Potgooi – Nuus & Weer 4 Februarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 4 Februarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

 

Bloedweinig ondersteuners word by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg verwag waar die saak teen die voormalige president, Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales voortgesit word. Zuma se kantoor het vroeër gesê dat hy nie die hofverrigtinge sal bywoon nie omdat hy siek is. Die regskenner, Mkhosazane Mbonani, sê die oudpresident sal moet bewys dat hy siek is. Die hof kan ook vra dat sy siektetoestand in ‘n beëdigde verklaring uiteen gesit word, asook hoe lank hy na verwagtng nie in staat sal wees om die verhoor by te woon nie. Die hof het in November verlede jaar geweier dat Zuma appeleer teen ‘n beslissing waarvolgens sy vervolging moet voortgaan.

 

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n metropolisiebeampte in ‘n beweerde verbyryskietery op die R-102 tussen Canelands en Verulam, noord van Durban, doodgeskiet is. Hy was nie aan diens nie. Volgens die nooddienste is die beampte verskeie kere gestref en is hy op die toneel dood. Forensiese spanne het deur die nag gewerk om leidrade op te volg.

 

Die moordverhoor van Mark Scott-Crossley sal na verwagting vanoggend in die Lenyenye-landdroshof buite Tzaneen in Limpopo voortgesit word. Scott-Crossley word daarvan beskuldig dat hy in 2016 na bewering met sy voertuig oor Silence Mabunda gery het. Scott-Crossley was nie by die vorige sitting teenwoordig nie. Die landdroshof het intussen gelas dat indien hy vandag weer nie opdaag nie, ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik sal word.

 

‘n Dagvaarding is uitgereik dat ‘n 42-jarige man vandag in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van bedrog en diefstal moet verskyn. Dit hou verband met ‘n Pierneef-skildery wat glo in Maart 2018 uit die kantoor van die premier gesteel is. Die skildery is na ‘n afslaer in Gauteng geneem om die waarde daarvan te bepaal en opgeveil te word. Die skildery is op sowat agt miljoen rand gewaardeer. ‘n Dossier is geopen en aan die Valke vir verdere ondersoek oorhandig. Die Valke het later by die afslaers op die skildery beslag gelê.

 

Dele van die Wes-en Noord-Kaap ervaar steeds hittegolftoestande. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die kwik in Upington tot 40 grade gestyg. ‘n Weervoorspeller, Edward Engelbrecht sê hittegolftoestande oor die sentrale en oostelike binneland van die Wes-Kaap, die westelike binneland van die Oos-Kaap sowel as die westelike binneland van Noord-Kaap, sal tot vandag voortduur.

 

Die voormalige president van Kenia, Daniel Arap Moi is op 95-jarige ouderdom oorlede. Moi was van 1978 tot 2002 die president. Hy het langer regeer as enige ander leier sedert onafhanklikheidswording. Moi se nalentskap word oorskadu deur sy outokratiese regeerstyl en hy is as ‘n diktator bestempel.

 

Hongkong het sy eerste sterfte weens die coronavirus aangemeld. Die 39-jarige man is dood nadat hy gekla het van spierpyn en koors gehad het. Hy is een van 15 bevestigde gevalle in Hongkong. Volgens berigte het hy verlede maand Wuhan in China besoek waar die siekte uitgebreek het. Die nuus van die eerste coronasterfte sal waarskynlik gesondheidswerkers aanmoedig om verdere druk toe te pas dat die grens met China gesluit word.

 

Hospitale in die land beleef al hoe meer ‘n afwesigheid van gesondheid personeel. Die Chris Hani Hospitaal het slegs ‘n 74% bywoning gehad in 2019.  Bykans al die hospitale in Gauteng het ‘n laer bywoning syfer as 90% aangeteken. Siekverlof en familie-verwante verlof word aangegee as die hoofredes vir die swak bywoning van personeel.  Die tendens plaas groot druk op personeel en het ‘n invloed op dienslewering. Die afwesigheid van personeel is een van die hoof redes waarom die Tembisa Hospitaal in chaos is, en die hof se beslissing dat meer personeel aangestel moet word, is dus misleidend, het gesondheidswerkers later erken.

 

Die Wes-Kaapse regering het aangekondig dat ‘n verdere 500 wetstoepassers in Februarie ontplooi sal word in gebiede waar wetteloosheid tans hoogty vier.  Die 500 lede is almal leerling wets-toepassers wat nou in diens geneem is, maar kenners is skepties of persone met weinig ondervinding in misdaad voorkoming die mas gaan opkom, veral waar bende geweld en dwelmhandel ‘n alledaagse gebeurtenis is. ‘n Verdere 500 gaan glo in Julie 2020 aangestel word.  Misdaad voorkoming is  tans verantwoordelik vir die grootste indiensnemings van personeellede wat ‘n baie swak beeld uitdra rondom die toedrag van sake in die land. Metrospoor se ontplooiing van wets toepassers in die Kaapse metro gebied het tot dusvêr nie die area kon beveilig vir spoor verkeer nie.

Bronne: Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 18 Max 32

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 15 Max 33

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 32

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 31

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 16 Max 32

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 17 Max 32

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 18 Max 32

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye met ‘n Min 22 Max 34

Upington –          Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met reën plek plek met ‘n Min 24 Max 39

Durban – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 22 Max 29

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 25 Max 31

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 20 Max 28

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 19 Max 28

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 17 Max 34

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

 

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
11:00 – Digters en Skrywers forum met Cathy

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet
web https://netradiosa.co.za/ http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply