Potgooi – Nuus & Weer 4 Augustus 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 4 Augustus 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer

 

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Bevestigde Coronavirus-gevalle soos aan die einde van 2 Aug 2020:

Wêreldwyd: Gevalle 18 450 837 Sterftes:  697 281 Herstel: 11 681 960 met 64 672 ernstig kritiek en in SA het die bevestigde gevalle gestyg na 516 862 en die sterftes in SA na 8 539 Intussen het 358 037 mense herstel, en 539 is ernstig kritiek is uit die 150 286 aktiewe gevalle. Die uitslae van toetse wat tot op hede in SA gedoen is staan op 3 058 695. SA is steeds die land met die 5de hoogste gevalle van COVID-19 wêreldwyd

https://sacoronavirus.co.za/

Die Kaapstadse Metroraad het sy beroep op inwoners herhaal om nie gerus te raak omdat die getal nuwe coronavirusgevalle in die stad begin afneem nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Zahied Badroodien sê gerustheid kan ‘n tweede vlaag infeksies veroorsaak. Hy sê hoewel meer as 57-duisend mense in Kaapstad herstel het, word nuwe gevalle en sterftes steeds aangemeld.

Rusland het ooreenkomste geteken om Suid Afrika en sewe Latyns-Amerikaanse lande met ’n anti-virale middel wat die Russiese owerhede goedgekeur het vir die behandeling van COVIV-19. Die Russiese RDIF sê dat daar tenminste  150 000 pakke van die middle bekend as Avifavir, na Argentina, Bolivia, Ecuador, El Salvador, Honduras, Paraguay and Uruguay gestuur sal word. Dit sal ook an Suid-Afrika verskaf word.

Meer as 11 swart sake gevul met meer as 1000 muwe bokse enkelgebruik hospitaal handskoene is Saterdag in die Hennopsrivier gestort. Die DA is van mening dat dit blyk iemand vining daarvan inslae wou raak en doen ’n beroep op LUR Mamabolo om dringend ondersoek in te stel.

Die DA het ‘n hof-waghondeenheid in die Oos-Kaap van stapel gestuur. Die eenheid is daarop gemik om slagoffers en families van slagoffers van plaasaanvalle by te staan. Die moord verlede maand op ‘n blinde boer van Alexandia, Chrisjan van Niekerk, is die eerste saak wat die DA sal monitor om toe te sien dat geregtigheid geskied.

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het die naweek die staat se statistiek bekend gemaak. Die minister sê 58 moorde word elke dag gepleeg in die land. Die verslag wat deur die SA Polisie Diens vrygestel is die afgelope Vrydag, toon dat moorde in die land elke jaar aan die toeneem is. In 2010 was die jaar se moorde op 15,893 gestel, en nou kondig die minister aan dat 21,325 moorde hierdie jaar gepleeg is wat gemiddeld meer as 58 gevalle per dag is.

TLU SA se statistiek oor plaasaanvalle stem glad nie ooreen met die statistiek wat deur die minister van polisie, mnr. Bheki Cele in die parlement bekendgemaak is nie.
Volgens die departement was daar tussen 1 April 2019 en 31 Maart 2020, slegs 46 plaasaanvalle terwyl TLU SA se statistiek dui dat daar tussen 1 Maart 2019 en 28 Februarie 2020, 410 aanvalle op plase was.
Die moordstatistiek op plase stem min of meer ooreen met die departement se getal wat op 49 staan teenoor TLU SA se 54.
“Ons statistiek oor plaasaanvalle is betroubaar en dit stem nooit ooreen met die amptelike statistiek van die departement nie,” sê genl.maj Chris van Zyl (aft), die adjunk hoofbesuresident van TLU SA. “Ons stem wel saam dat daar ‘n styging was in plaasaanvalle en -moorde sedert verlede jaar, hoewel ons getalle verskil.”
TLU SA se statistiek vir 2018/19 wys 356 plaasaanvalle teenoor hierdie jaar se 410 aanvalle. Die departement toon ‘n styging van 47 aanvalle tot 49.
“Hoewel ons ontevrede is oor die verskil in statistiek, is ons baie meer bekommerd oor die nuwe tendense wat ons tydens aanvalle bespeur,” sê genl.maj Van Zyl. “Ontvoering raak al hoe meer deel van die aanvalle op plase, soos wat ons ook gesien het tydens die grusame aanval en moord op die gesin van Hartswater in die Noord-Kaap.
“Dit is vir TLU SA onrusbarend dat die getal aanvallers per aanval ook toeneem. Dit wil al hoe meer dui op georganiseerde misdaad wat spesifiek op plase toeslaan.”
Hoewel die polisie se aandag sedert die inperking in Maart vanjaar deur die toepassing van inperkingsregulasies in beslag geneem word, toon die statistiek en terugvoer dat die algemene misdaadintelligensie gebrekkig en reaktief eerder as voorkomend is. Die SAPD behoort daarop te fokus om ernstige geweldsmisdade en moorde te voorkom.

