Potgooi – Nuus & Weer 31 Julie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 31 Julie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 Luister weer

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Protes aksies landswyd

Gauteng

Protesaksie Isando / Isando/Barbaraweg interseksie /kruising Isando daar word bande gebrand en voertuie word met klippe gegooi. Vermy die pad

JHB

EKHURULENI / BOKSBURG

Die polisie het hulle teenwoordigheid in die area verhoog van af Woensdagaand 29 Julie en hou die volgende areas fyn dop areas rondom Eden Park, Thokoza, Phola Park, and Reiger Park.

Gauteng

Protesaksie Isando / Isando/Barbaraweg interseksie /kruising Isando daar word bande gebrand en voertuie word met klippe gegooi. Vermy die pad.

N2 Reunion drive, Somerset West is tans gesluit a.g.v protest optredes

Oos-Kaap

Protesoptog in Lwandle die N2 is toegemaak met taxis en voertuie hulle gaan van die N2 na die Munisipale lantore in Strand beweeg om te kla oor diensverskaffing in die area, Die ingang na die N2 by Hlati weg is toe geen voertuig kan deurgaan nie gebruik alternatiewe roetes.

 

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 30 Julie 2020:

Wêreldwyd: 17 477 542 Sterftes:  676 799 Herstel: 10 940 424 met 66 339 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 482 169 en die sterftes in SA na 7 812.Intussen het 309 601 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 164 757 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 2 918 049. SA is tans die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

Die saak teen die vyf wat inhegtenis geneem is vir die gru moorde op die Brand egpaar en hulle dogter te Hartswater Sondag is uitgestel tot 13 August omdat daar verklarings uitstaande was.

Ottosdal

Gerhard Prinsloo op Boschpoort is 10:00 gister oorval in sy huis en vasgebind. Huidig geen verdere inligting.

Op Vredenburg is nog ‘n bejaarde egpaar en hulle dogter gister wreed aangerand en beroof. Die aanvalles het gesê hulle is daar om hulle dood te maak maar na die dogter Geraldene dit reg gekry het om weg te hardloop het om hulp te soek het die aanvallers gevlug.

VIRTUELE STAP TEEN PLAASAANVALLE

Op 14 Augustus 2020 stap TLU SA binne 24 uur virtueel 5 530km rondom Suid-Afrika. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle wat sedert 1990 gesinne en werkers se lewens uitmekaar geruk het.Daar was sedert die begin van die jaar ‘n styging en merkbare brutaliteit in plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika.Ondersteun ons staptog en wys dat die veiligheid van boere vir jou belangrik is.Jy kan jou vordering op die roete aanlyn volg en deel met jou vriende.

Daar was van die begin van die jaar 186 plaasaanvalle en 29 plaasmoorde. In Julie was daar tot dusver nege moored en 39 aanvalle.

Plaaslewens maak saak.Registreer by:  https://www.tlu.co.za/stap-teen-plaasaanvalle/

‘n Man is dood en veertien ander beseer toe ‘n deel van die Jacaranda-winkelsentrum in Gezina, in Pretoria ineengetuimel het tydens opknappingswerk. Die Tshwane Metro se nooddienste sê vier verdiepings wat onder konstruksie was, het meegegee. Die beseerdes is op die toneel behandel en daarna in nabygeleë hospitale opgeneem. ‘n Woordvoerder van Tshwane Nooddienste, Charles Mabaso, sê die voorval word ondersoek.

Drie kinders is dood in ‘n brand in Ezakheni B in Ladysmith in KwaZulu-Natal. Die Departement van Samewerkende Regering sê die oorsaak van die brand wat vanoggend utgebreek het, word ondersoek. Rampbestuurslede het tydelike verblyf verskaf aan die familielede wat die brand oorleef het.

Die Gautengse premier, David Makhura, sê die tender van 125-miljoen rand vir beskermende drag is die grootste finansiële skandaal sedert hy premier geword het in 2014. Makhura het die LUR vir Gesondheid, Bandile Masuku, op verlof geplaas vir sy beweerde betrokkenheid by die toekenning van die tender om beskermende drag teen die coronavirus te verskaf. Die tender is aan ‘n maatskappy genaamd, Royal **Bacha toegeken. Dié maatskappy behoort aan die eggenoot van die presidensiële woordvoerder, Khusela Diko. Makhura het intussen die LUR vir Paaie en Vervoer, Jacob Mamabolo aangestel om waar as LUR vir Gesondheid waar te neem.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging se in sy verslag dat die korrupsie in regerings departemente mense se lewens in gevaar stel.Dit is veral die korrupsie wat in die provinsies se Departement van Gesondheid is, wat van belang is, aangesien die toerusting aangekoop word met die doel om mense se lewens te beskerm, maar nou word die tenders en koop transaksies so verwring dat die doel geheel en al gemis word.Die Mediese Vereniging wys daarop dat die korrupsie wat gepleeg word met mediese toerusting en medisinale produkte nie net die land se ekonomie laat skade ly nie, maar plaas ook mense se lewens in gevaar en op risiko.

Die ANC regering het aangekondig dat Gauteng se gesondheid beampte, dr. Bandile Masuku word op verpligte verlof geplaas vir twee tot vier weke hangende ’n ondersoek oor tender bedrog waarby hy moontlik betrokke is.Die tydelike verlof wat Masuku opgelê is het onmiddellik in werking getree en sal na verwagting twee tot vier weke duur, nadat verslae aangedui het dat die dr. Masuku benewens ander beskuldigings, hy ook betrokke is in onreëlmatige tenders wat verbonde is aan beskermde klere en toerusting by die Gauteng Departement van Gesondheid.Die ANC se provinsiale sekretaris, Jacob Khawe, het bevestig dat die party ’n verdere besluit geneem het om sy vrou, Loyiso, wat na bewering ook by die skandaal betrokke kan wees, ook met verpligte verlof afgesit is. Die ANC se sogenaamde integriteit komitee lei die ondersoek na beide se moontlike betrokkenheid in die skandaal waarby miljoene Rand betrokke is.

Die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissie het gister ’n ondersoek gedoen na die Nasrec veldhospitaal by Johannesburg wat onlangs omskep is vir die opneem van pasiënte wat koronavirus infeksie opgedoen het.Die Nasrec gebou is ingerig om die verwagte toename in pasiënte te akkommodeer wat Covid-19 infeksie het en gehospitaliseer moet word in ’n tyd wat die verspreiding van infeksie feitlik daagliks aan die toeneem is.Gauteng het tans meer as 35% van die totale infeksie in Suid-Afrika wat dit genoodsaak het om ’n veldhospitaal gereed te kry, maar daar bestaan ernstige bedenkinge oor die fasiliteite, en daarom wil die Menseregte Kommissie glo sekerheid kry dat die standaarde aan gestelde vereistes voldoen.

TLU SA dring aan op ‘n verduideliking oor gewysigde regulasies wat Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer is en die reis oor provinsiale grense vir jagdoeleindes verbied. Die departement van omgewing, bosbou en visserye het met die wysigings ook ‘n stokkie gesteek voor akkommodasie vir jagters.
“Dit is uiters onverskillig en irrasioneel om sulke regulasies te publiseer,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Dit is ‘n nog ‘n ekonomiese slag vir wildsboere wat reeds groot verliese gely het as gevolg van die eerste weke van die inperking se regulasies. Daar is nou baie min geleentheid vir hierdie boere om ‘n inkomste te verdien om sodoende die wildsplase aan die gang te hou.

Suid-Afrika se stryd teen die Covid-19 pandemie strek oor etlike maande, en die lenings wat aangegaan is om mense finansieel te ondersteun, moet terugbetaal word, en dit kan ’n jaar of tien duur. Die Pandemie Noodfonds word tans ondersoek vir moontlike ongerymdhede soos wat ondervind is met die kospakkies wat nie die regte bestemmings bereik het nie maar sommer aan vriende en familie uitgedeel is.Parlementslede vra dat ondersoeke na korrupsie verskerp en uitgebrei moet word, maar dit wil lyk of die omvang van tender bedog en ander gevalle van wetsoortredings so lywig is dat die infrastruktuur van die vervolgers hoegenaamd nie by alles uitkom nie.

‘n Man is naby Springbok in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy met dwelms ter waarde van 150-duisend rand betrap is. Die verdagte is in hegtenis geneem tydens polisiepatrollies. ‘n Polisiewoordvoerder sê die N7 en die N14 word gepatrolleer om diegene wat die aandklokreël oortree, aan te keer. Hy sê die verdagte het meer as duisend-700 mandrax-tablette in sy besit gehad.

Drie verdagtes is buite Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem in verband met smokkelsigarette. Die polisiewoordvoerder sê die verdagtes sal ook van omkopery aangekla word omdat hulle probeer het om die polisie om te koop. Vroeër het die polisie ook op smokkelsigarette ter waarde van meer as 200-duisend rand afgekom toe hulle ‘n voertuig op die Tzaneen-pad buite Polokwane afgetrek en deursoek het. Die verdagtes verskyn binnekort in die hof.

Die Hertzogprys vir Poësie is gisteraand tydens ‘n virtuele bekroningsgeleentheid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan die digter Johan Myburg toegeken. Ander bekronings sluit in die Eugene Maraisprys vir ‘n vroeë letterkundige werk aan Johan Jack Smith; die Huberte Rupertprys vir Klassieke Musiek aan die sopraan Carla Pohl en die Erepenning vir Visuele Kuns aan die skilder Ester Mahlangu. Die bekende akteur Hans Strydom is met die Erepenning vir rolprentkuns bekroon. Die voorsitter van die Akademie, professor Irma Eloff sê die enigste keer in die Akademie se geskiedenis van meer as 110 jaar wat die pryse nie toegeken is nie, was tydens die Groot Griep van 1918 en 1919.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

Die musiekvideo vir APPEL se nuwe liedjie, ‘Jou Land’, is hier. Die liedjie word met trots geborg deur Saai, dit is ‘n roerende liedjie vir die moeilike tye wat ons boere in die gesig staar. Hierdie lied word opgedra aan elke Saai lid

Deel hierdie met vriende en familie en volg die skakel hieronder om aan te sluit

Sluit aan

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 6 Max 24

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 8 Max 23

Brits – Sonnig met ‘n Min 4 Max 24

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 6 Max 22

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 5 Max 20

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 3 Max 23

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 5 Max 24

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min 0 Max 22

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 1 Max 23

Upington – Sonnig met ‘n Min 5 Max 27

Durban –   Sonnig met ‘n Min 9 Max 22

Durbanville – Sonnig met ‘n Min 7 Max 21

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 9 Max 21

Kaapstad – Sonnig met ‘n Min 9 Max 20

Port Elizabeth – Sonnig met ‘n Min 7 Max 21

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 4 en Max 24

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 7 Max 27

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 4 Max 26

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en loer gerus rond daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal eenmansaak of koöperatiewe besigheid kontak ons gerus; op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  en ons sal terug kom met ‘n pakket wat jou sak sal pas en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na corrie@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerwe of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

 Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Tjailatyd met Arlene

14.00 – Op die Horison saam met Ludwig

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

20:00 – Musiekmandjie met DJ Uiltjie speel saam dis pret

Luisterskakels vir die Radio:
web https://netradiosa.co.za/

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply