn. Die Minister van Landbou Thoko Didiza het vroeër plaasmoorde veroordeel en sê dit stel voedselsekerheid in gevaar.

Vier lede van die vermeende bedrog- en korrupsie-binnekring by BOSASA en die Departement van Korrektiewe Dienste is op borgtog van 20-duisend rand vrygelaat. Die voormalige kommissaris van Korrektiewe dienste, Linda Mti en die voormalige bedryfshoof van BOSASA, Angelo Agrizzi het saam met die voormalige finansiële hoof van korrektiewe dienste, Patrick Gillingham, en die gewese finansiële bestuurder van BOSASA, Andries van Tonder, in die Handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn. Die saak hou verband met tenders ter waarde van een komma agt miljard rand wat tussen Augustus 2004 en 2007 aan Bosasa toegeken is. Die hoof van die Ondersoekdirektoraat, Hermione Cronje sê nog in hegtenisnemings word verwag. Sy sê BOSASA en sy filliale het regeringstenders ter waarde van 34 miljoen rand bekom, selfs nadat ongerymdhede in die toekenning van vier tenders in 2010 aan die lig gekom het.

Die kommissie van ondersoek na staatskaping sal vandag getuienis aanhoor wat verband hou met bewerings van korrupsie en politieke inmening by die land se wetstoepassingsagentskappe. Terence Joubert, kolonel Welcome Mhlongo en kaptein Edward Zuma sal getuienis lewer oor die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging, Mxolisi Nxasana. Nxasana het vroeër by die kommissie beweer dat die voormalige waarnemende direkteur van openbare vervolging, Nomgcobo Jiba, die drie mans gebruik het om van hom ontslae te raak kort nadat hy in 2013 as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag aangestel is.

Die ANC in Gauteng hou later vanoggend ‘n mediakonferensie oor ‘n spesiale vergadering wat oor ‘n omstrede tender gehou is. Die party se provinsiale uitvoerende komitee is onder druk om op te tree teen sy lede wat betrek word by ‘n tender vir beskermede Covid 19-toerusting. Die kop van die LUR vir Gesondheid, Bandile Masuku word onder meer geëis. Die presidensiële woordvoerder, Khusela Diko, is intussen met spesiale verlof hangende die uitslag van ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid. Sy en haar man, Thandisizwe Diko, het in ‘n gesamentlike verklaring gesê dit was ‘n oordeelsfout om met die regering sake te doen en sê hulle het geen geld uit die tender verdien nie.

Die versekeraars, Ou Mutual en Guardrisk, het by ander korttermynversekeraars aangesluit en hulp aan klein- en mediumondernemings aangebied wat transaksies weens die Covid 19 pandemie verloor het. Santam het Sondag aangekondig dat hy ‘n miljard rand beskikbaar stel vir die gasvryheids- en nie-noodsaaklike kleinhandelbedrywe. Ou Mutual sê uitbetalings sal gemaak word aan kliënte wat ‘n jaarliks eisbedrag van minder as vyf miljoen rand het. Die versekeraar beraam dat hy meer as 650 miljoen rand sal uitbetaal aan kliënte wat die nodige beskermde polis het. Guardrisk sê sy uitbetalings, wat honderde miljoen rand sal beloop, sal tussen 400 en 700 klein maatskappye help.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 6 Max 24

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 12 Max 26

Brits – Sonnig met ‘n Min 6 Max 25

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 7 Max 23

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 4 Max 19

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 3 Max 21

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 5 Max 24

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min -1 Max 21

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 2 Max 22

Upington – Sonnig met ‘n Min 4 Max 26

Durban –   Sonnig met ‘n Min 10 Max 23

Durbanville – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 7 Max 18

Oos-London – Bewolk met ‘n Min 9 Max 22

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 10 Max 17

Port Elizabeth – Bewolk met ‘n Min 8 Max 19

Sutherland – Sonnig met ‘n Min 2 Max 19

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 4 en Max 24

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 7 Max 27

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 4 Max 25

 


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply