Potgooi – Nuus & Weer 30 Oktober 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 30 Oktober 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om10:00(CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

Ernstige oproepe word gedoen vanuit owerheidsweë om meer water te bespaar aangesien die reën wegbly en die damvlakke gevaarlik vinnig gedaal het.

In die afgelope weke het die Transvaal en Vrystaat ’n lang uitgerekte hittegolf beleef, wat die waterverbruik skerp laat styg het en die verdamping in die groot opgaardamme veel vinniger was as wat voorspel is. Met die Vaaldam wat reeds onder die 50% van sy kapasiteit is, en ander damme so min as 20% aan inhoud het, bestaan daar rede om bekommerd te raak. Die invloei van water uit die Lesotho Hoogland is tydelik gestaak om noodsaaklike onderhoud te doen aan die tonnels. Die verwagting is dat die instandhoudingswerk eers teen die einde van November afgehandel sal wees. Voorspellings dui daarop dat die sentrale binneland nie goeie reënneerslae kan verwag voor die einde November nie, wat beteken dat waterskaarste kan intree.

Die beoogde leerplan wat deur die ANC se Departement van Onderwys beplan word oor seks onderrig, is genoeg om die land in woede te laat opvlam. Die liederlikste onderwerpe, wat liefs nie nie aangehaal word nie sê hulle sal weier om die liederlike deel aan leerlinge oor te dra, is wyd verwelkom, maar blanke ouers het reeds aangedui dat hulle nie hulle kinders aan sulke inligting sal onderwerp nie. ’n Opvoedkundige het  gesê die beoogde leerplan fokus klaarblyklik op swart leerlinge in ’n poging om die groot aantal swangerskappe onder skoolgaande kinders te verminder, maar dat dit juis die verkeerde roete is om te volg soos wat in die leerplan vervat is.

John Steenhuisen, wat pas as parlementêre leier van die opposisieparty verkies is, het bekend gemaak dat hy ook in die wedloop is om die DA se partyleier te word. Met die verkiesing van Helen Zille as Federale voorsitter, sal dit ’n vreemde kombinasie wees as Steenhuisen die partyleier word. Dit is bekend dat die Zille nie langs dieselfde vuur as hy sit nie, en in die verlede ernstige botsings gehad het. Politieke ontleders reken sy verkiesing as leier kan verdere verdeeldheid in die DA meebring, en die chaos kan vererger met ’n uittog van swart ondersteuners.

Die leier van die Rooi brigade, Malema, is ernstig dat Johannesburg ’n EFF lid as burgemeester kry na die DA lid uit die amp bedank het. Tydens die EFF se konferensie by Nasrec, het die partyleier die wens uitgespreek dat ’n lid van sy party die nuwe burgemeester van Johannesburg moet word. “Niemand praat van die EFF nie. Ek dink ons moet kyk na die moontlikheid om die burgemeester uit die EFF aan te wys. El verstaan nie waarom ons geïgnoreer word nie. Ons moet talent uit ons geledere identifiseer en die debat moet nie wentel om DA en ANC nie”, het Malema gesê. Die leier het ook skerp kritiek uitgespreek teen sommige van die EFF “comrades” wat ook huiwer om ander partylede na vore te stoor om posisies te beklee.

Intussen is verneem dat die ANC hoop om die burgemeestersamp in te palm terwyl die DA nog skarrel oor sy reeks bedankings van die afgelope week.

Die ANC se Minister van Minerale en Energie, Gwede Mantashe, sê geen omkopery het plaasgevind nie, maar politieke opponente eis ’n parlementêre Gesamentlike Komitee sitting oor Etiese sake. ’n Ondersoek na die beskuldiging teen die minister word op ’n breë front gevra nadat berigte gevlieg het dat hy R70,000 betaal het aan twee joernaliste om hulle monde te snoer oor sy seksuele bedrywighede. Op die sosiale netwerk is daar selfs geëis dat die minister sy bedanking moet inhandig, terwyl ander vra wanneer die president gaan optree teen Mantashe. In ’n verklaring wat deur die minister se kantoor uitgereik is, word dit gestel dat die minister nie skuldig is aan ’n omkoop skandaal nie. Die bewerings gaan gepaard met die gerug dat twee joernaliste omgekoop is, maar tot hede is dit onbekend of daar wel twee joernaliste betrokke is, en wie hulle is.

Ramaphosa het na druk van die Ekurhuleni burgemeester toegegee dat daar in elke Metro area ʼn universiteit moet wees.  Dit was tydens die Oliver Tambo herdenkingsgeleentheid in die  Tamboville begraafplaas in Brakpan.  Universiteite in Suid Afrika was die afgelope paar dekades broeiplekke van geweld, onrus en saakbeskadiging. Wie die koste moet dra van nog ‘n universiteit is nie uitgespel nie.

Opstokers het die munisipale kantore in Ritchie, Noord Kaap aan die brand gesteek. Dit is weereens onder die voorwendsel van dienste proteste.

In ‘n skrywe aan die Parlementêre Portefeulje Komitee van Minerale en Energie Sake word aangetoon dat Nersa sedert 2016 tegnies bankrot is en onreëlmatig gebruik gemaak het van ander fondse om bestuurs uitgawes en salarisse te betaal.  Dit blyk dat Kelvin Kemm en Phumzile Tshelane as voorsitter en Uitvoerende hoof onderskeidelik verantwoordelik is vir die misbruik van fondse. Bedrae van R445 miljoen is ter sprake by die “skuif” of leen van fondse by filiale soos die Safari LEU fonds en die NTO Radioisotope filiaal.

Eskom dreig om Emfuleni munisipaliteit se krag toevoer vanaf 6 November 2019 van 6 tot 8 af te sny aangesien die munisipaliteit te veel skuld en sy skuld ooreenkoms verbreek het deur nie te betaal nie, die moontlikheid van algehele nie veskaffing is ook moontlik

Bron: Die Vryburger

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 27

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en met matige rëenbuie met ‘n Min 15 Max 25

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 16 Max 28

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 15 Max 26

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 13 Max 27

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 14 Max 30

Bloemfontein – Sonnig en koud in die oggend en warm later met ‘n Min 2 Max 25

Kimberley – Sonnig en koud in die oggend en warm later met ‘n Min 7 Max 25

Durban – Bewolk met ligte reën met ‘n Min 13 Max 19

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 21

Upington –      Sonnig en koud in die oggend en warm later met ‘n Min 7 Max 27

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 13 Max 18

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 13 Max 18

Sutherland – Sonnig en koud met ‘n Min 2 Max 19

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa
10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
15:00 – Lulu se storietyd – saam met Cathy
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Be the first to comment

Leave a Reply