Eskom het aangekondig dat hy las vermindering gaan toepas in verskeie dig bewoonde gebiede in verskeie provinsies om ’n oorlading op sy netwerk te voorkom. Die provinsies wat geraak gaan word, is Gauteng, KZN, Limpopo en Mpumalanga. In Gauteng baie dele van Ivory park en Soweto sal geraak word van 5nm tot 10nm. Eskom het begin om die lading vermindering toe te pas om oorlading en skade aan sy infrastruktuur te beperk in dig bewoonde gebiede wat erg geraak word deur onwettige konneksies, meterontwyking en vandalisme.

Eskom het Hooggeregs hof in Gauteng genader om 3.8 Biljoen rand te verhaal van vorige bestuur en die Gupta familie en persone wat met hulle verbind word. Alle partye word daarvan beskuldig dat hulle eskom geplunder het deur die Optimun steenkool myn en hulle verbintenis met Trillian. Sleutel figure wat betrek word, is vorige groep Hoof Bestuurslid Brian Molefe, Anjoj Singh, Ben Ngubane en Matshela Koko.

Werkers by die Noord-Kaapse Psigiatriese Hospitaal in Kimberley dreig om die inrigting tot stilstand te dwing as daar nie aan hulle eise gehoor gegee word vir beter werksomstandighede nie. Hulle het ‘n griefskrif aan die provinsiale Departement van Gesondheid oorhandig waarin hulle die departement 14 dae tyd gee om aan hulle eise gehoor te gee.

Die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid sê mense wat die 350 rand covid-19 toelaag kry, kon van gister af die geld by die Poskantoor of in ‘n bankrekening ontvang.

Die Suid-Afrikaanse Brouerye sê hy is genoodsaak om bedryfsbeleggings ter waarde van vyf miljard rand te kanselleer. SAB sê dit regstreeks is te wyte aan die verlies aan inkomste weens die verbod op die verkoop van alkohol tydens die inperking Intussen het nog ‘n biermaatskappy, Heineken SA volgens berigte aangekondig dat ses miljard rand wat aan ‘n nuwe brouery in KwaZulu-Natal bestee sou word, ook gekanselleer is. Nagenoeg een miljoen mense word glo direk geraak weens die verbanning van alkohol verkope in die land, en dit is veral die sogenaamde kleiner agentskappe wat struikel. Die bedryf, wat ook werkers in die glas en bottel vervaardigings netwerk is, word ook geraak, sowel as die vervoerbedryf wat die verspreiding van drank behartig. Restaurante, die voedsel en ander industrieë word ook direk geraak. Dit is egter die landbouers van veral die Wes-Kaap wat fokus op die wyn bedryf, wat die swaarste getref word, en hulle werkers word direk benadeel omdat boere slegs hul kern personeel in diens kan hou. Die 12 weke van die verbod het reeds verskeie instansies verplig om hulle deure permanent te sluit, en talle sê hulle kan nie veel langer uithou nie, waarvan baie restaurant eienaars is. Klaarblyklik kom die grootste druk op die regering van die 35,000 taverne eienaars wat hoofsaaklik in swart woongebiede bedryf word, en wat nou geen heenkome het nie.

Lede van taxiverenigings in Gauteng getuig voor die kommissie van ondersoek na taxigeweld in die provinsie. Die Kommissie is in September verlede jaar in die lewe geroep ná verskeie mense dood is in taxigeweld. Die Kommissie sluit sy werksaamhede aan die einde van die maand af, waarna die verslag in September aan die Gautengse premier oorhandig sal word.

Die ekstremiste groep ISIS het ‘n openlike waarskuwing aan SA gerig indien hy beoog om betrokke te raak by die verslegtende veiligheidsituasie aan die noordkus van Mosambiek en gesê hy sal wraakaanvalle teen Suid-Afrika loots indien die land sou besluit om betrokke te raak.

5 persone tussen 24 en 52 jaar oud is inhegtenis geneem nadat hulle betrap is toe hulle olie uit ’n ondergrondse Transnet- brandstofpyplyn gesteel het en in ’n tenkwa ingetap het. Daar is ook beslag gelê op twee kragopwekkers en ander toerusting hulle sal binnekort in die Sasolburgse landroshof verskyn met die aanklag dat hulle met die noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het en olie uit die pyplyn gesteel het.

Die gemiddelde brandstofprys het wêreldwyd verhoog en veroorsaak dat brandstofpryse in SA styg. Volgens die Departement van minerale hulpbronne en energie styg die prys van 93-oktaan-en 95-oktaan brandstof vanaand om middernag net 5 sent per liter. Die prys van diesel styg met 45 sent per liter, parafien met 52 sent en gas verhoog met 4 sent per kg.

Die ANC se Integriteit Komitee het aanbeveel dat die Adjunkminister van Finansies, David Masondo, vrywillig moet bedank weens ongerymdhede.Die Komitee se aanbeveling is ook dat Masondo nie net by pos as adjunkminister moet ontruim nie, maar ook uittree as lid van die party. Die bewering is gemaak dat die adjunkminister buite sy mag opgetree het deur sy invloed te misbruik met die arrestasie van ’n vroulike persoon.George Mashamba, voorsitter van die Komitee, het ’n brief geig aan Masondo waarin hy versoek word om vrywillig afstand te doen van sy poste as kabinetslid en ook uit die ANC poste weens die beweerde wangedrag deur sy invloed te gebruik by die Valke eenheid.Die Komitee skryf dat hy nie die nodige agting getoon het teenoor die organisasie nie, en daarom moet hy verantwoordelikheid aanvaar vir sy optrede.

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het gesê die verbod op sigarette bestaan nie in Suid-Afrika nie, want almal wat wil rook het sigarette.Die minister het ook verwys na die begrafnis waar SA weermag lede tydens die ter aarde bestelling gestaan en rook het met sigarette wat hulle heelwaarskynlik op die swartmark te koop gekry het. Intussen gaan stemme op oor die sigaret smokkelhandel wat floreer solank as die verkope daarvan verbode is by winkels en kafees.Vroeër is berig dat meer as 80% van die rokers publiek steeds toegang het tot sigaret aankope op die swartmark waar hulle tot drie keer meer vir hulle sigarette betaal, en die staat geen belasting daarop ontvang nie, wat miljoene Rand per maand beloop.

Die Gauteng provinsie bevind hom in ’n netelige posisie met die beweerde skandaal wat oopgevlek is van beskermings toerusting in ’n vermoedelike ernstige korrupsie tender.Die presidensie se woordvoerder en haar eggenoot word daarvan beskuldig dat hulle by die skandaal betrokke is wat handel oor ’n tender transaksie van R125 miljoen.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging se in sy verslag dat die korrupsie in regerings departemente mense se lewens in gevaar stel.Die Mediese Vereniging wys daarop dat die korrupsie wat gepleeg word met mediese toerusting en medisinale produkte nie net die land se ekonomie laat skade ly nie, maar plaas ook mense se lewens in gevaar en op risiko. Die woordvoerder van die Mediese Vereniging wys daarop dat daar die afgelope weke verskeie voorvalle van beweerde korrupsie voorgekom het in die Gesondheid afdelings, waarvan die woordvoerder van die ANC se president ook in die beskuldigingsbank is.

Na bewering het die vryskut joernalis vasgestel dat honderde miljoene Rand van die Nasionale Lotery Kommissie se geld wat toegeken moet word, in die verkeerde beursies beland. Die geld wat aan sekere organisasies toegeken moet word uit die lotery fondse, waarvan sommige nog onder “konstruksie” is, kry bykomende fondse sedert 2018, terwyl die Lotery weier om sy lys name aan wie toedelings gemaak is, vry te stel. Die Nasionale Lotery voer aan dat die Lotery wet hulle verbied om die name op die lys van ontvangers te publiseer. Die ondersoek instansie beweer dat ’n arena by die Stormsrivier gebou is deur die Nunnovation Africa Foundation ’n subsidie of toedeling van net minder as R24 miljoen ontvang het, en die konstruksie is glo nog nie voltooi nie. Die lotery het in reaksie op die bewerings gesê hulle is besig om die saak na te gaan, en kan dus nie op hierdie stadium enige kommentaar lewer nie.

Weervoorspellers in Amerika sê die storm Isaias het weer tot ‘n orkaan versterk terwyl hy na die state Noord- en Suid-Carolina onderweg is. Isaias is na ‘n tropiese storm afgegradeer nadat hy die Karibbiese eilande getref het, waar twee mense in die Dominikaanse Republiek en Puerto Rico dood is. Die kategorie een storm gaan nou gepaard met wind van tot 120-kilometer per uur. Die goewerneur van Noord-Carolina, Roy Cooper, het inwoners van veral kusgebiede gewaarsku om swaar reën en oorstromings te verwag. Daar is ook ‘n waarskuwing vir tornado’s uitgereik.

Bronne: Worldometer Coronavirus, Reuters, Die Vryburger, & SABC.Pixabay

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Sonnig met ‘n Min 7 Max 24

Nelspruit – Sonnig met ‘n Min 11 Max 29

Brits – Sonnig met ‘n Min 4 Max 24

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 6 Max 23

Johannesburg – Sonnig met ‘n Min 5 Max 21

Vereeniging – Sonnig met ‘n Min 3 Max 23

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 4 Max 24

Bloemfontein – Sonnig met ‘n Min 2 Max 22

Kimberley – Sonnig met ‘n Min 3 Max 24

Upington – Sonnig met ‘n Min 4 Max 24

Durban –   Bewolk met reënbuie met ‘n Min 12 Max 24

Durbanville – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n Min 4 Max 13

Oos-London – Bewolk met ‘n Min 9 Max 21

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n Min 8 Max 14

Port Elizabeth – Bewolk met ‘n Min 7 Max 17

Windhoek – Sonnig met ‘n minimum van 3 en Max 24

Keetmanshoop – Sonnig met ‘n Min 2 Max 24

Grootfontein – Sonnig met ‘n Min 6 Max 26

 

Loer gerus rond op ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en loer gerus rond daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het asook ons winkeltjie met verskeie produkte.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal eenmansaak of koöperatiewe besigheid kontak ons gerus-op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  en ons sal terug kom met ‘n pakket wat jou sak sal pas en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem onthou Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem -Kontak Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na corrie@netradiosa.co.za

Die boek Plundering Ontbloot, Operasie Bakarhu, kan nou ook bestel word by Naledi vir aflewering deur Takealot, teen R1-50 by sms 48423. Sms bloot “Plundering” na 48423. Die prys is R200 plus Dan die R1-50 vir die sms

Kuier saam op die webwerwe of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

 

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00- Boeke, Skrywers, Digters en Dinge met Fanie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio: 
web https://netradiosa.co.za/

Tunein http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/

https://www.radioshaker.com/broadcaster/station.php?id=23396

web https://netradiosa.co.za/

 

Die musiekvideo vir APPEL se nuwe liedjie, ‘Jou Land’, is hier. Die liedjie word met trots geborg deur Saai, dit is ‘n roerende liedjie vir die moeilike tye wat ons boere in die gesig staar. Hierdie lied word opgedra aan elke Saai lid. Deel hierdie met vriende en familie en volg die skakel hieronder om aan te sluit

https://www.saai.org/sluit-aan/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply